🙌Belofte Woensdag🙌

"Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele." P119:89

Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. ‭Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Fil. 1:6

    https://bible.com/bible/6/php.1.6.AFR83

    Maak nie saak deur watse seer jy nou gaan nie, die Here is nie klaar met jou nie. Hy het die goeie werk in jou begin, en Hy sal dit eindig. Dankbaar teenoor die Here.

  2. ‭‭JESAJA‬ ‭65:17‭-‬19‬ ‭AFR53‬‬
    [17] Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. [18] Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. [19] En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

    https://bible.com/bible/5/isa.65.17.AFR53

  3. “So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God. Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle.” 2 Kronieke 20:15,17

  4. “Therefore let us not judge one another anymore, but rather determine this—not to put an obstacle or a stumbling block in a brother’s way” Romans 14:13.
    ~~~~~~~~~
    LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie. R14:13 https://www.bible.com/af/bible/5/rom.14.13

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui