1 ||2 ||3 | 4 ||5 | 6 | 7

8 |  9  |10 ||11 |12 |13

14  |15 | 16 |17 |18 |19

20 |21 |22 | 23 | 24 |25

26  |27 |28 |29 | 30 |31

1 Maart

“Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk” (1 Sam. 1:13).

Beminde, wanneer ons, in ons uiterste en algehele gebrokenheid, met God in ons harte praat, sal ons Hom vind. Vir baie jare het Hannah gehunker na ‘n kind. Sy was gespot; daar was vir haar gesĂȘ om tevrede te wees met ‘n man wat beter was as tien seuns. Jaar na jaar, het sy na die tempel toe gegaan om hulp van die Here te soek.  

Beminde, dit was nie totdat sy in haar gebrokenheid met God in haar hart gepraat het, dat haar gebed beantwoord was nie. Het jy die Here in hierdie toestand gesoek?

Miskien het jy Hom gesoek, maar miskien is daar meer wat Hy van jou wil hĂȘ.  Hannah het haar toekomstige seun vir die Here gegee. Sy het gegee waarna sy gehunker het lank voor sy dit ontvang het.  Is daar iets, enigiets, waaraan jy vashou waarvoor God wag om terug te kry van jou af?  Gee dit vir Hom en kyk wat God doen my Beminde. 


🎈1 Maart

“Omdat Hanna in haar hart met die Here gepraat het en net haar lippe geroer het sonder dat haar stem gehoor kon word, het Eli gedink sy is dronk” (1 Sam. 1:13).

Geliefde kind, wanneer ons heeltemal gebroke is, praat ons uit ons harte met God. Hanna het jare lank na 'n kind gesmag en is voortdurend gespot aangesien haar man reeds tien seuns gehad het. Tog het sy jaar na jaar God vir 'n kind gevra.

Geliefde kind, dit was eers toe sy in haar gebrokenheid met God uit haar hart gepraat het dat haar gebed verhoor is en sy 'n seun, 'n profeet gegee is, en later is sy geseën met drie seuns en twee dogters.

Geliefde kind, praat jy met jou Vader uit jou hart? As jy het, moenie glo dat Hy nie omgee of nee gesĂȘ het nie. Hou eerder aan om met jou Vader te praat en wag om te sien wat Hy al die tyd vir jou beplan het.

2 Maart

“Na die sewende keer het hy kom sĂȘ: ‘’n Wolkie so groot soos ‘n man se hand kom uit die see uit op.’ Elia sĂȘ toe: ‘Gaan sĂȘ gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reĂ«n jou vaskeer’” (1 Konings 18:44).

Beminde, toe Elia gebid het vir reĂ«n, was dit geen klein versoek nie. ReĂ«n het vir meer as drie en ‘n half jaar nie gekom nie. Maar die profeet se geloof het sy dienskneg sewe keer opgestuur voor hy enigiets gesien het.

So groot was Elia se geloof in die getrouheid van God dat hy geweet het Hy sou antwoord. Tog, geloof is meer as net dit, want toe hy net ‘n klein wolkie gesien het—geen reĂ«n, geen wolkbreuk, geen donker lug, net ‘n wolkie so klein soos ‘n man se hand—was dit genoeg vir Elia om te weet dat sy gebede verhoor was.

Beminde, is jy nie skuldig aan ongeloof totdat jy die “reĂ«n” op jou gesig voel nie? Het jy misluk om te loof as jy die geringste teken van beantwoorde gebed sien. Is jou reaksie “dit is net ‘n geringe teken, baie minder as wat ek nodig het?”


🎈2 Maart

“Die sewende keer kom sĂȘ die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.” Toe sĂȘ Elia: “Maak gou! Gaan sĂȘ vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reĂ«n jou vaskeer!’” (1 Konings 18:44).

Geliefde kind, toe Elia vir reën gebid het, was dit geen geringe versoek nie. Reën het vir meer as drie en 'n half jaar nie geval nie. Maar die geloof van die profeet het sy dienskneg sewe maal opgestuur voordat hy iets gesien het.

So groot was Elia se geloof in die getrouheid van God dat hy geweet het Hy sou antwoord en die oomblik toe hy net 'n sweempie van 'n wolk sien—geen reĂ«n, geen wolkbreuk, geen verdonkering van die lug nie, net 'n wolk so klein soos 'n man se vuis— was dit genoeg vir Elia om te weet sy gebede is verhoor.

Geliefde kind, is jou geloof op daardie vlak? By die eerste klein teken van God wat jou gebed beantwoord, sal jy met verwagting hardloop? Hoe meer jy tyd saam met jou Vader en jou Verlosser spandeer om al die wonderwerke, groot en klein, wat Hy gedoen het, te getuig en oor te speel!

3 Maart

“Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het” (Gen. 32:25).

Beminde, het jy God gesoek vir hierdie seëning waarna jy so ernstig smag? Kyk, sodra Hy kom, moet jy Hom vasgryp totdat Hy jou verseker dat jy gekry het waarvoor jy in erns  gevra het.

So dikwels soek dié wat intens voorkom in hul spraak en aangesig, nie die Here nie, hulle reik uit om Hom vas te gryp met als wat in hul is, todat hulle weet hulle is geseën.

My liewe Beminde, weet dit—dit sal jou kos. Van daardie oomblik af, was Jakob ongelooflik deur die Here geseĂ«n, maar hy het mank weggeloop, vir altyd leunend. Van die oomblik wat jy ontvang, sal jy ook, leunend wees. Maar, my Beminde, om op die Here te leun is ‘n manier wat jy ongetwyfeld sal koester en jy sal nooit weer probeer om dinge in jou eie krag te doen nie.


🎈3 Maart

“Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop” (Gen. 32:25).

Geliefde kind, het jy geworstel om iets te wil hĂȘ tot op die punt dat jy vir altyd afhanklik sal wees om op God te steun? Laat ek jou verseker dat dit die moeite werd is.

My dierbare Geliefde kind, weet dit - om Hom en Sy plan te wil hĂȘ, kan jou kos - maar dit is die moeite werd. Van die oomblik dat Jakob voortgegaan het, heup uit sy potgjie, sien ons hy is ongelooflik geseĂ«n deur die Here. Hy het dalk weggeloop, vir ewig op Hom geleun, maar watter beter plek om te wees?

Geliefde kind, om op die Here te steun is die enigste manier om seker te wees dat jy nooit iets in jou eie krag sal doen nie en daarom sal Hy dit doen en jy sal vir ewig geseënd wees.

4 Maart

“Toe sĂȘ Jesus vir sy dissipels: ‘As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n, sy kruis opneem en My volg’” (Matt. 16:24).

Beminde, dit mag die eerste keer, maar sekerlik nie die laaste keer wees, wat die Here jou versoek om Hom te volg op ‘n roete wat jy nie vir jouself sou gekies het nie. Dit is ‘n vreesaanjaende pad, een waarvan baie afgeval het. Die gruwel stories oortref verreweg die getuienisse van diĂ© wat dit tot by oorwinning gemaak het. Ja, die pad is verraderlik, pynlik, uitputtend en dit lyk asof daar geen einde in sig is nie. Daar is ook geen waarborg van oorwinning nie.   

Tog, Beminde, terwyl jy Sy hand neem en so naby Hom loop, baie keer op Hom leun of jou kop in Sy klere begrawe terwyl jy baie naby aan die rand van ‘n krans loop, sal jy verander word deur die ervaring en nie wil laat gaan nie, nooit.  Aanvaar die reis, selfs al was dit nie wat jy gekies het nie.


🎈4 Maart

“Jesus het toe vir sy dissipels gesĂȘ: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom’” (Matt. 16:24).

Geliefde kind, dit is waar, dat dit moeilik, pynlik en uitputtend kan wees om jou laste te dra en Hom te volg, met geen einde in sig nie. Sonde is egter selfs moeiliker om te dra en daar is geen beloning of verhouding daaruit te verkry nie.

Geliefde kind, as jy Sy hand vat en nog nader aan Hom stap, op Hom leun of selfs jou gesig in Sy klere wegsteek terwyl jy langs die rand van 'n krans loop, sal jy verander word as gevolg van die ervaring. Aanvaar die kruis wat Hy uitverkies het en kyk hoe die skoonheid ontvou.

5 Maart

“Moet julle dus nie oor mîre bekommer nie, want mîre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie” (Matt. 6:34).

Beminde, die vers vermaan ons om nie te konsentreer op “wat as” nie. Om te wonder en dan te wroeg, veroorsaak bekommernis en bring ‘n swaarmoedigheid wat baie verhoed om ooit oorwinning te behaal. So dikwels kom die vrese en dreigemente nie tot stand nie. Tog, ons het in angstigheid gely, wat dikwels erger is as dit waarvoor ons bang is, gemanifesteer word.

Moenie gevestig raak in wat jy “weet” gaan gebeur nie, met voorspelling, met wringende hande en ‘n fladdering in jou hart. Instede daarvan, oordink wat die Here vir jou beplan, as Sy Beminde, vou jouself dan toe in hierdie gedagtes. Hulle sal jou troos en jou in groot en vreugdevolle afwagting hou vir die seĂ«ninge wat Hy sal bring.


🎈5 Maart

“Moet julle daarom nie oor mîre bekommer nie. Mîre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg” (Matt. 6:34).

Geliefde kind, hierdie vers praat oor die "wat as" wat niks anders as 'n las is wat jy gedurig dra nie. Om te wonder en angstig te raak, sal jou meer swaarkry veroorsaak wat jou verhoed om die kursus te voltooi.

Geliefde kind, leef vir vandag en vertrou God met mĂŽre. Solank as wat jy by Hom en in Sy liefde bly, sal Hy jou deurbring net soos Hy voorheen gedoen het! Leef in vreugdevolle afwagting met die wete dat die seĂ«ninge voorlĂȘ.

6 Maart

“Om diĂ© rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou” (2 Tim. 1:12).

Beminde, glo jy dat God in staat is om dit waarvoor jy in erns gebid het, te vervul? Word jou twyfel veroorsaak deur die knaende gedagte dat dalk, net dalk, gaan Hy dit nie vir jou doen nie? Selfs al sĂȘ Sy eie Woord die teendeel, dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie.

Beminde, diĂ© wat die soet smaak van oorwinning proe, is diĂ© wat glo. Nie een van ons wat geglo het, het regtig uiterlik geweet nie maar eerder diep in ons harte geglo. Die krag om die wedloop te voltooi het gekom toe ons geloof getoets was, toe die versoeker in vermomming gekom het en omstandighede geskep het wat “bewys” het dat dit nie so sou wees nie. Tog, diep in ons harte was geloof gesaai, selfs toe wat ons gesien het, dit teen gestaan het. Geloof is sterker as sig.


🎈6 Maart

“Dit is hoekom ek nou swaarkry. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek weet in wie ek geglo het en nog altyd glo, en ek is baie seker dat God die krag het om dit wat Hy vir my gegee het, goed op te pas tot op daardie dag wanneer Christus weer kom” (2 Tim. 1:12).

Geliefde kind, glo jy dat God in staat is om dit, waarmee jy Hom vertrou het, te bereik? Moenie repeteer of herspeel wat in die verlede is nie, maar vergeet eerder wat agter is en druk vorentoe deur te weet Wie en wat jy glo—Hom en Sy beloftes.

Geliefde kind, onthou om in geloof te glo word nie deur ons oĂ« gesien nie maar word diep in ons harte gesien. Die krag om die wedloop te voltooi kom wanneer jou geloof getoets word. Saai Sy beloftes diep in jou hart sodat selfs as dit hopeloos lyk, jy net soos Abraham sal “hoop teen alle hoop” en so geseĂ«nd sal wees soos hy was.

7 Maart

“Ek sĂȘ dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp” (Fil. 4:11).

Beminde, hou jou oĂ« en gedagtes gefokus op die rede vir jou beproewing. Dit is om jou nader aan die Here te bring, ook vir jou om te leer en te groei sodat ander na Jesus getrek word deur wat hulle in jou sien. Wat ‘n pragtige prentjie kan ons in ons gedagtes verf wanneer ons dink aan die tevredenheid van Paulus terwyl hy in die tronk gesit het en die vers geskryf het. O Beminde, wat ‘n man om sulke inspirerende woorde neer te skryf.  Hoe geseĂ«nd was sy lewe, wat selfs nou voortgaan om vir so baie bediening te gee. 

Hoe is dit moontlik om so tervrede soos Paulus te wees gedurende hierdie moeilike tye wat ek en jy nou ervaar? Deur in Hom te wees, weggesteek in Hom—naderend, soekend, blywend in Jesus Christus. Ware tevredenheid sal net in die middel van beproewings, lyding en agtervolgings bewerk word. Dit is die plek waar ons leer om onsself in Hom weg te steek en tevrede te wees.


🎈7 Maart

“Ek sĂȘ dit nie omdat ek te min het nie. Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het.” (Fil. 4:11).

Geliefde kind, hou jou oë en gedagtes gefokus op die rede vir jou beproewing. Jou Vader het hierdie pad gekies sodat jy kan leer en groei sodat jy tevrede is in watter omstandighede jy ook al is. Stel jou voor, Paulus het dit geskryf terwyl hy in die tronk gesit het. O Geliefde kind, stel jou voor hoe jy soveel kon bemoedig en bedien as gevolg van leertevredenheid wat deur jou moeilikhede reis wat op Hom leun.

Geliefde kind, ware tevredenheid sal slegs ontdek word deur moeilikhede, lyding en vervolging te gaan. Dit is die plek waar ons leer hoe om onsself in Hom weg te steek en volkome tevrede te wees.

8 Maart

“Asa het die Here sy God aangeroep en gesĂȘ: ‘Here, net U kan die swakke teen ‘n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen diĂ© menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ‘n mĂ©ns teen U seĂ«vier nie’” (2 Kron. 14:11).

Prakties gesproke, op ‘n sekere punt in jou worsteling om die teenspoed in jou lewe te oorkom of die irritasie wat jou vandag pla, sal jy besef, dat daar niemand behalwe die Here is wat jou kan help nie.

Jy mag aanmoediging van ‘n broer of suster in Christus ontvang.  Jy mag ‘n poging aanwend om ondersteuning vir jou benarde situasie te kry. Maar wanneer alles gesĂȘ en gedoen is, kan net die Here jou ooit help. Hy alleen kan jou die regte pad wys om te neem. Hy alleen kan die omstandighede verander wat hopeloos lyk. Hy alleen kan die harte verander van diĂ© wat ons verwerp het.

Baie leer nooit hierdie belangrike beginsel wat in hulle lewens toegepas moet word nie. Leer en oordink dit asseblief hierdie week. Want tot dan sal jy wag.


🎈8 Maart

“En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesĂȘ: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie” (2 Kron. 14:11).

Geliefde kind, op 'n stadium in jou reis om jou vyande te oorwin, sal jy besef dat daar regtig niemand behalwe die Here is wat jou kan help nie.

Geliefde kind, jy mag dalk bemoediging van familie of vriende kry, maar wanneer dit alles gesĂȘ en gedoen is, is net die Here in staat om die gevegte te wen en Hy het dit opgestel sodat Hy namens jou kan veg.

Geliefde kind, staan ​​en sien hoe Hy veg en wen, dan kan jy, terwyl jy dit aanskou, vir almal vertel sodat hulle Hom ook kan omhels!

9 Maart

“Hierop het die koning vir Arauna gesĂȘ: ‘Nee, ek koop dit beslis van jou teen die volle prys. Ek bring nie aan die Here my God offerandes wat my niks kos nie.’ Dawid het toe die dorsvloer en die beeste vir sowat ses honderd gram silwer gekoop” (2 Sam. 24:24).

Prakties gesproke, is God nie geĂŻnteresseerd in, of beĂŻndruk met geskenke of tekens van ons toegeneentheid wat ons niks kos nie. Watter een van julle sal bly wees as jou man opdaag met ‘n geskenk wat hy sommer oppad huis toe gevind het? Maar, hoe meer daaroor gedink was, hoe meer tyd dit geneem het om te maak of hoe meer beproewings hulle oorkom het, finansieĂ«l of fisies, sodat hulle vir jou ‘n geskenk kon aanbied wat hulle baie gekos het, of miskien alles—dit sal jou hart seĂ«n en opgewonde maak. 

Deur Bybelse beginsels te volg, sal jy daagliks “die hoogste prys betaal” in die gesig staar, aangesien die meeste jou ‘n sterf aan self sal kos---draai die ander wang, loop ‘n tweede myl, nie kwaad met kwaad te vergeld nie. Gee vandag aan jou Here en weier om vir Hom enigiets te gee wat jou niks kos nie. Kyk dan terwyl alles vir jou bygevoeg word!


🎈9 Maart

“'Nee, Arauna,” sĂȘ Dawid,“ ek gaan jou definitief die volle prys betaal. Ek kan nie vir die Here my God offer sonder dat dit my iets gekos het nie.” Dawid het toe die dorsvloer en die beeste vir 50 silwerstukke by hom gekoop” (2 Sam. 24:24).

Geliefde kind, jou Vader stel nie belang in of beïndruk met geskenke of simbole van ons liefde wat ons niks kos nie. Hoe groter die koste, die moeilikhede, die beproewinge wat jy oorkom, jy aan jou Vader bied, hoe groter is die seëninge en opwinding van Sy hart en joune.

Geliefde kind, deur God se beginsels te volg, sal jy elke dag te staan ​​kom om "'n hoĂ« prys te betaal", aangesien die meeste beproewings beteken om aan jouself te sterf - om die ander wang te draai, 'n tweede myl te loop, nie kwaad vir kwaad terug te gee nie. Gee die grootste geskenk aan jou Vader deur te weier om vir Hom iets te gee wat jou niks kos nie. Kyk dan hoe alles by jou gevoeg word!

10 Maart

“Maar Hy sĂȘ vir Samuel: ‘Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike’” (1 Sam. 16:7).

Baie van ons het nooit toegelaat dat hierdie ongelooflik belangrike, fundamentele beginsel ‘n houvas op ons kry nie, veral waar dit tel, in ons verhouding met die Here.  Ons konsentreer en fokus en is meer bekommerd oor wat gesien kan word: die uiterlike Christen. Dit is ‘n lokval.  Dit maak dat ons konsentreer op wat ander sal sien. Dit is werke, wat dood is. Binne is bose gedagtes, wat gewoonlik rondom self draai—self-bejammering of selfbeeld, selfsugtigheid, jaloesie, afguns. Dit is die vuilheid aan die binnekant van die beker wat God sien.  

Maar, as ons eerder ons oë op hierdie hart kondisies draai, onsself heeltemal aanvaarbaar vir God maak, dan sorg Hy vir die buitekant, deur toe te laat dat hierdie nuwe hart vloei sodat ander Christus in ons sien, die hoop van glorie. Beminde, die Here soek jou hart.


🎈10 Maart

“Maar die HERE sĂȘ vir Samuel: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggaamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die HERE neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die HERE kyk na die binnekant” (1 Sam. 16:7).

Geliefde kind, byna almal kyk na en is meer bekommerd oor wat gesien kan word: die uiterlike Christen, maar dit is 'n strik. Dit laat jou konsentreer op wat ander kan sien en lei tot werke, terwyl vuilheid binne-in jou beker, jou hart, wat God in jou sien, bly.

Geliefde kind, as jy omdraai om in die aangesig van God, jou Vader, jou hartstoestand te kyk, sal jou fokus verander. Geliefde kind, die Here kyk na jou hart.

11 Maart 

“Maar die HERE sĂȘ vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoĂ« gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mĂ©ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oĂ« is, maar die HERE sien die hart aan” (1 Sam. 16:7).

Vir ons om regtig soos Christus te wees, moet ons die oĂ« van die Vader hĂȘ, veral wanneer ons na ons afvallige geliefdes kyk. DiĂ© wat na hulle kyk as “die verlore,” of sondaar, sal hulle nie in hoop aantrek nie en daarom, sal God nie verheerlik word nie. Ons moet eerder na elke persoon  wat ons ken kyk soos wat hy of sy sal wees.

In hierdie paragraaf, het hulle die toekomstige koning gesoek. Die vader het al sy seuns gebring, behalwe vir Dawid. Hulle het sy kleiner gestalte, sy uiterlike voorkoms, gesien en hulle afleidings gemaak gebaseer op sig. Maar ons weet ons moet deur geloof lewe, nie deur sig nie. Die engel het vir Gideon gegroet, wat weggekruip het, met, “Die Here is by jou, dapper man.”

Ander het ‘n herderseun gesien, maar God het ‘n koning in Dawid gesien. As jy vir iemand bid om na die Here toe te kom of terug na die Here toe, dan moet jou oĂ«, in geloof, na die hart kyk wat gou Syne sal wees.


🎈11 Maart

“Maar die Here sĂȘ vir Samuel: “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie. Ek wil hom nie hĂȘ nie. Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart.’” (1 Sam. 16:7).

Geliefde kind, vir jou om jou Vader te beĂŻndruk, moet jy die oĂ« van jou Vader hĂȘ, veral as jy kyk na die mense wat tekort skiet om te doen wat reg is. Wanneer jy ander as 'n "verlore kind" of sondaar sien, kort jy die liefde wat hulle na hul Vader en Verlosser sal trek.

Geliefde kind, in hierdie verhaal het die nasie na hul toekomstige koning gesoek. Die vader het al sy seuns gebring, behalwe Dawid. Almal het gesien hy is die kleinste en het die volgende koning gekies op grond van sig.

Geliefde kind, die engel het Gideon, wat weggekruip het, gegroet en gesĂȘ: “O groot en magtige vegter.” En toe ander 'n herderseun sien, het God 'n koning in Dawid gesien. Kyk na ander met die oĂ« van jou Vader en kyk hoe God die "vreeslikes" na God se krygers en herders in konings verander.

12 Maart

“Na die sewende keer het hy kom sĂȘ: ‘ ‘n Wolkie so groot soos ‘n man se hand kom uit die see uit op.’ Elija sĂȘ toe. ‘Gaan sĂȘ gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reĂ«n jou vaskeer’” (1 Konings 18:44).

Hierdie beginsel, wanneer dit uitgespeel word, misluk nooit om te onderskei tussen dié wat oorwinning sal behaal en dié wat nie sal nie.

Die verwagtende gelowiges bid en kyk getrou vir ‘n teken. Onverset nadat dit ses keer gelyk  het asof daar niks was nie, gaan hulle voort om te kyk totdat hulle “iets” sien. En as gevolg van hierdie verwagting, is hulle verheug en bring glorie aan God soos wat hulle bars van opgewondenheid oor die kleinste seĂ«ning.

Dan word hulle lug vinnig grys en ontstuimig. Maar hulle weet en onthou dat hulle vir reĂ«n gebid het, daarom is hulle nie bang vir die storm nie, anders as die meeste mense wat die storm sien as nog ‘n beproewing aangesien hulle gefaal het om te bid en gefaal het om hulle oor die kleinste “wolkie” te verheug.

Wees bly en dans voor die storms wat jou seëning bring, my Beminde.


🎈12 Maart

“Toe hy die sewende keer weer gaan kyk, het hy iets gesien. “Meneer,” het hy gesĂȘ, “ek sien ’n wolkie so groot soos ’n man se hand. Dit kom van die see se kant af.” Elia het vir hom gesĂȘ: “Gaan sĂȘ gou vir die koning hy moet vinnig huis toe ry anders gaan hy natreĂ«n” (1 Konings 18:44).

Geliefde kind, hierdie waarheid faal nooit om te bepaal wie hul stryd sal wen en wie sal misluk nie. Ware gelowiges sal aanhou glo totdat hulle “iets” sien. Ware gelowiges sal aanhou om in die water te duik of om die mure te loop totdat hulle “iets” sien.

Geliefde kind, sodra God antwoord, moenie die storm vrees as jy vir reën gebid het nie. Vier en dans binne die storms wat jou seën bring, my Geliefde kind.

13 Maart

“Hy het egter self ‘n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesĂȘ: ‘Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie’” (1 Konings 19:4).

Beminde, die vyand, sodra hy verslaan en beskaamd in die geveg is, sal sonder twyfel kom en die vreugde van die oorwinning steel.  Elia het vreesloos gestaan en op God vertrou om Sy mag te wys. God het Elia nie gefaal nie maar het instede magtige wonders verrig. Tog, in plaas daarvan om bly te wees, fees te vier en voor die Here te dans, is die magtige Elia wat ons hier sien depressief en vra God om sy lewe te neem.

Beminde, moenie toelaat dat die vyand jou oorwinnings partytjie van jou steel nie, om jou  woorde van lof te steel, om die bemoedigende getuienis te steel wat bedoel was vir dié wat herstel soek. Kom ons hou vas aan die seëninge, wonderwerke, getuienisse wat ons sin is en spring van vreugde oor die oorwinning wat ons Redder vir ons gebring het!


🎈13 Maart

“Hy self het die woestyn ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf. “Ek het nou genoeg gehad, HERE,” het hy gesĂȘ. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie'” (1 Konings 19:4).

Geliefde kind, na die stryd gewen is, kan moegheid jou denke vertroebel met allerhande gedagtes wat jy eenvoudig aan Hom moet gee terwyl jy in Sy arms rus.

Geliefde kind, vergeet tog dat die vyand wil steel, doodmaak en vernietig. Maak jou dood, steel jou feespartytjie en vernietig die woorde van jou getuienis, wat ontwerp is om ander aan te moedig, veral jou geliefdes. Gee jou moegheid en negatiewe gedagtes aan Hom terwyl jy rus en droom, en onthou alles waardeur Hy jou gebring het!

14 Maart

“Samuel het toe ‘n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Eben-Haeser genoem, ‘want,’ het hy gesĂȘ, ‘tot nou toe het die Here ons gehelp’” (1 Sam. 7:12). 

Beminde, om vorentoe te beweeg, onbevrees en onwrikbaar, moet jy eers God se getrouheid in jou verlede erken. Het Hy jou nie getrou gehelp elke tree van die pad nie? Dit is om bly te wees oor die oorwinnings van die verlede en dit te oordink, wat ons vorentoe sal neem, onverset deur watookal mag voorlĂȘ.

Beminde, watookal voorlĂȘ, weet dit: Hy is alreeds daar en het ‘n weg gemaak vir jou om daardeur te gaan. Nie ‘n weg om daarom te gaan nie, maar ‘n weg om deur die middel daarvan te gaan. Want dit is om deur die vuur te gaan sodat dit wat ons gebonde gehou het, verbrand sal word en ons daardeur vry gemaak word. Dit is in die vinnige riviere wat die laste wat ons verkies om te dra, weggesleur sal word saam met die gety. Hy het ons gehelp.


🎈14 Maart

“Samuel neem toe ’n groot klip en sit dit regop tussen Mispa en Sen. Hy noem dit toe Eben-Haeser, want het hy gesĂȘ: “Tot hiertoe het die HERE ons gehelp'” (1 Sam. 7:12). 

Geliefde kind, vir jou om voort te gaan, onbevrees, moet jy God se getrouheid in jou verlede erken. Onthou elke keer dat Hy jou getrou elke tree van die pad gehelp het. Om elke seĂ«ning wat in die verlede gewen is, te vier en te mediteer, en ons vorentoe druk, nie bang vir wat voor kan lĂȘ nie.

Geliefde kind, wat ook al voorlĂȘ, weet dit: Hy is reeds daar en het vir jou 'n manier gemaak om daardeur te kom. Nie 'n manier om om dit te kom nie, maar 'n manier om deur die middel daarvan te gaan. Onthou om deur die vuur te gaan, is wat die toue sal afbrand wat jou aan jou probleme vasgebind hou.

15 Maart 

“Het hy by daardie akker gaan stelling inneem en dit beskerm. Hy het die Filistyne verslaan, en die Here het groot uitkoms gegee” (2 Sam. 23:12).

O, Beminde om die volslae vreugde van oorwinning na afloop van ‘n harde stryd te ken en te ervaar, is so soet en sal by jou bly al jou dae. In die middel van die stryd wat swaar teen jou woed, moet nooit vergeet, nooit sig verloor van die oorwinning wat vorentoe lĂȘ nie. Want in tye wat dit lyk asof jy verslaan gaan word, of wanneer onverwagse aanvalle nader kom en jou wond, is dit die tye wat jou gedagtes sal probeer om te redekawel en vir jou sĂȘ om terug te draai. Nooit. Moet nooit omdraai en hunker vir kalmte weg van die stryd nie;  moet nooit hunker om terug te keer na die dae van slawerny nie. Maak nie saak wat voorlĂȘ vir diĂ© wat vorentoe beweeg nie, maak nie saak wat hulle probeer keer nie, diĂ© wat volhou, slegs hulle, sal die uitbundige vreugde ervaar om ‘n geestelike oorlogsheld te wees—vir ewig veranderd.


🎈15 Maart

“Het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het” (2 Sam. 23:12).

O, geliefde kind, om na 'n moeilike stryd die volslae vreugde van oorwinning te ken en te ervaar, is so soet en sal jou lewe lank by jou bly. In die middel van die stryd sal jy nooit vergeet nie, so die volgende keer wat iets moeiliks tref, sal jy dadelik onthou waardeur Hy jou gebring het.

Geliefde kind, moet nooit toelaat dat 'n vorige nederlaag, of 'n onverwagte aanval jou laat terugdraai nie. Nooit nie. Moet nooit omdraai en smag na kalmte van die stryd nie; verlang nooit om terug te keer na die dae van slawerny nie. Maak nie saak wat voorlĂȘ nie, maak nie saak wat jou probeer keer nie, volhard, vertrou Hom. Jy is bestem om 'n geestelike oorlogsheld te word—vir ewig verander—om ander wat kyk, aan te moedig.

16 Maart

“As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer” (Matt. 5:41).

O Beminde, daar is een beginsel wat so dikwels gemis word—om eenvoudig nie net te doen wat gevra word nie maar om meer te doen as wat gevra is. Natuurlik, baie—te veel—weier om die eerste kilometer te loop of weier om hulle “hemp” te laat gaan omdat hulle faal om te sien Wie regtig die vrawerk doen. Hulle sien ‘n vyand, of iemand wat dit nie verdien nie; daarom, weier hulle wanneer dit die Here is wat die vrawerk gedoen het sodat hulle geseĂ«n kan word.

Tog, weer, sodra gevra word vir een kilometer, moet ons twee loop. Sodra die hemp geneem is, moet die baadjie ook gegee word. Sonder hierdie ekstra poging, is daar geen wonderwerk nie maar word daar gewonder “hoekom” die wonderwerk nog nie gemanifesteer het nie.


🎈16 Maart

“En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam"  (Matt. 5:41).

O Geliefde kind, dit is een beginsel wat so dikwels gemis word – om eenvoudig meer te doen as wat gevra word. Selfs diegene wat beweer dat hulle volgelinge is, weier om die eerste myl te gaan en weier om hul "hemp" te laat gaan omdat hulle nie sien Wie regtig die vrag doen nie. Hulle glo dis die vyand wat steel of iemand wat onverdiend vra; daarom weier hulle wanneer dit hulle Vader is wat hierdie geleentheid gereĂ«l het sodat hulle geseĂ«n kan word.

Geliefde kind, is jy bereid om geseën te word deur afgesonder te wees om die ekstra myl te loop en meer te gee as wat gevra word?

17 Maart

“Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg” (Openbaring 3:16).

Beminde, hierdie “lou” is ‘n prentjie van meeste van ons wat herstel nastreef. Dit is hoekom die persentasie van herstel nie een honderd persent is nie. Weer, soos in gister se toewyding, is dit diĂ© wat net een kilometer gaan en net een hemp gee.

Jy het nie baklei nie, nie gevloek nie, nie gesondig nie—jy is nie koud vir die dinge van God nie. Nietemin, jy misluk om warm te wees— alle ander te versaak en net Hom te wil hĂȘ.

Beminde, vir die herstel van jou lewe moet jy weet dit word alleenlik in intimiteit met Hom gevind. Soek Hom vandag om te vind wat jou werklik sal seën en vir jou die vreugde sal bring wat jy hunker om te vind.


🎈17 Maart

“Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg” (Openbaring 3:16).

Geliefde kind, 'n bietjie warm en 'n bietjie koud skep 'n gemaklike omgewing. So tevrede en afsydig dat niks gedoen word nie, niks bereik word nie.

Geliefde kind, jou gemaklike lewe sal jou nooit motiveer om afgesonder te wees en die wĂȘreld om jou te wys wat die lewe as Sy kind vir hulle sal beteken nie. Daarom sal jou liefdevolle Vader seisoenaal seker maak dit is te warm vir jou om te hanteer of te koud sodat jy nader aan Hom beweeg. Dit is alles deel van Sy perfekte plan vir jou lewe.

18 Maart

“Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons . . .” (Dan. 3:17-18).

Beminde, is jy resoluut, onwrikbaar, vasbeslote in spraak en doel:  die beginsel van “watookal dit verg” is waar meeste wat herstel nastreef, tekort skiet. So dikwels word ek vertel dat as dit of dat gebeur, die “gelowige” sal opgee.

Nietemin, diĂ© wat bepaal “watookal dit verg,” sĂȘ, “Ek gaan nie hierdie belofte van God laat gaan nie; ek sal nie dit wat Hy beplan om in my lewe te doen, in gedrang bring nie.” Doen wat jy wil aan my in die vurige oond. Watookal dit verg om my geliefde na jou toe te bring, doen dit Here.”

Nou, Beminde, wanneer die vure kom, weet jy dit is deel van wat dit verg en nou is jy gereed!


🎈18 Maart

“Die God wat ons aanbid, kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u mag bevry, U Majesteit. En selfs al red Hy ons nie, U Majesteit, sal ons . . .” (Dan. 3:17-18).

Geliefde kind, is jy onbeweeglik en vasbeslote om te doen "wat ook al nodig is" om alles te word wat jou Vader vir jou beplan het?

Geliefde kind, wees vasberade, “Ek laat nie God se belofte los nie. Ek sal nie dit in die gedrang bring wat Hy my geroep het om in my lewe te doen nie. Wat dit ook al verg, Vader, gebruik my om die verlorenes te wys hoe om U te vind.”

Nou, Geliefde kind, wanneer vure kom, sal jy onthou dit is eenvoudig deel van wat dit verg en dat jy meer as gereed is!

19 Maart

“Asa het die Here sy God aangeroep en gesĂȘ: ‘Here, net U kan die swakke teen ‘n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen diĂ© menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ‘n mĂ©ns teen U seĂ«vier nie’” (2 Kron. 14:11).

Beminde, die een beginsel wat geleer moet word, oordink moet word en toegepas moet word is waar jou hulp en hoop vandaan gaan kom. In hierdie vyandelike aanval teen jou verhouding, is daar net Een Oorwinnaar. Wanneer ons probeer om ons geliefdes tevrede te stel, wie weg is, wanneer ons hoop, bid, of “iemand” oorreed, — “enigiemand”—om met ons afvallige geliefde te praat, het ons onsself opgestel vir mislukking. Wanneer ons glo dat ‘n prokureur of ons pastoor of ‘n berader ons antwoord is, misluk ons. Nie totdat ons verstaan en weet dat daar niemand behalwe ons Here en Redder is nie, sal ons nie die oorwinning sien nie.


🎈19 Maart

“En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesĂȘ: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie” (2 Kron. 14:11).

Geliefde kind, die een beginsel wat aangeleer, mediteer en toegepas moet word, is waar jou hulp en hoop vandaan moet kom om te wen. Wie se geveg dit is, nie ons s'n nie, maar Syne.

Geliefde kind, wanneer jy probeer om dit te laat gebeur, veg jy self, jy het jou sopas voorberei vir mislukking en nederlaag. Nie totdat ons verstaan ​​en weet dat daar niemand behalwe ons Verlosser is wat ons verseker dat ons voorspoedig sal wees in alles wat ons doen nie.

20 Maart

“Maria het alles wat gesĂȘ is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink” (Lukas 2:19).

Beminde, die beginsel van los lippe is ‘n put van verwoesting. Baie word aan ons geskryf oor die gevare van wat ons sĂȘ omdat dit so ‘n belangrike beginsel is en omdat dit die grootste probleme teweeg bring as daar gefaal word om die beginsel toe te pas.

Tog, Beminde, dit is nie net wat ons sĂȘ of nie sĂȘ, vir diĂ© wat ons verlaat het nie. Dit is wat ons aan enigiemand en almal sĂȘ. Wanneer jy jou situasie deel, het meeste mense hul opinies. Dit is die dag vir opinies. En ieder en elkeen van hierdie “opinies” sal jou pootjie in die wedloop—elke een! Dit is hoekom alles wat ons dink en voel in ons harte nagedink moet word—en nie bekend gemaak moet word nie—maar in ons harte nagedink moet word, slegs vir die Here om te sien.

Beminde, dink na en stel uit; laat hierdie dinge diep insink na waar hulle jou hart sal verander en dit teer maak.


🎈20 Maart

“Maar Maria het alles onthou en baie maal daaroor gedink” (Lukas 2:19).

Geliefde kind, dit wat jy die meeste waardeer, sal jy na aan jou hart hou—om jou skatte uit te druk en daaroor te praat net met die naaste aan jou wat jy vertrou, en nooit waag dat iets van waarde gebreek of gesteel word nie.

Geliefde kind, dink na en stel uit om jou hoop met enigiemand behalwe jou Vader of jou Broer te deel. Laat elke belofte eerder diep insink—bewaar elkeen in jou hart, transformeer jou lewe, terwyl jy jou hart nog sagter maak.

21 Maart

“As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie 
! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here” (Ps. 27:13-14).

Beminde, so baie wat glo val weg. Hulle sien met hulle oë en nie met hulle harte nie. Waarlik as ek nie geglo het in die goedheid van die Here nie, sou ek nie kon gewag het nie.

Ons wag nie net vir wat Hy vir ons het nie, maar ons wag ook vir beproewings om verby te gaan. O, op hoeveel maniere word ons beproef en getoets. Dit is wanneer meeste wegval. Hulle glo die versoeker wat sĂȘ dat hulle vir ewig daarin moet bly tensy hulle opgee. Maar ons het Sy belofte dat ons bloot deur die donker vallei, diep waters gaan.

Beminde, as ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie. Vertrou op die Here—wees sterk en hou goeie moed. Ja, vertrou op die Here.


🎈21 Maart

“o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie... Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here” (Ps. 27:13-14).

Geliefde kind, so baie wat eens geglo het, val weg wanneer hulle dit wat hulle met hul oë sien en nie met hul harte nie. Waarlik, as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sou sien nie, en nooit enige tekens sou sien nie, kon en sou ek nie gewag het nie.

Geliefde kind, ons sal wanhoop tensy ons God glo. As ons nie alles onthou wat Hy in die verlede gedoen het nie, as ons kyk na ons sinkende omstandighede met die fokus op die golwe en wind. Roep Hom aan en vra jou Vader om vir jou die groot en magtige dinge wat Hy sien kom te wys.

22 Maart 

“Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmîre lag ek al weer” (Ps. 30:6).

O Beminde, om die woede van die Here te voel terwyl Hy ons as seuns dissipplineer! Maar God, ons genadige Vader; begeer om ons te verander en ons groot te maak, so Hy laat die kastyding toe om die sondige gedagtes en aksies van ons sondige natuur te verwyder. Maar Beminde, Sy belofte aan ons is dat hierdie woede van sy toorn net “vir ‘n oomblik” sal duur. Ek weet dit lyk asof dit te lank sal aanhou, dat as dit nie tot ‘n einde kom nie, jy dit nie sal maak nie; maar ons Vader in die hemel weet... Hy weet. Hou aan Hom vas. Bly naby aan Hom en laat Hom toe om jou gedurende hierdie tyd te troos. Laat toe dat dit jou patroon vir alle teenspoed is; hardloop na Hom toe en kruip weg in Hom. Dit sal net vir “‘n oomblik” duur.


🎈22 Maart

“Want Hy bly nie lank kwaad nie, Hy is vriendelik so lank soos 'n mens lewe. Ek huil die hele nag, maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer” (Ps. 30:6).

O Geliefde kind, om die woede van die Here te voel terwyl Hy jou as kind dissiplineer! Gelukkig is jou barmhartige Vader se enigste begeerte om jou te help groei.

Geliefde kind, Sy belofte aan Sy kinders is Sy dissipline is net "vir 'n oomblik." Dit voel asof dit te lank aanhou, en as dit nie eindig nie, sal jy dit nie maak nie – maar jou Vader in die hemel weet
 Hy weet.

O Geliefde kind, kom nader aan Hom en laat Hom toe om jou te troos gedurende hierdie tyd. Laat dit jou patroon vir alle moeilikhede wees; hardloop na Hom en kruip in Hom weg. Hy belowe dat elke moeilikheid net "'n oomblik" sal duur.

23 Maart 

“Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde” (Ps. 30:6).

Beminde, o, die guns van ons God!! Om in Sy guns te loop oortref al jou drome—om dit uiteindelik deur Sy toorn te maak en Sy guns binne te gaan. En Beminde, dit is nie net ‘n  eenmalige gebeurtenis wanneer jou belofte tot stand kom nie—dit is wanneer jy vir die verlossing van jou geliefdes wag; dit is om vir Hom te wag om in jou finansiĂ«le behoeftes te voorsien en die genesing van al jou siektes. Beminde, dit is al die klein oomblikke wat bymekaar tel tot ‘n leeftyd van guns.

Beminde, toetse en beproewings sal saam met ons wees gedurende ons lewens hier op aarde, maar Sy goedheid lewenslank. En vir ewig. “Hy sal al die trane van hulle oĂ« afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeĂ«r het verbygegaan.”


🎈23 Maart

“As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmîre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur” (Ps. 30:6).

Geliefde kind, o, die guns van ons Vader!! Om in Sy guns te wandel gaan al jou drome te bowe – om dit uiteindelik deur Sy woede en in Sy guns te gemaak het.

Geliefde kind, dit is al die klein oomblikke, die valleie, wat bydra tot 'n leeftyd van guns.

Geliefde kind, toetse en beproewings is deel van almal se lewe. Die verskil is Wie jy vertrou en hoe Sy kind bestem is vir Sy guns wat 'n leeftyd hou. God sĂȘ: "Hy sal elke traan van hulle oĂ« afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”

24 Maart

“Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmîre lag ek al weer” (Ps. 30:6).

O Beminde, die trane wat jy gestort het as gevolg van die pyn van ‘n gebroke hart, hulle is nie vergeefs nie. God het jou geroep om hulp gehoor. Hy is saam met jou selfs wanneer jy huil.

Ons Here weet dat die trane jou hart en siel reinig van die dinge wat hulle verhard het. O, Hy wil hĂȘ jy moet net soos Hy, Jesus, wees. En dit was deur die dinge wat Hy gely het dat Hy gehoorsaamheid aan Sy Vader geleer het.

Laat toe dat daardie trane jou reinig.  Moenie toelaat dat hulle water gee aan jou bitterheid oor die situasie nie. Moenie toelaat dat hulle deur die versoeker gebruik word nie, want hy sal vir jou vertel dat God nie hoor of omgee nie. Laat hulle toe om jou te reinig en te was van al die hardheid teenoor die swakhede van ander. Net dan sal jy in staat wees om ander te sien met die oë van Jesus, met Sy deernis vir die verlorenes en die sondaars.


🎈24 Maart

“Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmîre lag ek al weer” (Ps. 30:6).

O Geliefde kind, onthou jou Vader het jou hulpgeroep gehoor. Hy is by jou al huil jy met die wete dat jou trane jou hart reinig van die dinge wat dit verhard het. Jou Vader wil hĂȘ jy moet soos Hy wees, en dit was deur die dinge wat jou Verlosser gely het dat Hy gehoorsaamheid aan Sy Vader geleer het.

O Geliefde kind, laat toe dat jou trane jou reinig en nie bitterheid oor jou situasie skep nie. Moenie jou trane vir iemand gee nie, laat Hom elke traan in Sy bottel optel sodat jy almal gou sal sien met die oë van jou Verlosser, met Sy deernis vir die verlorenes en vir elke persoon wat tekortskiet.

25 Maart

“Want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smîrens is daar gejuig” (Ps. 30:6).

O Beminde, antisipeer daardie uitroep van vreugde wanneer die nuwe dag aanbreek in jou situasie. O, laat gaan en loof Hom. Moenie wag totdat jou belofte opdaag nie. Wees bly en skreeu, soos die nuwe dag aanbreek, omdat die swaarmoedigheid wat jy die vorige nag gevoel het, gelig is, dat daar ‘n nuwe dag is. Wees bly en loof Hom die heeldag. Laat gaan die gedagte van die aand en skreeu met vreugde dat dit verby is.

En Beminde, die swakheid en moegheid wat jy ervaar is daar om jou aan te moedig om gedurende jou dag op Hom te leun. Leun op Hom en voel hoe Sy krag jou regop hou. Gebruik van Sy krag om vandag in oorwinning en vreugde te loop. Wees ‘n aanbevelingsbrief vir almal met wie jy in kontak kom vandag. Laat hulle die vreugde van die Here sien en Sy goedheid en guns ervaar.


🎈25 Maart

“Want Hy bly nie lank kwaad nie, Hy is vriendelik so lank soos 'n mens lewe. Ek huil die hele nag, maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer” (Ps. 30:6).

O Geliefde kind, fokus op wanneer jy sal skree van blydskap die oomblik wat dagbreek in jou situasie aanbreek. Moenie wag totdat jou belofte kom nie. Vier en skree, soos elke nuwe dag aanbreek, dat die swaarmoedigheid wat jy die vorige aand gevoel het opgehef het, vier jou nuwe dag.

Geliefde kind, geniet die swakheid en moegheid wat jy ervaar, want dit is ontwerp om jou aan te moedig om deur jou dag op Hom te steun. Leun op Hom en voel hoe Sy krag jou ophou. Wees 'n oop boek en laat diegene wat jou vreugde sien leer hoe hulle ook Sy goedheid en guns kan ervaar.

6 Maart

“Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring” (Jes. 60:1).

Beminde, laat jou lig vanoggend skyn voor God en mens.  Laat die geestesmens uit wat glo alhoewel hy nie sien nie, want hy weet in Wie sy vertroue is! Laat ander—en die wĂȘreld—Sy glorie op jou sien, want dit is Hy wat verheerlik behoort te word.

Hoekom moet jy moedeloos wees? Hy het jou nie verlaat of versaak nie. Dit is Hy en Hy alleen wie die rede is hoekom ons beweeg en bestaan. “Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring”! 


🎈26 Maart

“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die HERE se heerlikheid skyn op jou” (Jes. 60:1).

Geliefde kind, laat vanoggend jou lig voor God en op almal rondom jou skyn – reflekteer Sy liefde en skyn in die donker hoeke waar die vreesagtiges skuil.

Geliefde kind, selfs in die donkerste nagte, soos die maan kan jy vol lig wees. "Staan op, skyn! Vir jou lig, skyn die heerlikheid van die HERE oor jou!"

27 Maart 

“Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn Sy magtige teenwoordigheid” (Jes. 60:2).

Beminde, duisternis van sonde omring ons, hang oor ons einste siele. Mense rondom jou is in diep duisternis as gevolg van die boosaardigheid van die mensdom, almal wie hulle harte van God weggedraai het. Maar diep binne—soos wat jy God ywerig soek, soos wat jy Sy Woord oordink, soos wat jy daagliks in Sy teenwoordigheid sit, op Hom leun, na Sy naam toe hardloop want dis ‘n sterk toring—daar, daar sal jy Sy glorie sien. En daardie glorie sal dan op jou verskyn.

Moses, wat tyd saam die Almagtige God spandeer het, het van die berg afgekom en sy gesig het gestraal, hy het soveel lig uitgestraal dat hy sy gesig moes toemaak met ‘n doek.

O Beminde, laat die lig van jou liefde vir die Here uit jou gesig straal.  Laat Sy glorie oor jou styg en oor jou verskyn vir almal om te sien!


🎈27 Maart

“Duisternis kom oor die aarde, donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die HERE lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid” (Jes. 60:2).

Geliefde kind, donkerte omring die mense rondom jou. Maar terwyl jy peins oor Sy Woord, Sy beloftes, terwyl jy daagliks in Sy teenwoordigheid sit, leun op Hom, hardloop na Sy sterk toring. Dit is daar, daar sal jy Sy prag sien wat oor jou en jou lewe skyn.

Geliefde kind, onthou Moses wat tyd saam met die almagtige God deurgebring het en van die berg afgekom het toe sy gesig so gegloei het dat hy sy gesig moes bedek. O Geliefde kind, laat die lig van jou liefde vir die Here uit jou aangesig straal sodat almal dit kan sien!

28 Maart 

“Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het” (Jes. 60:3). 

Beminde, is daar lig in jou oĂ«? Verskyn dit op jou gesig? Sal die nasies kom om die lig en die helderheid te sien en van jou nuwe dag te getuig? Moet nooit vergeet dat hierdie toets, beproewing en verdrukking daar is om iets in jou te skep nie—Sy glorie. Dit is jou geleentheid om tyd saam met Hom te spandeer, by Sy voete, by Sy troon! O wat ‘n wonderlike Redder dien ons! Om in die allerheiligste toegelaat te word! Om sy poorte met danksegging binne te gaan en Sy tempel met lof.

Beminde, as jy nie op ‘n plek is waar jy Hom loof, aanbid en verheug is nie, maar eerder moedeloos is en net die herstel van ‘n verhouding soek, dan, Beminde, sal daardie persoon nooit terugkeer nie. Want God is ‘n jaloerse God en Hy sal geen ander gode voor Hom hĂȘ nie.


🎈28 Maart

“Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het” (Jes. 60:3). 

Geliefde kind, is daar lig in jou oĂ«? Verskyn hierdie lig op jou gesig? Sal die nasies van die wĂȘreld Sy skynende lig in jou aanskou?

Geliefde kind, vergeet nooit dat hierdie toetse, beproewinge en probleme iets wonderliks ​​in jou skep—Sy lig. Dit is jou geleentheid om tyd saam met Hom deur te bring. Gaan, op die oomblik, Sy poorte in met danksegging en Sy voorhowe in met lof!

29 Maart

“Kyk rondom jou, kyk, hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe: jou seuns kom van ver af, jou dogters word met liefde gebring” (Jes. 60:4). 

Kosbare Beminde, alhoewel jou oë neergeslaan mag wees en jou gees binne jou pyn, die tyd sal kom wanneer jy jou oë sal oplig en daar sal jy alles sien wat jy verloor het, alles wat jy verbeur het, om Hom te volg!

O Beminde, God het mag om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra! Ek het dit amper daagliks gesien, selfs in die middel van die storm. Ja, jou geestelike oĂ«, die oĂ« van jou hoop, moet leer om te fokus en die seĂ«ning in die middel te sien—reg in die middel—van die storm. Alle oĂ« sien wanneer dinge goed gaan en almal wil daardie soort god dien, maar ons God, Jehova—Hy begeer dat ons soos Sy Seun moet wees, wat op hierdie sondige aarde geloop het vir Sy Vader.   

Leer om te fokus op die gesig van Jesus, kyk vol in Sy wonderlike gesig en die dinge van hierdie wĂȘreld sal eienaardig flou word, in die lig van Sy glorie en genade.


🎈29 Maart

“Kyk ’n bietjie wat besig is om reg rondom jou te gebeur. Jou mense begin bymekaarkom om terug te kom huis toe. Jou seuns kom van ver af terug. Jou dogters word aangedra terug na jou toe” (Jes. 60:4). 

Dierbare Geliefde kind, alles wat jy los om Hom te volg sal binnekort die pad wees wat die verlorenes sal lei om Hom te vind.

O Geliefde kind, God is meer as in staat om uitermate en oorvloedig meer te doen as wat ons ooit kon hoop, vra of ons voorstel! Maak jou oë oop om in die verte, na die storm, Sy Seun, wat op water geloop het, die trane te sien van baie wat, soos jy, veiligheid soek.

30 Maart 

“Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan” (Jes. 60:5).

Beminde, sal jy straal? Sal jou hart verheug wees? Het jy na Hom gekyk? Want net dan sal jou gesig nooit weer dieselfde wees nie. Of kyk jy na die man in jou lewe, hoe jy hom moet behaag, antisipeer jy ‘n ontmoeting met hom, om met hom te praat. Wie is jou eerste liefde?

Beminde, diĂ© wat die geheime plek van die Almagtige vind, diĂ© wat in Sy tente woon, diĂ© wat na Hom kyk en Hom alleenlik —dit is hulle na wie herstel kom. Sodra jou hemelse Vader weet dat Hy en Hy alleenlik is wie jy begeer, dan is alles wat Hy het joune. Dan is jy waarlik een van Sy kinders. Hoe is jou verhouding met jou Skepper, jou Redder, jou Here, jou Beminde?

Vandag, gedurende die dag, leer om Hom te soek. Maak tyd om alleen saam met Hom te wees, want Hy is jou Beminde. Is jy Syne?


🎈30 Maart

“Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit” (Jes. 60:5).

Geliefde kind, sal jy stralend wees? Sal jou hart bly wees? Het jy na Hom gekyk? Eers dan sal jou gesig nooit dieselfde wees nie. Of kyk jy na mense in jou lewe, hoe jy iemand anders as jou Vader kan behaag? Wie is jou eerste liefde?

Geliefde kind, die kind van God wat voorspoedig is, is dieselfde een wat die skuilplek van die Almagtige gevind het, kinders wat in sy tente kamp opslaan. Sodra jou hemelse Vader weet dat Hy alleen is wie jy begeer, dan is al wat Hy het joune. Dan is jy waarlik een van Sy kinders. Neem tyd om alleen met Hom te wees, want Hy is jou Geliefde en jy is Syne!

31 Maart

“Maar diĂ© wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie” (Jes. 40:31).

Beminde, dit is gedurende die wag wat jy versterk word. Moenie jou tyd mors deur te knies, dink en beplan nie. Wanneer jy in ‘n wagkamer wag, sit jy, wetende dat jou naam gou geroep sal word. So sit—sit in die teenwoordigheid van die Here en spandeer die tyd deur in Hom te rus en in Hom te wag. Jou tyd—jou wonderwerk—sal kom; jou naam sal geroep word.

God weet ons het hierdie tyd nodig om gereed te wees om die wonderwerk te hanteer. Alle wonderwerke het werk nodig sodra hulle kom. Dink net aan die wonderwerk van ‘n baba en die behoeftes van daardie wonderwerk.  Joune sal dieselfde wees. So wag en, gedurende die wag, rus. Rus in Hom.


🎈31 Maart

“Maar diĂ© wat hulle hoop op die HERE stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie” (Jes. 40:31).

Geliefde kind, dit is tydens die wag dat jy versterk word. Moenie tyd mors om te bekommer, te dink of te beplan nie. Wanneer jy in 'n wagkamer wag, sit jy, met die wete dat jou naam geroep sal word. Sit dus – sit in die teenwoordigheid van die Here en spandeer die tyd om in Hom te rus en in Hom te wag. Jou tyd—jou wonderwerk—sal kom; jou naam sal genoem word.

Geliefde kind, jou Vader weet jy het hierdie tyd nodig om gereed te wees om jou wonderwerk te hanteer net soos jou ma wie se wonderwerk, jy, haar baba maande nodig gehad het om voor te berei. So wag en, tydens die wag, rus. Rus gelukkig in Hom.