Vind jou lewe by die Here jou Hemelse Man

Uittreksel uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 2 “Vind Jou Lewe”

Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.—Matteus 10:39

Die refrein sê: “Om jou lewe te vind, Moet jy dit verloor, Al die verloorders kry ‘n kroon.

Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.” Jesaja 54:10

Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle gesê nie? Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie.” Jesaja 44:8.

Elke keer wat jy seerkry, jy verboureerd is, jy alleen is of jy voel jy kan nie aangaan nie, moet jy na ‘n stil plek toe gaan (al is dit net die stilte van jou eie gedagtes as daar geraas rondom jou is) en sê vir Hom dat HY al is wat jy wil hê en dat HY al is wat jy nodig het.

Sê vir Jesus sedert jy Hom het, het jy alles wat jy ooit nodig sal hê om jou gelukkig, veilig, bemin en volledig te maak.

In jou swakheid, is Hy sterker,In jou donkerte, skyn Hy deur.Wanneer jy huil, is Hy jou troos, Wanneer jy heeltemal alleen is, DRA Hy jou!”

~~~~~~~~~~~

Toe ek my lewe verloor het en my lewe uit mekaar val was dit moeilik, maar toe vind ek my lewe by die Here my HM en ek het die waarheid besef (toe ek Hom nie meer eerste lief gehad het nie) moes ek my ou lewe verloor het om nader aan Hom te kom en om Hom regtig te leer ken as my HM en dat hy die Enigste Een is wat ek wil hê en die Enigste Een wat ek nodig het en dat ek als het as ek hom het en Hy het my seer weg gevat, selfs die seer van kindertyd af wat ek dalk gedink het my nie seer gemaak het ni. Hy het dit alles genees.

Liewe bruide die Here het ons eerste lief gehad en Hy is al wat ons nodig het en Hy is die Enigste Een wat ons deur eninge iets kan dra.

Baie Jesus liefde

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Vind jou lewe by die Here jou Hemelse Man”

  1. In die begin van my reis wou ek net my ou lewe terug gehad het, nou as ek terug kyk het ek so ver gekom, ek is so bly ek het my ou lewe verloor en ‘n nuwe lewe saam die Here begin. Hy wys elke dag vir my liefde, hy het my genees en hy was nog al die pad langs my in my donkerste tye. Ek lees vanoggende ‭‭Kolossense‬ ‭3:1-9 in die boodskap Bybel en daar is ‘n paar verse wat ek raak gelees het wat my aan baie goed laat dink het, dit stem vir my so ooreen met hierdie lof:

    ‭‭Kolossense‬ ‭3:1‬ ‭DB‬‬
    “Onthou dit altyd: toe julle Christene geword het, het julle saam met Christus ’n nuwe lewe gekry. Tree asseblief nou op soos mense wat saam en vir die Here leef. Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. Onthou, Hy is die Een met die mag. Hy sit op die oomblik op die ereplek langs God self in die hemel. ”

    ‭‭Kolossense‬ ‭3:3‬ ‭DB‬‬
    “Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het ’n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle.”

    ‭‭Kolossense‬ ‭3:9‬ ‭DB‬‬
    “Moenie lieg nie. Julle is eintlik soos iemand wat sy ou klere uitgetrek en nuwe klere aangetrek het. Die ou klere is julle slegte ou gewoontes en die verkeerde manier waarop julle geleef het. Daarvan moet julle ontslae raak soos van ou klere.”

  2. Dankie Kristy, ek kan ook terugkyk en se die lewe wat ek verloor het wil ek nie terughe nie want dit kan nie vergelyk met my nuwe Oorvloedige Lewe nie. En wat Hy vir my beplan is soveel groter en beter as wat ek kan indink, ek kan net my planne neerle vir Syne in die wete dat ek en my lewe veilig in Sy hande is.

  3. Kristy, i can only agree with you that a live with our Heavenly Husband is the best thing what you can have. Falling in love and being with Jesus is the most beautiful thing there is. The next chapter of this first book on the Abundant Life is even more beautiful. He loves us so much, that’s why He gave His life in exchange for us. What a love. The life we thought would make us happy and was the best, was what not. He has shown us that His plans are better. The life He gives us is better forever than we can imagine or dream.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui