Is Egskeiding Deel Van Die Here Se Plan…

"Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie." M2:16

So paar weke terug het ek vir my vriendin Yvonne gesê dat sy so baie kosbaar vir die Here is en dat Hy toegelaat het dat sy skei (so die Here het iets toegelaat wat Hy haat) juis omdat Hy haar lief het en geweet het dat dit sal veroorsaak dat sy haar hart vir Hom gee. 

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte geneem uit Hoofstuk 6 in Staar Egskeiding In Die Gesig:

Waar sou ons gewees het as Jesus Sy Kruis geweier het? Waar sou ons almal wees as Erin nie gekies het om deur haar man se owerspel te gaan en God te vertrou om haar huwelik te herstel nie? Waar sal jy, jou kinders, of ander mans/vroue wees (diegene wat jou lewe dalk gehelp het) as jy weier om hierdie weg van geloof te neem?

So kosbare liefste vrou ek kan jou nie belowe dat hierdie altyd 'n maklike pad gaan wees nie, maar ek kan jou belowe dit gaan die moeite werd wees en as jy Sy hand styf vashou, is hierdie glad nie so moeilike pad nie... Ek kan wel vir jou sê ek verstaan nou hoekom die Here dit in my lewe toegelaat het, dis beslis vir 'n groter doel. Kosbare liefste vrou vertrou Hom net en hou Sy hand styf vas en kyk hoe Hy jou seer verander in iets goeds.

“Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het." G50:20(DB)

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Is Egskeiding Deel Van Die Here Se Plan…”

  1. Lieve Janine, tijdens de moeilijke momenten in mijn huwelijk was er zeker in mijn hart het verlangen om te willen scheiden, toen mij werd vertelt door mijn voormalige man dat hij de scheiding zou gaan aanvragen kwam het schuld gevoel want ik wist dat ik de aanleiding hiervan was. Ik wist ook dat het eigenlijk niet mocht, hoe God dat haat. Maar ik was ongelukkig en kon de pijnlijke situaties niet meer aan. Ik ben blij dat ik de beloftes heb dat mijn Hemelse Man bekend is met pijn en smarten. Dat ik Zijn geliefde bruid ben waarvoor Hij het toe gelaten heeft dat ik gescheiden ben, zodat ik terug kon komen bij Hem. Dit is zeer zeker wat ik nodig had om te weten wat ik miste in mijn leven. Hem en Hem alleen. Ik ben Hem dankbaar dat ons welzijn voor Hem zeer belangrijk is.
    ~~~~~~~
    Beste Janine, tydens die moeilike oomblikke in my huwelik was daar beslis ‘n begeerte in my hart om ‘n egskeiding te wil hê Toe my voormalige man vir my gesê het dat hy gaan aansoek doen om ‘n egskeiding, het ek skuldig gevoel omdat ek geweet het dat ek die rede daarvoor was. dit was vroeër. Ek het ook geweet dat dit eintlik nie toegelaat is nie, hoe God dit haat. Maar ek was ongelukkig en kon nie meer die pynlike situasies hanteer nie. Ek is bly dat ek die beloftes het dat my Hemelse Man bekend is met pyn en hartseer. Dat ek Sy geliefde bruid is vir wie Hy toegelaat het dat ek geskei word sodat ek na Hom kan terugkom. Dit is beslis wat ek nodig gehad het om te weet wat ek in my lewe gemis het. Hy en Hom alleen. Ek is Hom dankbaar dat ons welstand vir Hom baie belangrik is.

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Kristine, dis ‘n baie groot feit dat ons welstand beslis vir ons kosbare Here saak maak, wat ‘n wonderlike vertroosting ook. En dit wat Hy toelaat is beslis vir ‘n groter doel, ons moet Hom net vertrou.

  2. Wow, dankie Janine, ek het vanoggend nodig gehad om dit te hoor. Natuurlik het Hy almal van ons so baie lief.

    1. Ek kannie genoeg klem daarop plaas dat jy wat Yvonne is, ongelooflik kosbaar vir die Here is en dat alles omtrent jou vir Hom saakmaak en dat Hy jou ongelooflik baie lief het kosbare Yvonne.

  3. Dankie Janine, dit is wanneer ons ons lewe verloor, gewoonlik ‘n lewe waaraan ons probeer vasklou het, dat Hy ons begin lok om na Hom toe te draai. En wanneer ons “ja” se, kry ons ‘n nuwe lewe, die oorvloedige lewe wat Hy gesterf het om vir ons te gee!

    ‘Daarom, kyk, Ek sal haar aanlok en haar na die woestyn bring en met haar gemaklik spreek. ‘

    Hosea Hosea 2:14
    https://www.bible.com/af/bible/3660/HOS.2.14

    1. Ja kosbare Adina, ek weet ek het aan daardie lewe probeer vasklou en vandag kan ek vir ander vrouens sê, moenie klou nie, want ‘n lewe saam met ons kosbare Here is so die moeite werd en ek sal dit vir niks verruil nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui