💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk." 2K12:10

Kosbare liefste vrou die afgelope paar week lei ons kosbare Liefling Here my om in alle omstandighede dankbaar te wees, presies soos die skrywer van "Prison To Praise" vir ons vertel om te wees. 

Met my buite werk het ons so iewat 'n probleem met 'n tekort aan drukkers en min het ek geweet dat die drukker wat ek in my kantoor het, aan my baas behoort. Dit was met die reeksnommer agtergekom en daar is toe vir my gesê dat ek die drukker moet terugbesorg, maar my moed het sommer in my skoene ingesak omdat ek met my werk afhanklik is van 'n drukker. Die volgende oggend oppad werk toe, het die Here my gelei om vir Hom dankie te sê omdat ek die drukker moet teruggee, ek het dadelik dankie begin sê en 'n rustigheid het oor my gekom en ek het net in my hart geweet die Here sou voorsien. Ek het vir my baas gesê dat ek iemand sal kry om my te help om die drukker in haar kantoor te plaas, maar tot my verbasing het sy gesê dat ek die drukker moes hou, wow dit was absoluut die Here en so het Hy my geleer om werklik in alle omstandighede dankbaar te begin wees.

Lees asseblief hierdie gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):

Paulus het gesê: “Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” Opstaan ​​in die die oggend was vir my 'n swakheid gewees. God het vir my gesê om dit te neem en om dit van pyn na vreugde om te draai, en toe ek dit gedoen het, het die krag van Christus en Sy blydskap oor my gekom.

Kosbare liefste bruid sê saam met my dankie vir alles, selfs die sleg wat op ons pad kom, want die Here kan enige situasie vir ons goed gekry en vir Sy eer.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. – Ek is dankbaar dat my dogtertjie uit die hospitaal is vanoggend.
    – Ek is dankbaar dat die Here voorsien.
    – Ek is dankbaar dat ek die Here ken.
    – Ek is dankbaar dat ek vandag in my nuwe woonstel intrek.
    – Ek is so dankbaar vir my pragtige dogtertjie en dat die Here my die wysheid, liefde en krag gee om haar te kan groot maak.
    – Ek is dankbaar dat die Here my lei in elke situasie
    – Ek is dankbaar dat die Here my hart weer versag het.

  2. – Oh, en ek is vanoggend so dankbaar vir al my dogtertjie se liefde: al die drukkies, geselsies en soentjies wat ek vanoggend kry. (alles omdat die Here die hoof van ons huis is, hy is so goed vir ons)

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Mila, dat jou pragtige dogtertjie uit die hospitaal is en dat julle in ‘n nuwe plek intrek. En ek is so dankbaar dat ons kosbare Here vooruit gaan en julle gaan seën in julle nuwe plek.
      “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap. Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.: J45:2-3 https://www.bible.com/af/bible/compare/ISA.45.2-3

  3. Ek is so dankbaar vir wat die Here besig is om my te leer om dankbaar te wees en die vrede en vreugde wat dan oor my kom sodra ek dankbaar is.
    Ek is so ongelooflik dankbaar vir die Here se voorsiening vir my en dat Hy elke keer die vensters van die Hemel vir my oopmaak.
    Ek is so ongelooflik dankbaar dat RMI my geleer het hoe belangrik dit is om my tiende te betaal, want deur dit te doen is my finansiële las weggevat deur my Liefling Here, want nou beheer Hy my finansies.
    Ek is dankbaar dat ek die voorreg het om saam met my ouers te kan bly en ek is so ongelooflik dankbaar vir my goedgemanierde seuns en dat die Here se genade oor hulle is.
    Ek is so dankbaar die my seun se Vader hom help om te leer en dat dit nie meer vir my so las is, wat ek vir myself gemaak het nie.
    Ek is dankbaar dat daar ‘n tekort aan personeel by my buite werk is, want ek weet my Liefling Here is besig om my vir iets voor te berei.
    Ek is ongelooflik dankbaar vir al my Liefling Here se liefde en genade oor my lewe en dat Hy elke sekonde van die dag saam met my is.

  4. Ek is vanogend so dankbaar dat die Here my help dat ek die nuwe maand skoon van rook in gaan is 24 dae skoon van rook en Die Here se naam kry al die glorie ek kon dit nie sonder hom doen nie en het nog elke dag die Here nodig. Ek is vanogend dankbaar vir die ma en dogtertyd wat Hy vir my en my meisie kind gegee het om te hê. Ek is dankbaar vir elke liefste vrou wat Hy by RMI het wat hier is om mekaar te bemoedig. Ek dankbaar dat ek die week hoofpyn gehad het en net te moeg was het ek meer tyd stil tyd met my Geliefde Hemelse Man gewees en hom gevra om met my te praat. en ek dink dit party keer nodig om in stilte met Hom te praat Hy weet priesies hou ons voel en vir die gebede wat ons nie die regte woorde voor het nie. En om stil te wees en om omvou te word in sy liefde. Ek is ook dankbaar dat ek kan weet dat die Here besig is om in my (ons) lewe te werk en dat hy my meisie kind ook gaan aanraak in elke deel van haar lewe en dat sy nie meer seer sal he of sal sukkel met skool werk nie en dat ek weet deur al die dinge gaan sy ook vir Hom werk soos klein soos wat sy nog is.

    1. Wow ek is so dankbaar dat jy so lank al verlos is van rook kosbare Kristy, dit laat my nou dink aan hierdie pragtige belofte:
      “Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.” J17:14 https://www.bible.com/af/bible/compare/JER.17.14
      En ek is dankbaar saam met jou wat ons kosbare wonderlike genesende Here alreeds besig is om in jou pragtige dogtertjie se lewe te doen en nog gaan doen.

  5. Ek is dankbaar vir die eerste kwartaal van tuisonderrig wat amper klaar is. Ek is dankbaar vir wat my Man my geleer het deur die op- en afdraandes van tuisonderrig. Dit was nie altyd maklik nie, maar my Geliefde was die hele pad saam met ons. Nou is ons beter toegerus vir kwartaal 2. Wat Hy my gelei het om verlede jaar vir my seun se onderwyser te vertel toe sy my vra hoe ek gaan tuisskool, het vir my werklik geword. Ek het vir haar gesê dat ek geen aardse idee het nie, maar ek gaan die Here, my Geliefde, vertrou om my te help, en Hy het.

    Ek is dankbaar vir hoe Hy in my lewe optree en die wonderwerke wat ek ervaar wanneer ek in Hom rus en Sy leiding volg. Wanneer ek alles aan Hom oorgee en Hom vertrou met die uitkoms.

    Ek is dankbaar om my kinders 90% van die tyd by my te hê. Ek is dankbaar vir my kinders en die seën wat my Man aan my gegee het toe Hy hulle aan my toevertrou het.

    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening en Sy leiding.
    Ek is dankbaar dat Hy altyd daar is vir my.
    Ek is dankbaar vir die lewens wat aangeraak en verander word deur die bediening en die hulpbronne wat ons Man Erin gelei het om te skryf.

  6. I am grateful for the love of my Heavenly Husband.
    I am grateful that my Heavenly Husband gave the new brides a blessed time during the Wise Woman weekend last weekend in Africa.
    I am grateful that I had a nice work week last week.
    I am grateful that the physio treatments for my son are effective.
    I am grateful for the wise guidance He gives me every day.
    I am grateful for all the trials that have come my way this week.
    I am grateful that my children are all with me again.
    I am grateful that He has my future in His hand.
    ~~~~~~
    Ek is dankbaar vir die liefde van my Hemelse Man.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man die nuwe bruide ‘n geseënde tyd gegee het tydens die Wise Woman naweek verlede naweek in Afrika.
    Ek is dankbaar dat ek verlede week ‘n lekker werksweek gehad het.
    Ek is dankbaar dat die fisiobehandelings vir my seun doeltreffend is.
    Ek is dankbaar vir die wyse leiding wat Hy my elke dag gee.
    Ek is dankbaar vir al die beproewings wat hierdie week oor my pad gekom het.
    Ek is dankbaar dat my kinders weer almal by my is.
    Ek is dankbaar dat Hy my toekoms in sy hand het.

    1. Ek is saam met jou dankbaar vir alles kosbare Kristine en saam met jou dankbaar vir die vrouens wat laas naweek die Wyse Vrou Toevlug bygewoon het en dat ons kosbare Here besig is om hulle lewens te verander.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui