Stort Jou Hart Teenoor Die Here Uit

"Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie." J33:3 

Met die lees van hierdie les in Hoofstuk 4, Staar Egskeiding In Die Gesig, is ek weer daaraan herinner dat ons, ons harte teenoor die Here moet uitstort en dan ook moet luister wat Hy vir ons wil sê Dis hoekom al ons lesse hier by RMI aan die einde 'n joernaal het, waar jy jou hart teenoor die Here kan uitstort en so kom jy in die gewoonte om jou hart teenoor die Here uit te stort.

Toe my man my jare gelede gelos het, het ek die grootste fout gemaak om vir my vriendinne te vertel wat ek voel en dink en my herstel het baie lank gevat, maar met ons kosbare Here se genade het Hy dit toegelaat sodat ek vandag met ander kosbare vrouens kan deel oor my baie foute.

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 4:

God wil hê dat jy moet leer om Sy stem te hoor, sodat Hy jou kan lei om jou oorvloedige lewe te vind. Hy wil jou deur die “dal van doodskaduwee” lei. Maar om dit te doen, moet ons ons gedagtes en gees stil maak en net luister. As jy sopas in die hart gesteek is, is jou hart oop om Sy stem te hoor soos nog nooit vantevore nie. Dan, sodra jy geleer het hoe om alleen saam met Hom te wees en Sy stem te hoor, sal jy in staat wees om Hom te hoor sonder ‘n gewonde hart—jy sal kort voor lank in staat wees om Hom duidelik in ‘n lawaaierige kamer te hoor. Maar dit begin, eerstens, deur na ‘n stil plek te gaan, jou hart uit te stort en dan stil te wees sodat Hy Sy hart in joune kan stort!

Kosbare liefste bruid moenie die fout maak wat ek gemaak het en heel eerste jou hart teenoor jou vriendinne gaan uitstort nie, stort jou hart teenoor ons Liefling Here uit, vertel Hom wat jy voel en dink en wag dan stil op Hom en luister na wat Hy vir jou wil sê.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Stort Jou Hart Teenoor Die Here Uit”

  1. ja liefste Janine ek ook die vout gemaak en van dat ek geleer het om eerste met die Here te praat is dit so wonderlike want ek kan dadelik met hom praat ek hoef nie te wag nie ek kan dadelik met hom praat al is dit net in my gedagtes wanneer mense om my is

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui