Jy Hoef Nie Uitmekaar Te Val Nie…

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. R12:2

Kosbare liefste vrou jy hoef nie uitmekaar te val oor jou huwelik dalk uitmekaar val nie...

Hier gaan ek eerlik moet wees en erken, ek het heeltemal uitmekaar geval toe my huwelik jare gelede uitmekaar geval het. Ek het my heelmaking in die wêreld se dinge gaan soek maar nee dit het my beslis nie heel gemaak nie, inteendeel net meer stukkend.

My raad aan jou kosbare vrou wat dalk ook so voel is: hou aan na die Here uitroep en vat Sy hand, want Hy is daar reg langs jou. Hy is die Een wat ons kan help om nie uitmekaar te val nie, juis wanneer  dit voel asof ons lewe uitmekaar val.

Ek haal 'n paar punte aan uit Wees Aangemoedig Video Reeks 5 maar gaan luister asseblief na die hele video:

  • Beproewinge is daar tot jou voordeel.
  • Daar is 'n geestelike geveg aan die gang.
  • Kom oor die idee hoekom jou eggenoot vreemd optree, hy is in die put van sonde.
  • Moenie jy 'n slaaf van sonde word nie, want jy moet in die gaping staan vir jou geliefde.
  • Hierdie is 'n belangrike punt: hou op uitmekaar val elke keer wat jy met jou geliefde te doen het (en ek moet erken jare terug sou ek gevra het maar hoe en vandag is my antwoord: net met die Here se hulp en jou oë gefokus op Hom).
  • As jy dit in die vlees doen, kan jy nie wen nie.
  • Net die Here kan jou geliefde laat wegbreek van dit wat hom vashou.
  • Raak stil en weet ongelooflik versigtig met wat jy sê en as jy sukkel om stil te bly, vas. Vas maak die vlees dood.

Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle, as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan julle skatryk maak. E1:18

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Jy Hoef Nie Uitmekaar Te Val Nie…”

  1. ja liefste Janine ons hoef nie uit mekaar te val nie die Here ons Hemelse Man staan gereed om ons te vang en als oor te vat

  2. Sjoe, hierdie is ‘n mooi les.
    Ek het dit vanaand vir die eerste keer werklik verstaan.
    Dis soos ‘n liggie wat ewe skielik vir my aangegaan het!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui