Lees Valerie se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Dit is nie oor Jou Huwelik nie"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 8 “Sonder Woorde”

“Net so moet julle, vroue,
aan jul eie mans onderdanig wees,
sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is,
hulle ook deur die wandel van die
vroue sonder woorde gewin kan word . . .”

—1 Petrus 3:1

In hierdie hoofstuk, leer ons in God se Woord dat omdat ons eggenoot oor ons is, ons woorde nie net betekenisloos is nie maar ook gevaarlik kan wees. Menige van ons oes nou “slegte vrugte” deur onwetend ons eggenoot te probeer oortuig of te waarsku in plaas van ons probleme na God te neem. Ons gaan leer dat alles wat jy graag vir jou eggenoot wil sĂȘ jy eers na God moet neem en met Hom daaroor moet praat.

Wanneer ons eggenoot iets doen wat teen God se Woord is, sĂȘ die skrif dat ons moet sonder woorde ons eggenoot wen, met ‘n respekvolle gesindheid teenoor hulle en die Godgegewe gesag wat hulle oor ons het.

Sonder Woorde Gewin kan Word

Wanneer iets my pla, moet ek dit met my eggenoot bespreek? Nee.

Vra vir God om met jou eggenoot te praat. Ons moet nie ons vrese of belange of selfs ons begeertes met ons eggenoot bespreek nie. Eerder, moet ons eerste na Bo gaan; ons moet na ons Hemelse Vader gaan en by Hom pleit. Vra God om met jou eggenoot te praat oor wat op jou hart is (aangesien God direk bo alle mans is).

Dit is die regte volgorde van gesag: “Maar ek wil hĂȘ dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (1 Kor. 11:3). In plaas daarvan om jou eggenoot se hulp of leiding te soek, moet jy God se aangesig soek. Ondersoek dan die Bybel vir een van God se riglyne vir die dilemma wat jou in die gesig staar. Dit sal bevestig wat God in jou hart bevestig het. Merk daardie skrif en hou daaraan vas met die wete dat God in beheer is.

Kom uit Sy Pad!

Kom uit Sy pad. “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie . . . maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag” (Ps 1:1,2). Kom uit die pad van jou eggenoot; jy is nie sy outoriteit nie! Die tweede reĂ«l vertel ons wat om te doen: mediteer op sy Woord en gee jou eggenoot oor aan God. God moet die Een wees wat jou eggenoot verander; jou eggenoot kan nie eers homself verander nie.

Staan nie op die weg van sondaars. “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie!” (Ps. 1:1). Wanneer jy te doen het met ‘n eggenoot wat “ongehoorsaam is aan die Woord” moet daar fases wees van “laat gaan” sonder `n woord. ‘n Vrou wie se eggenoot steeds by die huis is, maar wat nie op tyd of glad nie huis toe kom nie, moet ophou om te probeer polisie speel oor hom deur spertye, 20 vrae of stil stuipe.

As ‘n vrou uitvind dat haar man by ‘n ander vrou betrokke is, moet sy “laat gaan” deur hom nie te volg of te konfronteer nie, gebruik hierdie tyd om wakker te skrik anders gaan jy hom verder dryf om jou te verlaat of om van jou te skei. As hy op hierdie stadium jou verlaat het, en jy bly in sy pad staan in plaas van om hom te “laat gaan” sal hy heelwaarskynlik deurdruk met ‘n egskeiding met die hoop dat jy, sy vrou hom sal uitlos. As jy hom steeds nie wil laat gaan nie, sal jy sien hoe hierdie man met die ander vrou trou.

As jy steeds vashou, eerder as om te “laat gaan” dan sal jy heelwaarskynlik sien jou gewese eggenoot is in ‘n baie sterk tweede huwelik. Ek het persoonlik vrouens geken wie se eggenote weer getrou het, wat steeds hul eggenoot se naam onderaan Kersfees en dankie sĂȘ kaartjies teken!

Bygevoeg, met hierdie verdraaide uitkyk op hulle situasie, het hulle geen reservasies om steeds seksueel aktief te wees nie. Dit is skaars dat `n egskeiding plaasvind wanneer ‘n eggenoot oortuig is dat hy basies twee vrouens kan hĂȘ.

Dit gebeur gereeld dat `n vrou wat nie kan “laat gaan” nie, se gewese man en sy nuwe vrou besluit om ‘n kind te hĂȘ met die hoop om sy eksvrou te ontmoedig en sy hom sal laat gaan. Sommige vroue skryf aan my in woede omdat God nie die ander vrou se baarmoeder toegemaak het nie. Tog wil hulle nie erken dat hulle gefaal het om die Bybelse riglyne te volg van “laat gaan” en om `n sagmoedige en stil gees te hĂȘ. Somtyds as die man dan van die ander of tweede vrou skei, gaan hy nie terug na sy eerste vrou nie, maar soek eerder iemand nuut om hom gelukkig te maak. (Vir bemoediging, lees asseblief die getuienis aan die einde van hoofstuk 12, “DiĂ© wat God soek” oor `n vrou wat nederig haar man laat gaan het, wat nie kwaad geword het vir God nie en is haar huwelik gerestoreer, selfs nadat haar man weer getrou het!)

Klim van sy rug af en bid! Jy kan jou huis genees deur jou gebede. “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16). Indien jy praat, is dit baie belangrik dat jy, jou woorde baie versigtig kies.

Draai, deur gebed alleen, jou eggenoot se weg na God. Jy moet ook verstaan dat jy nie verantwoordelik is vir wat jou eggenoot doen nie; hy is aanspreeklik tot God vir sy aksies. “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jak. 1:14). Bly stil en kom dan uit jou eggenoot se pad.

Vrouens is lief daarvoor om hulle eggenote te behandel asof hulle een van die kinders is. Hierdie tipe moederlike gesindheid sal enige man wegdryf en van sy manlikheid dreineer. Dan wanneer daar `n vrou kom wat na hom kyk as ‘n man, sal hy sy vrou vir die ander vrou los.

Jy moet die regte gesindheid hĂȘ. “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en diĂ© wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en diĂ© wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang” (Rom. 13:1).

Jou eggenoot is die Godgegewe gesag oor jou. Jou rebellie teen sy gesag het jou huidige situasie veroorsaak. Wees nou gehoorsaam en onderdanig en sien hoe God jou eggenoot se hart terugdraai huis toe soos jy God se Woord eer.

Oorwin die kwaad deur die goeie. Jou reaksie teenoor die bose wanneer dit gebeur wys aan God en ander wat jou dophou wat regtig in jou hart omgaan. “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Rom. 12:21). Dit sal plaasvind maar jy kan voorbereid wees, “. . . omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk” (Jak. 1:3).

Neem hierdie geleentheid om ‘n seĂ«n oor jou eggenoot te spreek. “Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seĂ«n inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seĂ«n kan beĂ«rwe” (1 Pet. 3:9). As jy met die belediging of woorde wat seermaak saamstem en jou dit beantwoord met vriendelike woorde of ‘n seĂ«ning, sal dit jou situasie onmiddellik omdraai!

Alhoewel, meeste vroue spandeer hulle energie om hulself te verdedig of die kwessie te bespreek. Soos hulle probeer om hulle eggenoot sover te kry om verantwoordelikheid te neem vir wat gebeur het, gebeur dit dat hulle situasie nie verbeter nie. “Soos 'n skaap is hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak hy sy mond nie op nie” (Hand. 8:32).

Hierdie is die vroue wat my ‘n epos stuur om te weet wat hulle restorasie verhinder. Maar as ek hulle beledigende en arrogante gesindheid hoor, dan weet ek hoekom! Kan jy nederig wees en aanvaar wat ek sĂȘ? As jy nie kan nie, wonder jy dan waarom jou eggenoot besluit het om jou te verlaat? “Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.” (Spr. 14:1).

(Vir bemoediging, lees asseblief die getuienis aan die einde van hoofstuk 12, “DiĂ© wat God soek” oor `n vrou wat nederig haar eggenoot laat gaan het, wat nie kwaad geword het vir God nie, en haar huwelik is gerestoreer selfs nadat haar eggenoot weer getroud is!)

Konsentreer om die onliefbare lief te hĂȘ! Wanneer jy, jou eggenoot lief het en respekteer, al is hy ook nie liefbaar nie, onvriendelik en in sonde, wys dit onvoorwaardelike liefde aan hom. “Want as julle lief het diĂ© wat vir julle lief het, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?” (Matt. 5:46). Gee jou seer aan God. Hy sal jou help om jou eggenoot lief te hĂȘ as jy Hom net vra!

Die bediening van versoening. As kinders van God is ons ambassadeurs van God se liefde en dit sal ander na God toe trek. “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wĂȘreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Kor. 5:18-20).

Het jy getel? Herhaal jy, jou eggenoot se sondes en tekortkominge oor en oor in jou gedagtes soos jy sy oortredinge aan ander openbaar? Onthou, God se genade is nuut elke oggend—is joune?

Ons eerste sendingsveld. Jou gesindheid mag dalk wees, hoekom moet ek my eggenoot die sondaar bedien? Want God gee ons eggenoot en kinders as ons eerste sendingsveld voordat ons waarlik effektief kan wees met ander.

Ons wil natuurlik voor God uit hardloop voordat ons waarlik gereed is om ander in die kerk, buurt en by die werk te bedien—terwyl ons die bediening wat ons by die huis het afskeep. As jy nie jou eggenoot of kinders vir God gewen het nie, hoe kan jy verlorenes wen vir God?

Baie vroue tree op as slagoffers omdat hulle saam met ‘n ongelowige moet leef. Tog is dit hulle wat hulle eggenoot en kinders van God weg hou. ‘n FariseĂ«r wat dienste bywoon en dan arrogant en geestelik optree weerhou die ongeredde daarvan om `n verhouding met God te hĂȘ. Is dit jy?

God wil hĂȘ ons moet vergenoegdheid aanleer voordat Hy ons eggenoot gaan verander. Indien jy steeds mor en kla oor jou situasie, wees dan voorbereid om daarin te bly. Ons kan dit in Paulus se lewe sien: “Nie dat ek dit uit gebrek sĂȘ nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hĂȘ; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly” (Fil. 4:11–12)

Paulus sĂȘ verder (die bybelvers wat jy so baie hoor), “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil. 4:13). Jy sal in moeilike omstandighede bly totdat jy geleer het om vergenoegd te wees daarin!

Troos Hulle

Wanneer vroue na ons toe kom, wil hulle weet: “Hoe kan ek die vernietiging wat ons lewe vir JARE oorweldig het hanteer en dit oorwin? Hoe gaan ek dit moontlik maak deur hierdie pyn en gemors?” Die antwoord is, deur wysheid en die waarheid te soek. Spreuke 23:23 sĂȘ: “Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.” My hartsbegeerte is om die waarheid met jou te deel sodat jy vry kan wees. “. . . En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh. 8:32).

Laat ek jou verseker dat al die beginsels in hierdie boek jou gaan help om jou huwelik te restoreer, of jou eggenoot jou mishandel, ‘n alkohol, dwelm of pornografie probleem het. Meeste van hierdie vroue wat na ons bediening kom deel met egbreuk en een of meer van die sondes van alkoholmisbruik, dwelms, pornografie en/of mishandeling. Alhoewel die getuienisse nie hierdie sondes duidelik maak nie, selfs in my eie getuienis, bestaan hierdie situasies, maar dit word oorkom deur die beginsels in hierdie boek en veral in die boek, “A Wise Woman” te volg. ‘n Vrou wat respekvol is in haar gesindheid en haar woorde aan haar eggenoot, saam met ‘n onderdanige gees, sal enige situasie van mishandeling omkeer—God waarborg dit!

Hantering van jou Eggenoot se Sondes

As jou eggenoot in enige sonde is, hoe moet jy as vrou dit hanteer?  ie soos die wĂȘreld dit doen nie! Die wĂȘreldse manier sal vernietiging meebring, maar God se beginsels sal oorwinning bring. Hier is God se voorskrif, reguit uit sy Woord:

Sonder ‘n Woord. Soos ons vroeĂ«r geleer het, is die Bybel duidelik dat ons in respek moet stilbly en probeer om nie met ons eggenote te praat wanneer hulle ongehoorsaam is aan God se Woord nie. (Sien 1 Pet. 3:1–2). Moenie die fout maak om met jou eggenoot te praat oor sy sonde nie; praat slegs met God. Ek vra jou ook ernstig om ook nie met ander daaroor te praat nie. Twee dinge gebeur wanneer jy dit doen. Eerstens, dit veroorsaak dat ons nie in lyn is met God se wil nie. “Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek [God] vernietig . . .” (Ps. 101:5).

Tweedens, wanneer jy sy sondes en swakhede bekend maak aan ander is dit amper onmoontlik vir hom om terug te kom en om verskoning te vra. Wanneer almal in die kerk, en al jou familie en vriende weet dat hy egbreuk gepleeg het (of een of ander sonde) maak jy dit vir hom amper onmoontlik om terug te kom. Ons behoort nie iemand anders se sondes te bely nie. Om jou eie sondes te bely is baie anders as om iemand anders s’n te bely. Dit bring ook sy eie vloek mee. “En Gam, die vader van KanaĂ€n, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee . . . Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het sĂȘ hy: Vervloek is KanaĂ€n” (Gen. 9:22–25).

Hierdie skrif bevestig die beginsel wat ons vroeĂ«r van gelees het in Psalm 101:5. Dit sĂȘ ons mag van niemand kwaad praat nie. Nietemin, besef ek dit is baie moeilik om alles waardeur jy gaan ‘n geheim te hou. Dit is hoekom daar in Matteus 6:6 staan: “Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” As jy niemand het om mee te praat nie, moet jy, jou hart teenoor God uitstort! Hy is die enigste Een in elk geval wat werklik jou eggenoot en omstandighede kan verander! Maar as ons enigiemand vertel wat vra of bereid is om te luister, wanneer ons oor die telefoon praat vir ure, of dit selfs bespreek met jou pastoor of berader, sal ons faal om daardie dringendheid in ons private gebed te gebruik! Ek moedig vroue aan om te doen wat werk. Ek weet persoonlik dat dit werk, enige ander oplossing slaag nie.

Vas. Die beste manier om ‘n eggenoot te bevry wat gebind is in sonde, is om vir Hom te vas en bid. “Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?” (Jes. 58:6). Daar is meer inligting oor vas in hoofstuk 16, “Sleutels van die Koninkryk van die Hemel” wat jy moet lees.

Oorwin die kwaad deur die goeie! ‘n Ander manier om die bose te oorwin is deur goed te doen! “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Rom. 12:21). Die Bybel lieg nooit nie. Alhoewel die “kenners” van vandag jou sal vertel, omdat jy liefdevol en vriendelik is, gee jy daardeur die persoon wat alkohol, dwelms, ens. gebruik, toestemming om dit te doen. Die skrif vertel ons die teenoorgestelde. Wat gaan jy kies om te glo en gehoorsaam? Liefde is een van die kragtigste wapens wat ons het en dit is gewaarborg om te werk. Die Here vertel ons dat dit is hoe ons hulle wat ons seermaak en ons vyande moet hanteer. Om nou jou eggenoot lief te hĂȘ, ten spyte van sy sonde, is waarlik om die kwaad te oorwin met die goeie!

Spreuke 10:12 belowe: “. . . liefde bedek al die oortredinge.”

1 Petrus 4:8 bevestig hierdie prinsiep wanneer dit vir ons sĂȘ: “Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhĂȘ, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.”

1 KorintiĂ«rs 13:8 gee ons ‘n kragtige belofte: “Liefde sal nooit tot niet gaan.”

1 Tessalonisense 5:15 spreek ons aan: “Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.”

In Romeine 12:14 word hierdie beginsel ge-illustreer en leer ons dat ons: “SeĂ«n die wat julle vervolg, seĂ«n en moenie vervloek nie; wees bly met diĂ© wat bly is, en ween met diĂ© wat ween; wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoĂ« dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

Jesus het hierdie woorde gesĂȘ in Matteus 5:44–46: “Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet jul vyande liefhĂȘ; bid vir diĂ© wat julle beledig en julle vervolg; Want as julle lief het diĂ© wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?”

Getuienis: Sy het haar eggenoot gevra om die huis te verlaat!

‘n Vrou wat woedend, wraakgierig en bitter was, het “Restore Ministries” besoek. Sy het orals hulp gesoek—ondersteuningsgroepe, beraders en baie boeke—om die probleme met haar eggenoot op te los, wie, volgens haar, ‘n alkolis en dwelmverslaafde was.

Sy het genoeg gehad! Sy het haar eggenoot uit die huis gegooi—soos wat sy al ‘n aantal vorige kere ook gedoen het. Sy het almal se raad gevolg; ongelukkig het niks haar situasie verander nie maar het dinge slegs heelwat vererger. Dit wat sy by ons bediening geleer het was anders as wat sy ooit gelees of voorheen gehoor het. Uiteindelik, het sy gesĂȘ, “Ek het die waarheid gehoor.”

Sy vertel dat sy eindelik besef het dat die redes vir haar probleme heelwat anders was as wat aan haar vertel is. Sy het vertel dat sy geheel en al geindoktrineer was deur sielkunde en onbybelse idees dat sy nie meer langer die waarheid kon onderskei nie. Toe sy die beginsels lees, het die Woord van God ‘n swaard geword, wat deur haar murg en been gesny het!

Sy het geleer oor die gevaar om oor haar eggenoot te heers, soos toe sy hom gevra het om die huis te verlaat. Sy het die regte manier geleer hoe om haar ongehoorsame eggenoot te wen: sonder ‘n woord. Sy het geleer hoe om ‘n man wat ‘n drankprobleem het te hanteer; deur te vas en bid vir hom. Sy het ook geleer dat ‘n geforseerde skeiding egbreuk aanmoedig en maak haar toetse waardeur sy moes gaan altyd baie meer.

Binne een week, het sy elke Bybel vers in hierdie boek nageslaan en gemerk in haar Bybel. Tot haar verbasing, kon sy geen Skriftelike grond kry vir die aksies wat sy teen haar eggenoot geneem het nie.

Sy het selfs haar kerk gebel en by hulle gepleit om aan haar te wys wat sy gedoen het, korrek is. Sy sĂȘ dat sy die Skrifte wat sy in hierdie boek gelees het, moes bevraagteken. Hulle kon haar geen Skriftelike ondersteuning gee nie. Hulle het haar net bemoedig om haar eggenoot uit die huis te hou en nie toe te laat om terug te keer nie.

Tydens al haar verwarring, pyn en woede het hierdie vrou werklik na die waarheid gesoek. Sy het uiteindelik haar eggenoot gevra om terug te kom huis toe. Sy het vir die eerste keer in hulle huwelik hom die respek as hoof van die huis en as geestelike leier gegee. Die herbou van hulle huwelik van toe af was nie maklik of vinnig nie, maar dit was altyd stabiel. Haar man het later bely dat hy beplan het om egbreuk te pleeg nadat sy hom gedwing het om die huis te verlaat. Haar man is nou al nege jaar by die huis, en hy is dwelm en alkohol vry. Hy is selfs nou ‘n diaken by ‘n groot kerk.

Getuienis: Eggenoot bevry van Alkohol

‘n Vrou het ons Bediening gekontak. Sy was op haar einde met haar eggenoot se drinkery. Sy het elke metode probeer toepas wat sy gelees het vir vroue van alkoliste. Tog het sy gevind dat elke herstelling net tydelik was.  Hulle huwelik was besig om uitmekaar te val.

Hulle het vervreemd geraak. Sy het gevoel dat as hy haar waarlik liefhet, hy sal ophou drink. Haar eggenoot was weer oortuig dat sy nie meer vir hom lief was nie as gevolg van die manier hoe sy hom behandel het. Hy het gesĂȘ dat haar slegte behandeling hom slegs meer laat drink het, want hy het gevoel dinge was hopeloos. Sy het ons vertel dat sy wel haar eggenoot liefhet, maar al die boeke sĂȘ dat sy van hom moet onttrek, want hulle is interafhanklik en sy het sy “fasiliteerder” geword. Sy het ons vertel dat sy “alles probeer” het en sy was gereed om op te gee. Ons het haar aangemoedig om “God te soek.” Sy het gesĂȘ dat sy dit alreeds probeer het. Sy was by haar pastoor wat haar eggenoot gekonfronteer het, maar dit het dinge net erger gemaak—hy het die kerk verlaat.

Toe sy finaal op haar einde gekom het, het sy na God begin uitroep! Die volgende oggend het sy ‘n vrou ontmoet met ‘n gerestoreerde huwelik en wat ingestem het om saam met haar te bid. Slegs twee weke later, terwyl sy gedink het haar man is by die werk, het sy ‘n oproep van hom ontvang. Hy was by “Teen Challenge” om hulp te soek. Hierdie vrou se eggenoot was drie maande later ‘n totaal nuwe man en aan die brand vir God. Hy het die geestelike leier geword van sy gesin en was aktief betrokke in sy nuwe kerk. JY kan alles probeer, maar wanneer jy dit doen, belowe ek, sal jy dit slegs vererger. Probeer alleenlik God!! Soek God, vertrou Hom en Hy sal jou situasie in ‘n oomblik verander.

 Moenie Hulle Tart Nie

Die Bybel waarsku ons: “. . . behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie . . .” (Deut. 2:19). Wanneer jy iemand tart wat onder die invloed van dwelms, alkohol of die verleiding van ‘n egbreekster is, plaas jy jouself in groot gevaar. Spreuke 18:6 sĂȘ vir ons: “Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.”

As fisiese geweld deel geword het van jou huwelik, moet jy aandag gee aan hierdie Bybel vers en seker maak dat die geweld nie plaas vind as gevolg van ‘n oneerbiedige gesindheid en woorde teenoor jou eggenoot wat saamgaan met ‘n gees van rebellie nie. God waarsku vrouens om nie te praat met ‘n eggenoot wat ongehoorsaam aan die Woord is nie en maak seker jy is stil met ‘n eerbiedige gesindheid. (Sien 1 Pet. 3:1–2). God sĂȘ vir ons in EfesiĂ«rs 5:33 dat, “. . . die vrou moet die man eerbiedig.”

So baie, nadat jy die karakter van jou eggenoot verbaal aangeval het, verander een van julle. Gewoonlik is dit die vrou wat eerste aanval want sy is so seergemaak deur iets wat haar eggenoot in reaksie gesĂȘ het. Ongelukkig, na die eerste hou, word fisiese geweld die norm. Wanneer fisiese geweld eers in die huis of huwelik ingekom het, word dit `n groot deel van die vernietiging.

Diegene in ons bediening wat geweld in hulle huwelike oorkom het is oortuig dat die wortel van die probleem vernietig kan word, en hulle almal stem saam dat dit begin met ‘n oneerbiedige gesindheid, snydende en afbrekende woorde, tesame met rebellie (weiering om onderdanig te wees soos die Bybel beveel vroue moet doen), dat dit uitgevee sal word vir altyd. Hierdie getuienis bevestig hierdie waarheid.

Getuienis: In Haar Eie Woorde

Ek lees hierdie getuienis in die “Crowned With Silver” tydskrif. Ek herdruk dit vir jou, met toestemming van CWS en die skrywer van die artikel.

Die volgende storie is, hoop ek, ‘n bemoediging aan ander wat hulle self in dieselfde situasie as ek bevind. God het baie maniere om mense te bereik en my storie is een. Daar is die wat se harte verhard is en my “Raka” of “dwaas” sal noem, maar God het my man deur baie moeilike omstandighede bereik. Ek vra, liewe susters, moenie my naam aan die einde van hierdie artikel plaas nie, want ek is bekommerd dat my eggenoot nie die eer wat hy verdien sal kry by sy kinders as hulle dit sou lees nie.

My eggenoot en ek het grootgeword in ‘n gemeenskapskerk en is as hoĂ«rskoolliefdes getroud. Ek was altyd ’n tuisblymoeder en my eggenoot ‘n motorwerktuigkundige. Ons was van baie verskillende agtergronde. Hy het saam met vier broers en twee susters grootgeword. Sy familielede was altyd besig om luidrugtig te argumenteer, debateer en ‘n paar houe hier en daar te slaan as hulle ‘n punt wou maak. My familie was baie stil. Wanneer ek en my suster `n argument gehad het, het ons dit stil en onbeskof gedoen. Ons het nie woorde gebruik om mekaar by te kom nie, ons sou iets gedoen het om met mekaar af te reken.

In die begin van ons huwelik was ons jong christene, maar ek het ‘n dors na meer van God gehad. My eggenoot was vergenoegd met waar hy die laaste 23 jaar was. Hy het `n geloofsbelydenis gedoen en geweet hy gaan hemel toe. Dit was goed genoeg vir hom. Ek, inteendeel, het geweet daar moet meer wees. Ek het geweet God was genoeg om my die res van my lewe deur te dra en ek wou ‘n lewe lei wat verskil van die wĂȘreld rondom my.

Ons het finansieel gesukkel. Met die geboorte van ons eerste dogter, het ons dit bykans nie in ‘n eenslaapkamer woonstel gemaak nie. My eggenoot was soos ‘n styfgetrekte tou. Ek sou probeer om die baba stil te hou om die lewe vir hom meer rustig en minder irriterend te maak. Ons verhouding was beter gedurende die weeksdae omdat hy nie so baie by die huis was nie. En dan sou ek met my ou taktieke begin wat ek teen my suster gebruik het toe ons grootgeword het.

Ek sou nie terugbaklei, gil of skree nie. Ek sou eenvoudig hom net terugbetaal. Wanneer ons baklei het, sou ek nie aandete gemaak het nie, of die wasgoed vir `n week gewas nie en nou en dan moes hy vuil klere dra. Ek sou iets doen wat ek weet hom sou omkrap, maar dit sou nie iets wees wat hy sy vinger na my kon wys nie. Ek kon daarmee wegkom, want dit was nie blatant nie. Die lewe het so aangegaan vir ‘n paar jaar. Ons het toe die twee dogters gehad, en toe breek die tou waarop my eggenoot en ek geloop het.

Een Saterdag het ons ‘n argument gehad oor hoe ons die ekstra $20 uit ons salaris sou spandeer. My eggenoot wou na ‘n voetbalwedstryd toe gaan; ek wou gehad het hy moes ons uitneem vir ete. Hy het geskree dat hy werk vir die geld en hy verdien ‘n bietjie pret, waarop hy toe omdraai en loop. Toe stamp ek hom so liggies met my elmboog. (Ek dink al die opbouing van druk as gevolg van al die argumente en twis wat konstant in sy lewe was het op `n manier die interaksie met sy broers teruggebring.) Hy het onmiddellik sy arm opgelig en my aan my arm teruggestamp so hard as wat hy kon. Ek het nog nooit soveel woede teenoor iemand gesien nie—en dit was ek!

Die pyn daarvan. Ek dink nie die fisiese pyn was so seer as die emosionele en geestelike pyn nie. Sien, ek het probeer om in die Here te groei in alle areas behalwe my huwelik. Dit was `n pyniging om die Skrifte te lees wat vertel dat die Here die bruidegom is en ons die bruid, en ons huwelik behoort ‘n voorbeeld te wees van ons verhouding met God. Dit was verskriklik!

As my huwelik en die verhouding wat ek met my man het enigsins verband gehou het met my verhouding met Christus dan was ek in groot moeilikheid. Ek dink nadat my eggenoot my die eerste keer geslaan het, het hy magteloos gevoel. Ons het al hoe meer op die manier baklei. Ek het dit probeer wegsteek vir die kinders, maar somtyds was daar geen manier om dit te doen nie. Ek dink dit het my meer as enigiets anders seergemaak.

Spreuke sĂȘ dat kinders se vaders hulle glorie is. As vaders dan veronderstel is om hulle glorie te wees, dan moes my kinders verraai gevoel het en alles wantrou het, selfs ook God. Soos hulle die Skrifte geleer is, sou hulle selfs hulleself begin wantrou het as iets nie sou gebeur om hierdie gebroke huwelik te restoreer nie.

En ja, al was ek en my eggenoot getroud, en nie geskei nie, het ons ‘n gebroke huwelik gehad. Ek het nooit enige van my vriende by die kerk vertel waardeur ek gaan nie. Ek het een van my naaste vriendinne vertel dat my “niggie” deur sekere dinge gaan, sodat ek raad kon kry of om oor sekere kwessies te kon praat. Maar al die raad wat hierdie vriendin my gegee het was dat ek die monster moet los. Sy het gesĂȘ daar is name vir hierdie tipe behandeling en net `n dwaas sal by so ‘n man bly.

Maar daar was net een problem. Dit was ‘n eed wat ek voor God afgelĂȘ het dat ek met hierdie man sal bly in siekte en gesondheid, deur die goeie en die slegte tot die dood ons skei en al het ek gevoel dat daar geen liefde meer in my was vir die man wat ek mee getroud was nie, ek was steeds lief vir God. Ek het God liefgehad met elke deeltjie van my bestaan. Ek was so lief vir Hom dat ek nie my huwelikseed sou breek, wat ek 7 jaar terug voor Hom afgelĂȘ het nie.

Om by my man te bly was ‘n verbintenis wat ek aan God gemaak het die dag toe ek voor Hom getroud is. Ek het na my Hemelse Vader gedraai. Soveel keer in die verlede het ek my gewend na wĂȘreldse raad wat ek in leesstof gevind het. Ek het geluister na my vriende wat sleggepraat het van hulle eggenote en so aan. Ek het geweet dat die enigste manier hoe ek hulp sou ontvang, was om God te soek en Hom te vind en Sy hulp.

Die Here het die Waarheid aan my op eenvoudige maniere openbaar. Ek moes ophou om my eggenoot te blameer soos die wĂȘreld sĂȘ ons moet doen, en kyk na dit wat ek verkeerd doen in my huwelik. Die haat, woede en wraak wat ek vir my eggenoot gevoel het, moes ek eenkant toe skuif en ek het besluit om daardie emosies te vervang met vergifnis, empatie en liefde. Ek het om verskoning gevra omdat ek in soveel maniere my eggenoot wou terugkry om hom miserabel te maak. En God het begin om my te verander.

Daar is soveel meer om te vertel, maar laat ek net noem dat God mense verander. As ons bereid is om ons hele lewe aan hom te wy, is Hy daar om ons deur die donkerste ure te lei! Ek is nou reeds 21 jaar met dieselfde man getroud. Wel, hy is nie meer dieselfde man nie, hy het sy hele lewe aan God gegee soos wat ek 11 jaar terug gedoen het. Nes hy die wraak en haat gevoel vloei het uit elke porie van my liggaam, so het hy liefde en vergifnis na hom begin voel vloei.

Nou stry ons nie meer soos voorheen nie, want ons het mekaar nou so lief dat ons wil hĂȘ ander dit moet sien. Ons stel nie meer onself bo die ander een se behoeftes nie! God is Wonderlik! Sien, God het my eers verander en toe my eggenoot. Maar dit was God wat die verandering gedoen het!

Getuienis: Steek my Weg Onder die Skadu van U Vlerke

Elaine* het baie mishandeling verduur. Vandat sy swanger was met haar eerste kind, het haar eggenoot haar herhaaldelik in woede mishandel. Sy het alles probeer: skuilings, vriende se huise, terug na haar ouers en selfs geregtelike beskermings offisiere, maar niks was permanent nie.

Na haar eggenoot se geweldadige uitbarstings, sou hy omverskoning vra en probeer “opmaak” met haar. Hy sou haar smeek dat sy hom asseblief moet “vergewe.” Maar hy het gou weer geweldadig geword.

Na drie kinders en geen hoop nie, het sy daaraan gedink om haar lewe te neem. Maar hoe kon sy haar kinders by so ‘n geweldadidge man agterlaat. Sy kon nie. Sy sou hulle klein lewentjies ook moes neem. Maar moord! Sy het verskeie kere daaraan gedink om haar man te vermoor veral tydens sy aanvalle. Maar hoe kon sy, ‘n christen, so dink?

Een nag het sy na ‘n gebedsbyeenkoms gegaan in haar kerk. Hulle het die mense voorentoe geroep vir gebed, maar Elaine het stadig vorentoe geloop tydens die laaste lied. En vir die eerste keer wat sy kon onthou, het sy die hele situasie aan God gegee.

Sy het voor die voet van die kruis gestaan en gesnik soos sy huil. Sy het dit alles vir God gegee. Sy het vir God gesĂȘ, “Here, as U wil hĂȘ dat ek by hierdie man moet bly, sal ek. Ek sal nooit weer probeer weghardloop of na hulp soek nie. Ek sal hierdie lewe aanvaar wat U vir my gegee het. My kinders in U s’n. Doen wat U wil met almal van ons.”

Elaine het huis toe gegaan met vreugde in haar hart. Die volgende dag, terwyl haar kinders by die skool was en terwyl sy en haar baba by die winkel was, het God ‘n verandering in haar lewe gemaak. Haar man het bedank by sy werk, huistoe gekom en sy goed gepak. Elaine se eggenoot het weggeraak daardie dag. Dit was 21 jaar terug.

Elaine is nog wettig getroud aan ‘n man wat sy nooit weer gesien of van gehoor het in meer as twintig jaar nie. Haar kinders is al groot en haar jongste dogter is onlangs getroud. Sy en haar kinders het ‘n baie nou verhouding met God. Elaine lewe nogsteeds onder die beskerming van God se Vlerke. (Ps. 17:8).

“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie” (Open. 12:11).

*Nie haar regte naam nie.

Vir meer getuienisse besoek ons op ons webblad by RMIEW.com of kry ‘n afskrif van die boek Deur die Woord van hulle getuienis.

Persoonlike verbintenis: om vir God te bid eerder as om gou met my eggenoot te praat. “Gebaseer op God se Woord, verbind ek my om God toe te laat om met my eggenoot te werk deur Sy Heilige Gees. In plaas daarvan sal ek op my knieĂ« voor God gaan en bid. Ek aanvaar dat die enigste manier dat my eggenoot sy sondes gaan bely, is as ek optree teenoor hom met respek, ‘n nederige gees en hom oorwin ‘sonder ‘n woord’. Ek sal die kwaad oorwin met die goeie. Ek sal die Here vertrou om my te beskerm.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui