Hy Is Dikwels Doelbewus Laat

♕Belofte van vandag: “Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die HERE, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die HERE, ek doen al hierdie dinge” Jesaja 45:7

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,
Ons blameer onsself dikwels vir die situasie waarin ons is of vir dinge wat met ons gebeur. Alhoewel dit wys dat ons suiwer hart het en nederig is, en die Here kan vra om ons harte te deursoek om uit te vind waar ons verkeerd gegaan het, gebeur dinge dikwels vir Sy glorie en dat Hy Sy krag kan wys deur die uitkoms te bied of 'n wonderwerk in 'n hopelose situasie.

Ons wil altyd iemand of onsself blameer vir dinge wat verkeerd gaan, of dink dat die dinge gebeur agv van iemand se sonde, maar tog staan daar in Jesaja 45:7 “Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die HERE, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die HERE, ek doen al hierdie dinge”

Ons moenie na situasies kyk en wonder "Wie" die oorsaak daarvan is nie, maar ons moet eerder vra "Waarom" gebeur die dinge, want op die ou einde van die dag gebeur dit vir Sy glorie en om aan ander 'n getuienis te kan gee van Sy krag. In plaas daarvan dat ons skuldig voel en dink dinge gebeur agv wat ons gedoen het, of na iemand anders kyk en hul die skuld te gee, moet ons vra: "Wat gaan God in hierdie situasie doen?"

Wanneer rampe ons tref is ons geneig is angstig, vreesbevange, paniekerig ens te word, maar ons moet eerder met afwagting begin uitsien na Sy uitkoms en vir wat Hy gaan doen in die situasie. Hy kies ons dikwels om deur moeilike beproewings te gaan om Sy glorie te wys.
En al is dit dalk aan die begin moeilik, moet ons leer om in elke situasie eerder opgewonde te raak en te begin uitsien na hoe en wat Hy gaan doen vir Sy glorie en vir ons om 'n getuienis te wees van Sy krag.

Ons moet ook leer om alles, in elke situasie, net alles vir Hom te gee ipv tyd mors om te stres, benoud en angstig te raak. Gee dit vir Hom want Hy sal dit vir ons hanteer.

Ons moet ook besef dat Hy dikwels doelbewus op die nippertjie, of te laat intree en 'n wonderwerk verig, soos bv die strorie van Lasarus, of toe die Israeliete teen die Rooi See vasgedruk was, sodat Hy nog groter en kratiger bewys kan word. Sodat ons getuienis van Sy glorie nog groter sal wees.

Hierdie les (Hoofstuk 4, Waar het ek verkeerd gegaan), het my gewys dat ek ook altyd myself of iemand anders wil blameer vir situasies of dinge wat fout gaan. Maar ek moet leer om in elke beproewing te vra waarom dit gebeur en nie agv wie se sonde nie. Om te verstaan dat elke beproewing oor ons lewe gebring word om Sy glorie en Sy krag aan diegene te wys wat verlore en ongelowig is. Om 'n getuienis te hê vir Sy glorie. En as Hy te laat of op die nippertjie intree, is die wonderwerk en getuienis net soveel groter!!

In my situasie het ek ook alles op Kevin blameer en sy sonde, toe begin ek myself blameer en het met die skuldgevoellens rondgeloop, maar nou besef ek daar is 'n rede en 'n "waarom" vir alles wat gebeur het. Ek in elke beproewing moet ek uitsien na wat HY GAAN DOEN!

Ek gaan hierdie beginsel in my lewe toepas deur my fokus af te haal van wie se skuld dit is en begin vra waarom dit gebeur en uit te sien na die uitkoms wat Hy gaan bied.

Liewe Bruide,
Die Here het 'n plan met alles wat met jou gebeur, 'n wonderwerk wat gaan gebeur in jou situasie. Moenie kyk na wie se skuld dit is of jouself blameer nie, Hy laat sekere dinge toe om uiteindelik Sy glorie te wys. In elke beroewing, wag met opgewondenheid vir WAT Hy gaan doen!

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!