Lewensles Week 49

"Julle moenie wees soos die mense van hierdie wêreld nie. Julle moet vir God vra om julle te verander sodat julle die regte dinge sal dink. Dan sal julle dinge doen wat God wil hê julle moet doen, goeie dinge, dinge waarvan Hy hou, dinge wat heeltemal reg is." R12:2 

Met vandag se lewensles het ek geleer dat die wêreld so vinnig 'n karaktereinskap identifiseer as 'n siekte, soos byvoorbeeld perfeksionisme en dat ons lieflike Here dan perfek is.

Ek dink dis presies hoekom ons, ons ore vir die wêreld moet sluit en net ons ore vir ons lieflike Here moet oophou en wat Hy van ons sê en vir ons sê.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Ongelukkig, is daar egter een eienskap wat verdraai is om iets skandeliks te beteken! ‘n Algemene aanvaarde konsep van ‘n goeie karaktereienskap wat ‘n soort siekte geword het—op so ‘n manier gemerk dat dit uiters walglik is wanneer jy stilstaan om daaroor te dink. Vandag is dit tyd om self ontslae te raak van al sulke “verkeerd geïdentifiseerde eienskappe” wat nie Godgegewe eienskappe is nie, maar wat omhels moet word. Laat ons sien of jy kan raai wat my “wanorde” is.   

Kosbare liefste bruid lees asseblief die volle lewensles:

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w49/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Lewensles Week 49”

  1. Ja liefste Janine dit die beste om nie nie gepla te wees oor wat die wêreld se nie en om die Here toe te laat om ons te verander soos wat hy wil he ons moet wees

    1. Ja kosbare Kristy, ons behoort aan elk geval aan Hom en Hy ken alles omtrent ons en wat vir ons goed is en wat nie vir ons goed is nie.

  2. Dankie Janine, ja die wereld sien sekere goeie eienskappe as verkeerd of ‘n siekte, en deesdae is daar al hoe meer goeie eienskappe wat as verkeerd gesien word. Ons moet nooit ons goddelike, goeie eienskappe kompromiseer om vir die wereld aanvaarbaar te wees nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui