My Beminde Ouer & Kind – 17 November

Lê en rus langs die stil waters, kosbare ouer en kind.

November

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “My Beminde Ouer & Kind – 17 November”

  1. Kosbare Janine. Baie dankie vir die bemoediging vanoggend. Ek het weer vanoggend alles begin oordink en alles wat ek moet doen om mý planne te laat slaag en dit het my oorweldig.
    Watter wete is dit nie om te weet ek kan dit net voor God se voete lê en Hy sal dit laat uitwerk soos Hý wil.
    Al wat ek moet doen is om rustig te raak, Hom toe te laat en vertrou!

    1. Ek weet kosbare Betty, dis baie uitputtend en oorweldigend om te oordink en ons eie planne te beraam. Ek het dit vir jare gedoen en dit het my totaal en al uitgeput. Wat my baie gehelp het was om woord in my lewe in te spreek, want nou die dag staan ek buite en negatiewe gedagtes kom op, toe sê ek dadelik nee ek weier om net daaraan te dink en gesels toe dadelik met die Here en onmiddellik het my gedagtes verander.

  2. Vanoggend het die Here my gebed beantwoord deur hierdie, en vanoggend het my HM vir my gese rus ek het alles onder beheer, gaan le in die groen soet weivelde en luister na die kalmerende waters. WOW! Dis vir my so ongelooflik dat die Here net wil he ons moet stil wees, HY sal vir ons veg. Dankie my liefling Here! 💕

    Ek gee heeltemal oor, HY sal my saak volbring, ek sien die redding van die Here. Hy het die wereld klaar oorwin, dis HY wat ons vyande verslaan, amen!

    1. Die Here is beslis in beheer kosbare Mila.

      Lees gou weer hierdie gedeelte uit Kursus 1, Hoofstuk 4 https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/allerhande-versoekinge/

      Dit is belangrik om te weet dat gedurende hierdie beproewinge, toetse, en versoekinge, God altyd in beheer is! Dit is God se Hand wat toelaat dat hierdie beproewinge ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy beproewinge toelaat, gee Hy vir ons ook die genade om dit te kan verduur.

      “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n allesoortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Kor. 4:16–18).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui