Vreugde in die Here

Uittreksels uit: Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 1 “Wat is die Oorvloedige Lewe?

Hierdie lewe van beproewing, sukkel of pyn en hartseer, is nie God se plan nie. Dit is nie hoekom Jesus na hierdie wêreld toe gekom het om vir ons te lewe en te sterwe nie. Ek glo dat ons ‘n lewe van vreugde moet leef, wat so ongelooflik is dat ons dit skaars kan beskryf—‘n vreugde wat onuitspreeklik is, omdat dit vol van God se glorie is!!

Mag julle nooit vergeet dat “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is” (1 Johannes 4:4).

So sê die HERE die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe. Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die HERE die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die HERE die Almagtige” (Hag. 2:6, 9).

~~~~~~

Ek het voorheen moeg en uitgeput geraak wanneer die gesukkel vir my te lank en te veel begin voel het. Toe ek meer van die Here my HM begin leer het, het ek geleer dat Hy nie wil hê dat ons vir altyd moet sukkel en in pyn en seer moet lewe nie. Ek het geleer dat die Here vir ons ‘n lewe vol vreugde wil hê en dat ek my gedagtes moet vernuwe en dat ek met opgewondenheid deur die beproewing en gesukkel kan gaan, want ek is opgewonde oor die Here dit alles gaan verander.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Vreugde in die Here”

  1. Ja kosbare Kristy, die Here wil beslis nie hê ons moet in die seer en pyn bly nie.
    Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. J19:11 https://www.bible.com/af/bible/117/JER.29.11.NLV
    En die oomblik wat ons net nader aan die Here leef, vul Hy ons met vreugde en vrede wat alle verstand te bowe gaan.

  2. Dankie kosbare Kristy, vanoggend het hierdie lof aan my hart geraak. Ek voel ook presies soos wat jy sê hierbo, ek voel uitgeput omdat dit voel of die sukkel en hartseer partykeer teveel raak, maar toe herinner die Here my vanoggend deur jou lofprys dat hierdie seer en gesukkel nie sy plan is nie, die Here het die wêreld klaar oorwin! Ek is net so opgewonde vir al die veranderinge wat die Here mee besig is in my lewe so vanoggend wil ek net vir my HM dankie sê dat hy so hard saam my veg. 🫶🏼

  3. Kosbare Kirsty!
    Watter belofte is dit nie om aan vas te hou nie.
    Ons is so maklik om aan die krisisse, hartseer en pyn vas te klou terwyl ons Hemelse Man geduldig vir ons wag om net oor te gee aan Hom en die oorvloedige lewe, vreugde en vrede te ontvang wat Hy so gewillig is om vir ons te gee.
    Dankie dat jy die belofte van God vanoggend met ons gedeel het!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui