Daar is ‘n Rede en Plan

♕Belofte van vandag: “Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” Habakuk 2:3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Ek will my HH (Hemelse Man) net vandag weereens loof en prys vir Sy plan in my lewe. Dinge draai dalk nie uit soos ons dit wil hê of dink nie, maar Sy weë en denke is hoër as ons weë en denke. Al sien ons nie dalk op die oomblik die redes agter dinge wat gebeur nie, kan ons rus in die wete dat Hy ‘n plan het en ‘n beter plan het as wat ons kan dink of droom.

Soos ek in ‘n vorige lofverslag gedeel het, het my huurkontrak einde laas maand tot ‘n einde gekom en het my voormalige man (Kevin) begin kyk na plekke vir my om in hul dorp te gaan bly. Dan kan ek naby aan die kinders wees en hul elke dag na skool gaan haal en hul kan by my bly tot Kevin van die werk af kom.

Ek was baie in twee geskeur, want natuurlik wil ek nader aan my kinders wees en weer aktief betrokke wees by hul skoolwerk ens., maar ek het dit vir my HM (Hemelse Man) gegee en gesê Sy wil moet geskied, Hy weet wat nou die beste vir my en my kinders is.

Wel die laaste dag van die maand het aangebreek en Kevin kon nie ‘n geskikte plek kry nie, daar was mooi plekke, maar daar was of nie troeteldiere toegelaat nie, of daar was nie ‘n grasperk nie. So toe bel Kevin my op die laaste dag van die maand en sê ek moet hierdie kontrak met net 6 maande verleng dan sal hy weer kyk na plekke.

Ek moet ook bysê dat ek die laaste paar dae van laas maand niks van Kevin gehoor het nie en was bietjie bekommerd omdat die tyd besig was om min te word. Ek het slegs met my HM gepraat en gesê ek sal nogal graag wil weet wat gaan gebeur, en toe op die laaste dag, sonder dat ek ‘n woord gesê het, het Kevin my laat weet:)

Ek moet sê ek het totale vrede met die uitkoms, want ek weet daar is ‘n rede en plan daarmee. En wanneer ek soontoe moet trek sal dit my HM se perfekte plan en tyd wees. So al wat ek kan doen is om my HM te loof en te prys, want Hy weet beter:)

“Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” Habakuk 2:3

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui