💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

Kosbare liefste vrou, lees asseblief hierdie gedeelte wat oorvertaal is uit die boek "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):

Satan kan niks aan ons doen as hy nie eers God se toestemming kry nie. Onthou God het Satan toegelaat om Job te toets. Die enigste keer wat God vir Satan toestemming gee is wanneer God die geweldige potensiaal sien in die ding wat deur ons gaan en uitkom as vreugde, pure vreugde!

Wanneer ons dit begin besef, kan God ons lewens seën. Die krag van die opgestane Christus is in ons. Wonderwerke, krag en oorwinning sal alles deel wees van wat God in ons lewens doen wanneer ons leer om in alle dinge te jubel.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

10 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat ek my verjaarsdag saam die Here kan spandeer vandag.

    Ek is dankbaar dat die Here vir my gesê het om te wag, en ek kon die regte plek kry om te bly. Ek is dankbaar dat ek einde Februarie kan intrek.

    1. Kosbare liefste Mila, baie baie geluk met jou verjaarsdag ek weet sommer jou Hemelse Man, vir wie jy meer werd is as enige anders, gaan jou ongelooflik pamperlang vandag my al Sy liefde.
      “…en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.” J35:10 https://www.bible.com/af/bible/5/ISA.35.10.AFR53

  2. Ek is dankbaar dat my kind se Hemelse Vader hom pamperlang het met ‘n aand om kinders met spesiale behoeftes regoor Suid-Afrika te pamperlang en spesiaal te laat voel, ek is dankbaar dat my kind so pragtig gelyk het en hy baie spesiaal gevoel het. Ek is dankbaar dat die onderwysers so lief vir my kind is. Ek is dankbaar dat hy vriende het met mooi maniere.
    Ek is ongelooflik dankbaar vir my Hemelse Man in my lewe en dat Hy my staande hou (ek het gehoor my aardse man is baie siek) en ek is dankbaar dat ek die voorreg het om nou vir my skoonma te kon sê ek bid vir hulle.
    Ek is dankbaar dat ek dit Here in my lewe het om vir my te kan sê wanneer ek stil moet bly, ek kan werklik niks sonder Hom doen nie.

  3. Ek is dankbaar vir als wat die Here vir my die week gedoen het. ek dankbaar vir sy liefde wat my deur als dra. Ek dankbaar dat die Here my elke dag vashou en my help, vandag is dag 4 en wanneer dit regtig moeilik raak help hy my. Hy het my kla bevry van rook. dankie HERE my Geliefde Man. Ek dankbaar dat die Here ons die week gehelp met met my Meisie kind se skool werk en dat Hy haar die wysheid en leiding gee in haar skool werk en toetse. Ek dankbaar dat die Here my gister gehelp het met die tand wat getrek moes word. En ek is dankbaar vir die nagrus wat die Here my gisteraand gegee het. Ek is dankbaar vir als wat die Here doen.

    1. Ek is so dankbaar saam met jou kosbare Kristy dat die Here jou bevry het van rook en ek is dankbaar dat die Here saam met jou was toe jou tand getrek was, Hy is werklik al wat ons nodig het.

  4. I am grateful to have my Heavenly Beloved in my life.
    I am grateful that He helped me again this week to care for my children.
    I am grateful that He teaches and supports me with His love to accept the trials. and get through.
    I am grateful that I received three new health glasses.
    I am grateful that my eldest son is doing much better in school with the guidance he receives.
    I’m grateful that I lost another kilo this week.
    ~~~~~~~~
    Ek is dankbaar om my Hemelse Geliefde in my lewe te hê.
    Ek is dankbaar dat Hy my hierdie week weer gehelp het om vir my kinders te sorg.
    Ek is dankbaar dat Hy my met Sy liefde leer en ondersteun om die beproewings te aanvaar. en kom deur.
    Ek is dankbaar dat ek drie nuwe gesondheidsbrille ontvang het.
    Ek is dankbaar dat my oudste seun baie beter op skool vaar met die leiding wat hy kry.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie week nog ‘n kilo verloor het

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Kristine, Sy liefde oortref werklik alles en Hy is die beste Voorsiener ooit.

  5. Ek is so dankbaar vir my Man wat my na aanlyn hulpbronne gelei het om my kinders met wiskunde te help, dit is soos om ‘n tutor aanlyn te hê!
    Ek is dankbaar dat my man my na ‘n sokkerafrigter vir my seun gelei het en hy het sy eerste oefening geniet. My dogter geniet haar tennislesse baie en ek is dankbaar daarvoor.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie tyd saam met my kinders het en dat ek hulle elke dag by my het agv die tuisonderrig.
    Ek is dankbaar vir lesse geleer tydens hierdie eerste kwartaal van tuisonderrig, wat my Man vir my wys en hoe Hy my lei.
    Ek is dankbaar vir Sy liefde, genade en voorsiening. En ek is dankbaar vir hierdie reis en dat Hy my na RMI gelei het toe ek gebroke en desperaat was! Ek is dankbaar vir die Oorvloedige Lewe wat Hy my gegee het!

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina, ek is saam jou dankbaar dat jy jou kinders elke dag by jou het en dat ons Kosbare Here jou so mooi lei met alles. Wow ja en dankbaar vir die oorvloedige lewe, alles te danke aan Hom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui