MY KINDERS IS VEILIG IN ONS HEMELSE VADER SE HANDE

Hoe kan ek ooit genoeg dankie vir on Hemelse Vader dankie sê.

My seun is gestremd en moet rerig baie hard werk in sy skoolwerk en baie van die dinge in die lewe wat as ons as vanselfsprekend aanvaar moet hy voor werk. My kind se uitslae kom elke keer met baie leer en baie bid want wat sal ons sonder ons lieflike Vader se genade en hulp doen.

PSALMS 121:1-3 AFR53
‘N BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Hierdie jaar het my seun gesê dat ek asb sy rapport moet gaan kry omdat hy bang is om dit te kry. Ek het self ‘n bietjie gevrees omdat my seun se spesialis gesê het dat daar waar hy breinskade het, is die rede hoekom hy so met wiskunde sukkel.

Toe doen ons Vader dit wees en verras ons ver bo as wat ons kan bid of dink, want ons wonderlike Vader het gehelp dat my seun na die volgende graad toe gaan en ek wil ons Vader al die lof en eer gee.

Dankie Vader xxx

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui