Hy’t klaar ‘n plan

Vanoggend 1 uur word my dogtertjie wakker met koors, dadelik begin ek oordink, eweskielik begin al die dinge waaroor ek bekommerd is by my een vir een op kom. As my dogtertjie siek is kan ek haar nie skooltoe stuur nie, ek lê en rol rond en maak planne in my kop wat ek met haar die week gaan doen, ek moet werk en niemand anderste kan na haar kyk nie. Ek het begin rondrol en dink oor my finansies ek haal toe my sakrekenaar uit en begin somme maak van alles wat ek moet betaal – toe besef ek dat ek besig is om dinge in my eie krag te doen en ek haal eerder my bybel uit, ek begin Psalm 25 lees en begin die verse te bid, net daar herinner die Here my dat Hy groter as my probleme is, en dat Hy klaar ‘n plan het niks wat ek nou uit redeneer gaan my situasie verander nie, net Hy kan, Hy het die laaste sê.

Ek wil net vandag vir elke bruid daar buite herinner om nie dinge in jou eie krag te probeer doen nie, gee alles net vir die Here Hy is groter as jou seer, groter as jou probleme en groter as die onsekerheid.

‭‭Psalms‬ ‭25:5‬ ‭(DB‬‬)
Leer my hoe U wil hê ek moet lewe. Laat my op die regte pad loop. U is die God wat my red. Op U vestig ek al my hoop.

‭‭Psalms‬ ‭25:15‬ ‭(DB‬‬)
Ek is elke oomblik van die Here afhanklik. Ek kyk heeltyd na Hom op. Hy keer dat swaarkry en probleme my onderkry. Hy red my uit die moeilikheid.

Ek is heeltemal afhanklik van die Here, ek vertrou op Hom, ek weet Hy sal my nooit in die steek laat nie, ek wil Hom vandag loof en prys omdat Hy groter as my probleme is, en dankie sê dat alles waaroor ek bekommerd is klaar uitgesorteer is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hy’t klaar ‘n plan”

  1. Dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Mila, en die versekering dat die Here ons nooit in die steek sal laat nie, Hy is beslis groter as ons probleme.
    ‘N PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. P23:1-6

  2. Dankie Mila! Ek was mal daaroor om te lees hoe die Here jou uiteindelik gelei het om sy woord te lees in psalms… om te onthou… dat jy heeltemal op Hom alleen staatmaak en dat dit nutteloos is om bekommerd te wees, want Hy wil hê jy moet Hom al jou laste gee.

    “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.” Mat 11:28

  3. Ag die Here is so wonderlik! Hy het my verlos van my stress, Hy het deur gekom vir my. My dogtertjie is gesond sy is nou al vir die tweede dag bydie skool – GEEN medisyne gegee nie, net gebid! Hy het my verlos van my angs oor my finasies – dag twee wat ek net rustig in die Here se teenwoordigheid is! Dankie my liefling. ❤️

  4. Dankie Mila dat jy gedeel het, ons val so maklik in ‘n afwaartse spiraal van bekommernis, en soek dan vir menslike oplossings vir ons probleme. Maar ons hoef nie want ons het ons Geliefde wat als op Hom wil neem om ons te help, ons moet net als oorgee in Sy hande.

    Ons probeer tog so graag al die laste self dra, terwyl Hy in Sy woord se:
    ‘“ Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig.”’

    Matteus 11:28-30
    https://my.bible.com/bible/3499/MAT.11.28-30

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui