Die Geheim Na Oorvloed

“Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” L6:38

Toe ek Hoofstuk 2 van Leef Die Oorvloedige Lewe, lees het die volgende geleer:

  • Die geheim na oorvloed is om te gee. God gee aan ons sodat ons aan ander sal gee, dit kosbare vrou is die grootste geheim om oorvloedig te lewe.
  • Wag is 'n deel van ons kosbare Here se plan, so ons moet leer om te wag en ons krag in Hom kry.
  • Ons mopet saam met die stroom en nie teen die stroom moet gaan nie en ons ons kosbare Here op die reg tyd vir ons sal deurkom.
  • Ons moet niks van 'n mens af verwag nie, maar na God kyk vir dit wat ons nodig het.
  • Dis ongelooflik kragtig om te gee, wanneer iemand dit nie verdien of waardeur nie.
  • Vrees om te min te hê stop ons om finansiëel te gee nie.
  • As dit vir ons moeilik is om te gee is dit omdat ons nie genoeg van Hom het nie.
  • As ons meer van Hom het, sal ons net meer en meer van Hom wil hê en die res sal nie vir ons saakmaak nie, dus sal ons kan gee juis oor Hom.

Kosbare liefste vrou hou jou fokus op die Here en sorg dat Hy jou alles word en dis juis wanneer dit maklik sal wees om te gee. Onthou ons kosbare Here se seëninge is vinniger as wat ons kan wees!

"Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen —wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie." H1:5

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Die Geheim Na Oorvloed”

  1. Dankie liefste Janine ja om te gee help so baie wanneer ons gee waar ons juis kort dan gee Hy vir ons so veel meer.

    1. Ja kosbare Kristy en ekt gesien juis wanneer ek gee en nie iets terug verwag of iets terug wil hê nie, vul ons kosbare Here my met ‘n vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan, maar ja Sy seëninge is vinniger as wat ons kan wees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui