Sy Genade is genoeg

Vandag wil ek my HM loof en prys met dankbaarheid in my hart.
Ek was plat geslaan deur omstandighede en het verseker nie aan Hom vasgehou nie. Inteendeel het ek alles verkeerd gedoen. My omstandighede het soos ‘n berg voor my gelê wat onmoontlik was om te skyf. Ja, onmoontlik vir mý om te skyf maar nie vir Hom nie.
My HM, ek verdien niks maar tog gee U my alles, is U my genadig!
Ek het dankbaarheid in my hart vandag. Vreugde wat net van U af kom!
Baie, baie dankie Here!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Sy Genade is genoeg”

  1. Ek weet sommer dis hoekom ons wonderlike Here vir ons sulke pragtige beloftes in Sy woord gegee het om aan vas te hou kosbare Betty.
    Niks is vir God onmoontlik nie. L1:37 https://www.bible.com/af/bible/6/LUK.1.37.AFR83
    Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde. P97:5 https://www.bible.com/af/bible/5/PSA.97.5.AFR53

    Ja ons wonderlike Here se genade vir ons is so groot kosbare Betty, dit laat my dink aan hierdie lewenslesse:
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w44/
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w45/

  2. Dis okay kosbare Betty, die Here ken jou hart. Jy het terug gedraai na Hom toe dis wat tel. Jou foute definieer jou nie. Ons dien ‘n wonderlike God wat se genade en liefde groot is! Dankie my liefste HM. 💕

    ‭‭2 KRONIEKE‬ ‭7:14‬ ‭AFR83‬‬
    “en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.”

    ‭‭PSALMS‬ ‭37:24‬ ‭AFR83‬‬
    “As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.”

  3. Dankie Betty, ja partykeer le ons omstandighede soos ‘n groot berg voor ons, onmoontlik om daaroor te kom, MAAR ons HM se ons moet net geloof he so groot soos ‘n mosterdsaadjie om die Berg te Versit. (https://uiteindelikhoop.com/versit-berge/)

    “sal julle vir hierdie berg sê:

    ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan.

    Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

    — Matteus 17:20

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui