Hoop Jy Iemand Praat Sin In Jou Geliefde Se Kop In…

"'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie." P121:1-3

Ek moet erken ek het dit gehoop! Ek het my hele hart teenoor my skoonma uitgestort met die hoop dat sy net sin in haar seun se kop sou praat toe hy my gelos het en sy het dit ook probeer doen. Vandag weet ek dit het hom net meer in die ander vrou se arms ingedryf.

Met vandag se oggendtoewyding is ek net weer herinner dat ons hulp en hoop net van ons kosbare Here af kom.

Kosbare liefste vrou ons moet verstaan en onthou dat ons hulp net van die Here af kom. Memoriseer sommer vandag al hierdie belofte en moenie eens probeer om iemand te kry om sin in jou geliefde se kop te probeer inpraat nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Hoop Jy Iemand Praat Sin In Jou Geliefde Se Kop In…”

  1. Kosbare Janine,
    Baie dankie vir hierdie herinnering.
    Ons hulp kòm net van die Here af.
    Ek was ook een van daardie vroue wat op ander mense vertrou het in plaas van ons dierbare Here…en ek was elke keer teleurgesteld.
    Maar vandag is God my vertoueling in àlles.
    Somtyds wag ek op Hom maar dis àlles die moeite werd want net Hý weet wat Hy vir ons beplan.
    En wanneer HY die uitkoms gee, weet jy dis die regte uitkoms en sal vir altyd hou!

    1. Ek was ook elke keer teleurgesteld kosbare Betty en ek verstaan nou hoekom, want ons hulp kom net van die Here af, wanneer ons op mense staatmaak dan word ons teleurgestel. En ons kosbare Here gaan die wag die moeite werd maak kosbare Betty.

  2. Ja liefste Janine ek so bly dat ek geleer het om met als na die Here toe te gaan en te weet Hy sal my altyd help. Ek het ook op n tyd na mense toe gegaan en dit het eintlik net niks gehelp nie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui