Hy het my bevry

Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees.P51:10

Maar nou sê die Here: “Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! ‭J2:12

Moenie ophou bid nie. 1T5:17

Toe Hy op ’n sekere plek kom, sê Hy vir hulle: “Hou aan bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie.”‭‭L22:40

En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel.E36:27

Hy bevry en Hy red. Hy rig tekens op en doen wonders bo in die hemel en onder op die aarde. Hy het Daniël gered uit die mag van die leeus.”‭‭ D6:28

Maar Jesus het Hom gereeld in ’n verlate plek afgesonder om te bid. L5:16

‭‭Die Here het geantwoord: “Kyk na die nasies en staan verbaas! Let op en staan verstom! Ek doen iets in jou leeftyd, iets wat jy nie sou glo as iemand anders jou dit vertel nie. H1:5

Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” S3:17

Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. J40:29

As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees. ‭J8:36

‭‭Ek breek nou die juk wat op jou is, Ek vernietig die bande wat jou bind. N1:13

Ek het die week baie lesse gedoen en kon nie die les kry wat ek gevoel het die Here wil hê ek moet oor deel nie. Hy het my wel al die lesse laat lees om my te help die week. Hy het my vanoggend gelei oor wat ek met julle moet deel.

Ek wil verlos word. Ek wou baie graag op gehou rook het toe ek my Hemelse Man gevind het en toe ek na RMI gekom het. My Geliefde Man was geduldig en liefde vol met my.

Ek maak die besluit dat ek nou wil ophou. So het die tyd aan beweeg en soos wat my Geliefde Hemelse Man in my gewerk het wou ek al meer ophou rook.

Die Here het 2 liefste vrouens gebruik om my te bemoedig soos wat Hy hulle gelei het. 1ste liefste vrou het vir my #10. Testimonies of Healing from Addictions!! gestuur, wat ek toe gelees het en elke verse wat met my gepraat het, het ek neer geskryf en die papier op die yskas gesit waar ek dit heeltyd kom sien. Ek wou al meer ophou rook. Ek het wel minder gerook, maar ek het bly sukkel om heeltemal op te hou. Week na week het dit so gegaan.

So sê die 2de liefste vrou vir my dit vat 21 dae om n slegte gewoonte af te leer. En daar het die Here verder met my gewerk. Hy het my gelei om n boek en gekleurde penne te koop.

7 Februarie. Die Here lei my om my boek en gekleurde penne en bybel te vat en te skryf dag1, en die bybel verse wat Hy vir my gee, skryf ek neer. Die sinne en woorde wat Hy met my mee gepraat het, het ek onderstreep of in gekleurde skrif geskryf. 

Daar was oggende wat ek die hele oggend net gesit het en bybel gelees het en die verse neergeskryf het soos Hy my gelei het. So het die Here my gehelp om die berg oor te klim. Ja dit was nie n berg om te versit nie maar my berg wat ek moes oor klim.

Vandag is ek n maand skoon van rook en ek kan net vir die Here dankie sê dat Hy my bevry het. Hy is my krag wanneer ek swak is. Die Here se naam kry al die glorie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Hy het my bevry”

  1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons deel kosbare Kristy, die Here is wonderlik en ek is so dankbaar dat jy hierdie pad van verlossing van rook saam met Hom stap, want Hy is werklik ons Verlosser van enige iets, waarmee die vyand ons probeer verlei.

  2. Dankie liewe Kristy dat jy jou reis met ons deel om bevry te raak van rook en pragtige verse wat Hy vir jou gegee het om aan vas te hou tydens die moeilikste tye. Ek kan net dink hoe moeilik dit moes gewees het gedurende die eerste dae, maar ons kan enigiets deur Hom doen wat ons krag gee en Sy krag word volmaak in ons swakheid!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui