Nie Uit Die Beproewing Nie, Maar Deur Die Beproewing…

"Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm." J41:10(DB)

Kosbare liefste vrou luister asseblief hoe die Here my op die snelweg geleer het dat ek ek Hom moet vertrou en Hom nie moet vra om my uit die beproewing te haal nie, maar net saam met Hom daardeur moet gaan.

https://youtu.be/N1DDj834r-k

"As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie." J43:2

En boonop het die Here my geleer om Hom te prys terwyl ek in 'n beproewing is.

"Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!" P150:6 

"Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik." P145:3

So kosbare liefste vrou, vertrou die Here, Hy weet hoekom Hy 'n beproewing in jou lewe toelaat. Dis altyd vir 'n groter doel en terwyl jy in daardie beproewing is, loof en prys Hom vir wie Hy is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Nie Uit Die Beproewing Nie, Maar Deur Die Beproewing…”

    1. Ja kosbare Adina, wat ‘n wonderlike versekering om te weet dat die Here saam met ons is en dat ons deur niks alleen hoef te gaan nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui