Lewensles Week 46

"Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie." J32:17

“Die Angel Beginsel”

Ek verstaan nou net weer hoekom my Liefling Here, toe ek by RMI begin het, my met die proeflees van die lewenslesse laat begin het. Dis vir my sulke kort treffende boodskappe in elke lewensles, soos weer hierdie week s'n.

Met die lees van hierdie lewensles het ek geleer dat dit die Angel Beginsel genoem word, omdat Angel vertel het hoe haar probleme so baie geword het dat sy bang was dat dit binnekort sou omval en dis toe dat sy vir die Here gesê het dat sy oorgee en belowe het om nooit weer enigiets te probeer doen om enigiemand te help nie en dis toe dat sy onmiddellik 'n vrede ervaar het en dat haar Beminde haar probleme, sonder haar hulp opgelos het.

Luister asseblief na die voorbeeld wat ons kosbare Here vir my gegee het oor oorgee: https://youtu.be/1QPzvHDvSz4

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w46/

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Is jy in ‘n situasie waar jy nie die bopunt van jou probleme kan sien nie omdat hulle so ongelooflik hoog opgestapel is? Dit is tyd om die Angel Beginsel toe te pas. Gee vir Hom jou probleme, “Dit is nie my probleem nie, dit is U s’n, Liefling.” Kyk dan hoe een vir een, elke moeilikheid vanself begin oplos—en jou los om “liefde aan’ die Een, wat ons gesigte maak gloei, te gee—Sy liefde uitstraal vir almal om te aanskou.

Kosbare liefste bruid deel asseblief hieronder in die kommentaar wat jy geleer het uit die lewensles, asook beloftes uit die Woord dat die Here vir ons sê om alles vir Hom te gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 46”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui