Gee, en vir julle sal gegee word:

‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol,

sal hulle in julle hande gee.

Met die maat waarmee julle meet,

sal ook vir julle gemeet word."

—Lukas 6:38

 

Vanoggend, soos wat ek elke oggend doen vandat ek my oorvloedige lewe leef, was ek opgewonde om die nuwe openbaring te ontdek wat die Here my sou wys. So met my Bybel en koffie in die hand, het verwagting deur my gevloei tot op die punt waar ek nie vir Hom kon wag om ‘n nuwe, verborge geheim met my te deel nie, net soos wat dit in Jesaja 48:6 sê Hy gaan doen, “Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor, dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie.” 

Met ‘n hart wat wild klop, het ek my Bybel oopgemaak en vir die Here gevra waar en by watter vers wou Hy gehad het ek moes oopmaak. Hy het my begin lei deur ‘n reeks verse wat nie net vir my is nie, maar vir elkeen van julle wat smag en wil weet wat is die geheim na oorvloed. Nie verbasend nie, is die geheim—gee.

“Verder sê Hy: ‘’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groei as wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange, dit sal teen die skuinstes afvloei. Ek sal my volk Israel uit ballingskap laat terugkom. Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon. Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink. Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.’ Die Here hulle God sê: ‘Ek sal hulle in hulle land hervestig. Ek sal nooit weer toelaat dat iemand hulle wegneem uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.’” (Amos 9:13-15NLV). 

Volgende het die Here my gelei na, “Die HERE het toe vir my gesê: ‘Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat die mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie”’ (Habakuk 2:2-3). So met my rekenaar oop, het ek begin om te dokumenteer, om hierdie waarhede op te teken en in te skryf, wetende dat wat Hy my vertel en in die vooruitsig gestel het, beslis sal kom soos dit gesê word. Toe het ek aangehou lees... 

“Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen —wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie” (Habakuk 1:5).

Nadat ek ‘n paar verse oorgeslaan het, het Hy my die volgende laat lees: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” (Habakuk 3:17-19).

Wat die Here vir jou in hierdie vers sê, dié van julle wat ‘n hart het vir gee, en wat Hy ook vir my gesê het, is dat ons op die drumpel staan van ongelooflike dinge wat in ons lewens gaan gebeur! Soos wat Hy dit daardie oggend gestel het, Hy het gesê, “Julle sal dit nie glo as dit vir julle vertel word nie”! En Hy eindig deur te sê dat selfs al sien ons nou niks nie, deur geloof, moet ons voort gaan om Hom te loof.

So, noudat ek die openbaring neergeskryf het, is dit tyd vir ons om hierdie wonderlike openbaring verder te verken, sodat ons hierdie waarheid ten volle kan begryp om sodoende in ‘n konstante staat van lof te bly!

Dit is so maklik vir my om hierdie beloftes te glo wat die Here vanoggend aan my onthul het, want soos wat ek terugkyk na waar ek ‘n jaar gelede was in vergelyking met my lewe nou, is dit nie so moeilik om die onmoontlikheid daarvan regtig te sien gebeur nie. Byvoorbeeld, voordat ek die oorvloedige lewe gevind het, het ek dit nie baie buite my huis gewaag nie, ek het eerder meestal in my eie kamer gebly waar ek gewerk het en het dit nie eers ondertoe gewaag nie. Ondertoe na ons gesinskamer, of die seuns se slaapkamers en ook waar my man se kantoor eens geleë was. Dit was ‘n jaar gelede.

Vanoggend sal ek ondertoe gaan na my nuwe kantoor toe, terwyl ek begin met die beplanning van my tweede reis deur die wêreld—plekke besoek waaroor ek al gelees het, maar nie eers geweet het waar dit op die kaart was nie—en selfs lande besoek wat ek nie geweet het bestaan nie. Verlede jaar, as die Here vir my vertel het dat dit alles sou gebeur oor ‘n tydperk van net een jaar, “sou ek dit nie geglo het as dit vir my vertel was nie”!

Wat ook al hierdie jaar gaan gebeur, gaan ook lewensveranderend wees; nie net in my lewe nie, maar ook in my kinders se lewens, my bediening se toekoms, elke lewe van die vrouens wat my lewe aanraak, en jou lewe ook (dit is hoekom Hy jou gelei het om hierdie boek te lees). As gevolg hiervan, sal dit wat in jou lewe gaan gebeur ook elke lewe raak wat jou lewe aanraak. Jy sien, dit is die punt: God raak ons lewens aan om ons in staat te stel om ander se lewens aan te raak en veroorsaak daardie rimpel om Sy liefde en Sy waarheid te versprei na ontelbare seergemaakte siele wie Hom desperaat nodig het. Dit, liewe vriendin, is ‘n openbaring wat jy moet aangryp en diep in jou hart wegsteek: God gee aan ons sodat ons aan ander kan gee—dit is die geheim om oorvloedig te leef.

Op dieselfde manier en in dieselfde mate as wat Hy vir ons Sy Seun gegee het, wie nou ons beminde Man is, wat ons so liefgehad het om ons harte te genees, ons skoon en gekoester te laat voel en dat ons niks of niemand nodig het behalwe Hom nie, het ander Hom ook desperaat nodig. So dit beteken ons kan Hom of Sy liefde vir ons nie vir onsself hou nie, maar ons moet die geskenk van Sy Seun gee, Hom met ander deel. Hy wil vir elke vrou wat ons ontmoet, dieselfde Minnaar, Geneses, Voorsiener en Beskermer wees, wat sal gebeur—sodra ons lewens so helder skyn dat almal wat ons ontmoet vra oor die glansende hoop binne ons!   

Dit is hoekom dit belangrik is om voorbereid te wees vir hoe jy sal antwoord wanneer ander vra, soos wat dit sê ons moet doen in 1 Petrus 3:15 Afr 83 Vertaling, “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” Die Boodskap vertaling sê dit op hierdie manier, “As iemand jou uitvra oor die dinge wat God julle beloof het en waarna julle so uitsien, gryp die kans aan. Vertel hulle daarvan. Doen dit mooi, met eerbied vir God.” Jy moet respekteer dat nie almal gereed is om Hom te ken nie, so jou doel is om eenvoudig jou hoop te deel en wat jou verander het, maar maak seker jy wag totdat jy gevra word. Ook, met ‘n hart wat nie probeer om enigiets op enigiemand te forseer nie, veral vroue sal jou glinsterende liefde vir hulle en ander aanskou tot op die punt wat elkeen natuurlik aangetrokke sal wees om te wil ervaar wat jy het, en wat jy besit in Hom.

Liewe vriendin, elke keer wat God geheimenisse aan ons openbaar, soos om aan ons te openbaar dat ons ‘n Man het wie ons so liefhet soos Hy, is dit sodat ons hierdie geheimenisse en waarheid aan ander kan openbaar, deur op so manier te leef dat ons lewens boekdele spreek en dan vir hulle die waarheid te gee wanneer hulle vra. “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan” (2 Korintiërs 3:2). Dit is die korrekte en ware vorm van “getuig”—dis deur ander wat ons lewens aanskou, nie deur ander te konfronteer nie. Ons Man oorlaai ons met seëninge en liefde sodat ons op ons beurt Sy liefde kan uitstraal en ander met Sy seën en Sy liefde oorlaai. Dit is die geheim—gee wat Hy vir ons gegee het.

Seëninge Sal Jou Verbysteek

Om terug te keer na die eerste vers waar die Here vir my gesê het “Verder sê Hy: ‘’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groei as wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange. . .” dit is ook iets wat amper elke dag van my lewe gebeur, en dit sal in joune—as jy die geheim geleer het, wat is om te gee wat Hy vir jou gegee het.

Wat ek verstaan het hierdie vers beteken, is heeltemal anders van wat ek nou verstaan dit beteken. Die woord “vinniger” wanneer jy die wedloop van die lewe hardloop, beteken dat die seëning voor ons by die wenstreep kom. “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuienisse rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie” (Hebreërs 12:1-3).  

Paar jaar gelede, wanneer beproewings my en my lewe getref het, het ek begin glo dat iets goed daaruit sou kom—maar eendag—‘n jaar of ‘n dekade later. Tog, gedurende die afgelope jaar, het ek begin om daardie seëning nie ‘n jaar of ‘n dekade later te soek nie, maar onmiddelik nadat die beproewing verby was. Dit is presies wat toe begin gebeur het. Die dag het aangebreek toe alles wat ek gesaai het vinniger as ek was en sou dikwels opdaag selfs voor die beproewing my lewe getref het. Geld het in my hand of my beursie of my bankrekening verskyn voor ek dit nodig gehad het. Planne vir dit wat ek nodig gehad het om te doen het verskyn voor enigiemand my die vraag gevra het.

Dan, soos ek gesê het, elke keer wanneer God ‘n nuwe waarheid aan my geopenbaar het, vir my iets wonderliks gegee het waarnatoe ek kon loop, het ek begin om daardie waarheid te leef en dieselfde waarheid aan ander te gee. En aangesien my kinders die naaste aan my is, en hulle ook my erfenis is wat sal voortgaan om vir ander te gee wanneer ek weg is, word ek dikwels gelei om die waarheid eerste aan my kinders te gee. Die beginsel van ons seëninge wat vinniger as ons is, was een so beginsel.

Dit het gebeur op die dag wat my broerskind huis toe gevlieg het, ons moes meer as drie ure na ‘n lughawe toe ry, my broer het aangebied om vir ons te betaal om in 'n hotel naby die lughawe te oornag. O, die guns van God. Op pad soontoe het ons deur ‘n klein dorpie gery in die middel van nêrens toe my dogter oorleun en fluister, “Mamma, ek is so jammer, maar ek het nounet onthou dat ek vergeet het om my swembroek in te pak. Ek is so jammer!!” en ek kon sien dat sy amper in trane was omdat ons ons hotel gekies het op grond van hul wonderlike swembad en borrelbad. Ek het haar onmiddelik verseker dat daar geen rede was om bekommerd te wees, bang of sleg te voel nie, maar om eerder opgewonde te raak omdat Sy seëninge vinniger as ons sou wees! Sonder om te oordryf, ek het my kop gedraai en na regs gekyk om ‘n klein Walmart te sien; dadelik het ek vinnig regs gedraai en verduidelik dat Hy haar natuurlik met ‘n nuwe swembroek wil seën! Dan om Jesaja 40:20 te parafraseer “Bring vir Jerusalem die goeie tyding, en sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die HERE die volle straf ontvang vir al sy sondes [of foute].” Selfs al was die swembroek seisoen verby, seker genoeg, soos wat ons ingeloop het, naby aan die voorkant van die winkel, het my dogter een van die oulikste swembroeke gevind wat ek al ooit gesien het EN dit was verby gesalf. Hierdie swembroek het ‘n paar somers geduur en was selfs goed genoeg om aan haar suster oor te dra, wat haar net so perfek gepas het. Net God kan dit doen! 

Nie net het my dogters van hierdie ervaring weggestap met ‘n begrip van hoe seëninge vinniger is as ons nie, maar om dadelik na die seëninge te soek, iets wat Hy eerste vir my gegee het. Maar onthou, my broerskind was ook saam met ons, so sy het dit teruggeneem en dit gedeel, deur dit met haar suster en haar ouers te leef!! Die rimpel van Sy liefde vir ons het halfpad rondom die wêreld versprei!!

Om Wag te Omhels

Nou om aan te beweeg en die berugte en ook die weersinwekkende beginsel van wag te bespreek. Wow, het die Here my ook nuwe insigte oor hierdie beginsel gegee!

As jy enigsins is soos ek was; ek het eenvoudig gehaat, verafsku en inmekaargekrimp as ek geforseer was om te wag. Nou is ek opgewonde as ek gevra word om te wag, omdat ek nou weet dat wag ‘n opwindende deel van Sy plan is. Hoekom? Wat het verander? Die openbaring wat nog altyd daar in die Bybel was, maar wat ek nooit regtig wou omhels nie: “maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie” (Jesaja 40:31).

Ek het nou genoeg ervaring opgedoen om te weet wanneer daar van my verwag word om vir iets te wag, enigiets, dit is omdat God daardie tydperk van wag georganiseer het sodat dit my die tyd sal gee wat ek nodig het om “nuwe krag te kry” sodat ek “nie moeg en afgemat word” wanneer die nuwe seën in my lewe verskyn nie. Wag stuur ook vir my ‘n sein, dit sê vir my dat dit wat voorlê meer krag (fisies, emosioneel, en/of geestelik) gaan verg as wat ek op die oomblik het. Daarom, is ek meer as gelukkig om te wag en daardie tyd te gebruik om my krag op te bou met suiwer opgewondenheid—die krag wat my sal dra deur watter golf ek ook al gaan ry. Dit is ‘n goeie metafoor of prentjie van hoe om voordeel te trek uit enige teëspoed, want dit is hoe God ons wêreld geskep het en hoe ons, as Sy bruid, oorvloedig kan leef.

Golwe van Teëspoed

Nog ‘n openbaring was dat ek vir jare teen die golwe van my lewe geswem het, net om uiteindelik moeg en verslaan te word. Tog, oor ‘n tydperk van net een jaar, het ek die geheim geleer om hierdie golwe van teëspoed anders te oorkom, deur nie langer die bose teen te staan nie en om elke keer wat iets of iemand teen my kom, eerder om te draai en en saam die teëspoed te ry, want God wil my hoër neem, om selfs ‘n meer oorvloedige lewe lei. Onthou, “Hy maak my voete soos dié van n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” (Habakuk 3: 19). Dit het eintlik gebeur deurdat ek die dikwels verwaarloosde Saligsprekinge uitgeleef het, wat in die boek van Matteus gevind kan word. Meeste stop nadat Hy al die “Geseënd is dié” gelys het, maar hou eerder aan lees en verstaan ‘n groter waarheid, wanneer Jesus later sê. . .

Maar ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie. Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘JOU NAASTE MOET JY LIEFHÊ en die vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen” (Matteus 5: 39-45). 

Om die golf van teëspoed te ry, beteken dat jy saam met die stroom gaan en dit nooit teenstaan nie. Jesus het verduidelik hoe ons moet reageer wanneer mense vir jou sê om iets te doen, maar dit is ver van wat die kerk ons leer. Tog het Jesus ‘n punt daarvan gemaak om te dokumenteer wat Hy gesê het, “Maar Ek sê vir julle . . .” So, soos almal wat onkundig is oor die waarheid, het ek die bose weerstaan en seker gemaak dat ek nooit naby genoeg aan iemand gestaan het wat my een keer geklap het nie. Ek sou vermy om hulle te sien en as ek geforseer was om hulle te sien, sou ek emosioneel terugstaan. En ek het sekerlik nie meer gedoen of meer gegee as wat iemand my gevra het om vir hulle te gee nie; daarom, het ek voortgegaan om die seëninge van Sy boodskap en die geheim om oorvloedig en kragtig te lewe, te mis—deur te gee—veral aan dié wat ons seergemaak of gebruik het.

Wat verander het, nadat ek my oorvloedige lewe gevind het, was dat ek begin het om dit wat ek nodig gehad het direk van God af te kry, soos wysheid, en direk van die Here, soos die liefde wat ek desperaat nodig gehad het. So, die oomblik toe ek gekry het wat elkeen vir my gegee het, was ek uiteindelik in staat om dit wat ek so oorvloedig ontvang het, aan ander te gee. Die oomblik toe ek soveel liefde en aanvaarding van die Here ontvang het (toe ek ten volle Sy bruid geword het), het enige bose persoon wat my wou klap (emosioneel deur hul woorde of dade) my glad nie meer seergemaak nie. Na ‘n rukkie was elke klap net ‘n wekroep wat my gewaarsku het dat ek weer hoër sou styg en dit het beteken dat die Here my sou vra om meer te gee as wat gevra was―deur te gee aan dié wat my seermaak en wil gebruik, dit is wanneer die groot seëninge kom―wanneer die persoon aan wie jy gee dit nie verdien nie!

Gee is ongelooflik kragtig wanneer dit vereis word, gesteel word, of onvriendelik gevra word. Teëspoed, verstaan ek nou, is eintlik die brandstof wat ons nodig het, of soos om die saad nat te maak wat die oorvloedige oes sal voortbring wat Hy ons belowe het. So, deur hierdie waarheid te verstaan, is dit nou baie maklik om teëspoed te omhels eerder as om daarvan weg te hardloop of my pad daardeur te stoot. En hou dit in gedagte wanneer jou oes, jou lande nie vrugte produseer nie. As jy hulle nie natmaak nie, of as jy nie brandstof in jou geestelike motor gooi nie, is dit ‘n wonder dat jy nie vorentoe beweeg nie? Lees hierdie vers:    

“Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk” (2 Korintiërs 12:10). “Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom” (Filippense 4:11NLV). Om eerlik te wees, ek kon nooit regkom in moeilikhede of vervolgings nie, net omdat ek nie oop was of geweet het dat ek openlik moes ontvang wat God en my Man my wou gee nie. Eers toe ek dit gevat het, geabsorbeer het, dit geleef het en dit gegee het, was ek in staat om “onder alle omstandighede reg te kom” waarin ek was.

Oorsaak van die Bose: Liefde vir Geld

Een gebied waar ek geleer het om hierdie beginsel van gee te omhels, is op die gebied van geld gee. Ons is so bang om nie genoeg te hê nie dat ons dwaaslik weerhou wat ons het, as gevolg van die liefde vir geld, net om uit te vind dat ons vrese verwesenlik word en dan sal gebeur. Wat ons vrees, gebeur eintlik omdat dit gemanifesteer of geskep word as gevolg van ons vrese. Hoe waar is hierdie vers vir my noudat ek die geheim van gee geleer het, veral om vir my vyande te gee en hulle te seën: “Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word” (Spreuke 11:24). Terwyl die teenoorgestelde van die vers in Job 3:25 is, “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.” “Die dinge wat ek nog altyd voor bang was, het nou met my gebeur” (Die Boodskap Vertaling).

Wanneer ons bang is dat ons nie genoeg sal hê nie, vrees ons, dan weerhou ons dit wat billik betaalbaar is om voorspoedig te wees (deur vir ons vyande meer te gee as wat hulle vra of van ons vereis). Hierdie weerhouding lei tot “gebrek”—sodat die vrees van nie genoeg hê nie en die vrees vir ‘n tekort aan fondse ons tref! Dit is die verskriklike bose en eindelose kringloop wat soveel Christene leef en wat die wêreld “aanskou”. En die waarheid is dat hierdie sinloosheid net gebreek kan word deur al die liefde te ontvang wat die Here vir elkeen van ons het soos wat ons Sy bruid word, sodat ons genoeg op Hom kan vertrou om uit te leef wat Hy vir ons vertel het, “Maar Ek sê vir julle . . .” “gee en vir julle sal gegee word, ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol.” Wie van ons wil nie “oorvloedige” seëninge ontvang nie?!? Ons almal wil, maar dit verg gee as dit moeilik is om te doen, en gee aan wie ons glo dit nie verdien nie.

As gee iets is wat jy moeilik vind om te doen, is die oorsaak omdat jy nog steeds nie genoeg van Hom het nie. Wat jy nodig het is nie meer geld nie, maar meer van Hom wat jou liefhet op so ‘n manier dat jy werklik soos Sy bruid voel! Wanneer ons die Here en Sy liefde heelhartig soek en wil hê, smag na en net op Hom fokus , belowe Hy dat, “Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Matteus 6:33). Dinge en ander mense sal nie meer in jou lewe saak maak nie. Dit is regtig waar. Sodra jy genoeg van Hom het, sal jy meer en meer van Hom wil hê—nie dinge, of geld of ander mense nie. Jy sal nie aandag wil hê of geselskap nodig hê nie. En dan sal jy uiteindelik vry wees om te gee omdat die liefde wat die wêreld gered het, in jou lewe sal oorloop! Dan sal jy nie meer dinge, geld of mense wil hê of benodig nie—dan sal al hierdie seëninge “ingestamp en propvol” wees tot op die punt waar enigiemand wat naby jou kom, ook deurweek sal word deur Sy seëninge.

Dit is die geheim van die lewe—Hy het gegee.

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui