💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Ek sal te alle tye die HERE loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees." P34:2)

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

"Jesus Christus is verhef bo al die magte van duisternis, en volgens God se woord, ons regmatige erfenis is reg daar bo die duisternis saam in Christus. Die leer is lof!"

Luister asseblief na die visoen wat ons kosbare Here die skrywer toe gegee het sodat jy die leer beter verstaan:
https://studio.youtube.com/video/T7hK_TpX82M/edit

Kosbare liefste vrou kom loof ons kosbare Here in alle omstandighede. Ek het in my eie lewe beleef hoe my lewe verander as ek die Here in alle omstandighede loof en in alle omstandighede dankbaar is.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

8 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar vir al die Here se liefde. Ek dankbaar vir hou die Here my stadig vir ander het en dat Hy my nog steet vorm. Ek dankbaar dat my lewe in Sy hande is, en te weet Hy het als onderbeheer en niks vang Hom omkant nie. Ek dankbaar vir hou Hy my meisiekind help in haar skool werk. Ek is dankbaar dat Hy my vas hou en om vou wanneer ek swak voel.

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy alles dankbaar is kosbare Kristy, ons het die wonderlikste Here ooit!

  2. Vandag is ek so dankbaar vir die Here dat Hy die bank se hart sag gemaak het en dat ons vir die volgende paar maande minder as helfte van ons paaiement kan betaal. Ek wou eers vra, maar waar gaan ek die geld kry om die res te betaal, aangesien my inkomste heelwat minder is die maand, maar toe herinner my dierbare Man my dat ek moet dankbaar wees vir wat Hy gedoen het en weet dat alles wat ek het is net van Hom af. So nou sit ek opgewonde om te sien wat Hy gaan doen.

    1. Wow dit is fantasties kosbare Yvonne, die Here is Fantasties! Ek wag saam met jou opgewonde om te kyk wat ons kosbare Here in jou lewe gaan doen!!! Ek kannie wag vir daardie getuienis nie!

  3. Vandag is ek net dankbaar dat ek my Hemelse Man het en dat Hy my beste beskermer, voorsiener, beste vriend, vader en Man is. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en gesondheid. Ek is dankbaar dat Hy my meer liefhet as wat ek ooit sal verstaan. Ek is dankbaar vir die wonderlike toekoms wat hy vir my en my kinders het. Ek is dankbaar vir my kinders en vir hul gesondheid. Ek is dankbaar vir die geleentheid om ‘n Werker by die Huis te wees en my kinders te tuisskool, dit is een van my grootste beantwoorde gebede.

    1. Ja kosbare Adina, ons het die heel Beste Beskermer, Voorsiener, Beste Vriend, Vader en Man en ja Sy liefde vir ons is beskryflik, dankie dat jy dit gedeel het waaroor jy dankbaar is.

  4. Ek is ongelooflik dankbaar vir die Here se voorsiening in my en my seuns se lewens.
    Ek dankbaar dat ek die pad nie alleen stap nie en ek is so dankbaar dat al kom daar beproewinge, weet ek my kosbare Liefling Here is langs my en ek gaan ok wees.
    Ek is dankbaar vir vervoer, kos, klere en ‘n dak oor ons koppe.
    Ek is dankbaar dat ek oor niks besorg hoef te wees nie.
    Ek is dankbaar dat ek met alles na my kosbare Liefling Here toe kan gaan.

  5. I am grateful that my Heavenly Husband has allowed me to see and feel His love and protection this week.
    I am grateful that my children had a nice holiday week with me.
    I am grateful for all the guidance I have had from my Husband this week.
    I am grateful for the release from my life of all the people who set a net for my feet.
    I am grateful for the renewing of my mind through His Word.
    I am grateful for all the blessings my children receive from Heavenly Father.
    I am grateful that my son repeated his internship day well.
    I am grateful that my Heavenly Husband is drawing me closer to Him.
    ~~~~~~
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my toegelaat het om hierdie week Sy liefde en beskerming te sien en te voel.
    Ek is dankbaar dat my kinders ‘n lekker vakansieweek saam met my gehad het.
    Ek is dankbaar vir al die leiding wat ek hierdie week van my Man gekry het.
    Ek is dankbaar vir die vrylating uit my lewe van al die mense wat ‘n net vir my voete gesit het.
    Ek is dankbaar vir die vernuwing van my gedagtes deur Sy Woord.
    Ek is dankbaar vir al die seëninge wat my kinders van die Hemelse Vader ontvang.
    Ek is dankbaar dat my seun sy internskapdag goed herhaal het.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my nader aan Hom trek.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui