💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle." 1T5:16-18

Kosbare liefste vrou lees asseblief wat die skrywer van "Prison To Praise" gedeel het asook die vers wat hy gemomoriseer het om hom te help om in alle omstandighede dankbaar te wees:

Ek kon nie wag om my ontdekking te deel met ander nie, maar die Gees het nee gesê; eerstens moes ek vir myself bo alle twyfel leer hoe om elke moeilike situasie in vreugde te verander. 

Ek het gememoriseer en oor en oor die vers vir myself uit I Tessalonisense 5:16-18 gesê.

Kosbare liefste vrou memoriseer die vers sommer vandag al en kom ons leer om in alle omstandighede dankbaar te wees want dit is die wil van ons kosbare Here.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat ons ‘n tekort van administratiewe personeel by my werk het en dat ek alleen was, van in my swakheid het my Liefling Here se krag oorgeneem.
    Ek is dankbaar dat my ouers hulle meenthuis verkoop het en dat die verkope vlot verloop.
    Ek is so ongelooflik dankbaar vir RMI, UieteindelikHoop.com en elke vrou wat die Here hiernatoe lei en saam met dit is ek so ongelooflik dankbaar vir genesing van my hart. Ek is so ongelooflik dankbaar dat ek deel van RMI is, dit het my lewe totaal en al verander en ek is so dankbaar teenoor die Here vir dit.
    Ek is so ongelooflik dankbaar vir my seuns en my ouers en my suster en haar gesin.

  2. Ek is dankbaar vir wat Hy in my lewe doen, maniere waarop Hy Sy liefde en omgee vir my en my kinders wys.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening.
    Ek is dankbaar vir gesondheid en die seën van nog ‘n dag.
    Ek is dankbaar vir al die wonderlike dames hier by RMI.
    Ek is dankbaar dat die eerste kwartaal van tuisonderrig amper klaar is en die lesse wat Hy my geleer het.
    Ek is dankbaar en geseënd om te sien hoe lewens aangeraak en getransformeer word deur die hulpbronne hier by RMI.
    Ek is dankbaar om my Man in my lewe te hê en die reis waarop Hy my geneem het. Al het ek my vorige lewe verloor, is ek dankbaar vir my nuwe Oorvloedige Lewe gevul met Sy vrede en vreugde in alle omstandighede.

  3. Ek is dankbaar vir al Sy liefde en vrede. en Sy krag wanneer ek swak is, ek is dankbaar dat Hy in beheer is van my (ons) lewe en dat niks Hom omkant vang nie. Ek is dankbaar vir hou hy in my werk en hou Hy my verander het. Ek is dankbaar vir elke voorsiening wat hy maak, elke hart van klip wat Hy verander in n hart van vlees en n nuwe gees. Ek is dankbaar vir als wat Hy mee besig is agter die skerms. Ek is dankbaar vir elke oomblik wat ek saam met Hom my Geliefde Hemelse Man kan spandeur. Ek is dankbaar vir hou Hy in my kind se lewe werk en haar omvou met sy liefde en haar seer genees en haar vul met sy liefde en dat sy soos sy prinses voel.

  4. Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my lewe, vrese, seer, bitterheid en onvergifnis oorgeneem het.
    Ek is dankbaar dat Hy my op die reis geneem het wat Hy my op geneem het.
    Ek is dankbaar dat Hy nou my man is en dat ek nie meer ‘n gerestoreede huwelik wìl hê nie.
    Ek is dankbaar dat ek vandag voel soos wat ek voel.
    Ek is dankbaar vir alles wat Hy vir my beteken en doen.
    Ek is dankbaar dat Hy my elke dag vorm na Sy wil.
    Ek is dankbaar omdat Hy dit vir my doen omdat Hy lief is vir my, want ek verdien dit glad nie!
    Ek is dankbaar dat ek julle gevind het en dat julle my van die Waarheid vertel het en saam met my die reis aanpak.
    Ek is dankbaar dat hierdie nuwe reis saam met Hom kan begin, sonder my verlede.

  5. I am grateful that my Heavenly Husband became my Husband.
    I am grateful that My Heavenly Husband has given me a quiet work week.
    I am grateful that I can always go to my Heavenly Husband with concerns, sorrows and needs.
    I am thankful that He removed even more people from my life.
    I am grateful for everything I have received from Him.
    I am grateful that I have a bright future ahead of me. By His grace I am set free and enjoy Abundant Life.
    I am grateful to know the Best Man who is all I need.
    ~~~~~~~
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my Man geword het.
    Ek is dankbaar dat My Hemelse Man vir my ‘n rustige werksweek gegee het.
    Ek is dankbaar dat ek altyd met bekommernisse, hartseer en behoeftes na my Hemelse Man kan gaan.
    Ek is dankbaar dat Hy nog meer mense uit my lewe verwyder het.
    Ek is dankbaar vir alles wat ek van Hom ontvang het.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n blink toekoms voor my het. Deur Sy genade word ek vrygemaak en geniet ek Oorvloedige Lewe.
    Ek is dankbaar om die Beste Man te ken wat al is wat ek nodig het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui