🙌Belofte Woensdag🙌

"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak." P1:1-3

Kosbare liefste bruid onthou dit gaan goed met die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink, wow! Kom ons vind gereeld ons vreugde in die woord van die Here, want dan sal ons voorspoedig wees in alles wat ons aanpak.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Want hiertoe zijt gij geroepen, daar ook Christus voor u geleden heeft en u een voorbeeld heeft nagelaten, opdat gij in zijn voetstappen zoudt treden;” 1 Petrus 2:21 https://www.bible.com/nl/bible/75/1PE.2.21.HTB

    “Want dit is genade, indien iemand, omdat hij met God rekening houdt, leed verdraagt, dat hij ten onrechte lijdt.” 1 Petrus 2:18 https://www.bible.com/nl/bible/75/1PE.2.18.HTB
    ~~~~~~
    “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg.” 1P2:21 https://www.bible.com/af/bible/compare/1PE.2.21

    “Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.” 1P2:19 https://www.bible.com/af/bible/5/1pe.2.19

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui