Dit Sal Nie Werk As Jy Speletjies Speel Nie

"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg." P37:4-5

Met die lees van Hoofstuk 5 in Staar Egskeiding In Die Gesig het ek geleer dat om speletjies te speel nie sal werk nie. Laat ek gou verduidelik deur 'n voorbeeld in my eie lewe te gee:

Jare gelede toe my man my gelos het, was ek so desperaat en ek moet erken ek het gedink dit sal werk om hom jaloers te maak. So toe hy ons seuntjie kom oplaai het, het ek gesorg dat hy die tas (bygesê 'n leë tas) in my kar se kattebak sien en gemaak asof ek vir die naweek weggaan (ja ek het 'n speletjie gespeel). Dit het hom ontstel maar dis al wat dit gedoen het, dit het hom nie teruggebring nie en ek moet erken ek het myself net seer gemaak, want toe hy ry, moes ek met daardie selfde leë tas weer die huis ingaan.

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 5:

Dit sal egter nie werk as jy speletjies speel nie, maar sal die teenoorgestelde effek hê. Baie mense sal vir jou sê om voor te gee dat jy betrokke is by iemand anders of iets simpels soos dit. Speletjies speel is ook bedrieglik, en God sal nie bespot word nie.

So kosbare liefste bruid moenie 'n speletjie speel en dink jy gaan daarmee iets bereik nie. Maak ons kosbare Here jou alles en Hy sal die res doen.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Dit Sal Nie Werk As Jy Speletjies Speel Nie”

  1. Dankie liefste Janine, dankie dat jy dit gedeel het. Hierdie gedeelte het vir my uitgestaan: “Speletjies speel is ook bedrieglik, en God sal nie bespot word nie.” Niks wat ons uit die vlees uit doen kan enigiets vermag of iemand se hart draai nie, slegs ons Geliefde kan dit doen en daarom kan ons net laat gaan en Hom vertrou.

    1. Ja kosbare Adina, ek verstaan nou hoekom was ek vir so lank ongelukkig en ek wil ander kosbare vrouens waarsku om nooit eens te probeer doen wat ek gedoen het nie en bygesê ek is so dankbaar vir ons kosbare Here se genade oor my lewe en dat ek ander uit my foute kan leer en dat die Here my lewe omgekeer het.

    2. Baie dankie vir die gedeelte kosbare Janine!
      Die gedeelte van speletjies speel is ook bedrieglik en God sal Hom nie bespot nie, het vir my ook uitgestaan. ‘n Mens moet eerlikwaar van al jou eie planne en begeertes laat gaan en net na God alleen draai en Sy leiding volg en op Hom alleen vertrou.

      1. Ja kosbare Betty en die beste is Hy is net betroubaar, so ons kan Hom met liefde vertrou om alles vir ons te hanteer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui