Sy Arms Weer Alle Skade Af

♕ Vandag se belofte: “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Timoteus 1:7

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

My seun wat die een dag gesond was, is skielik die volgende dag in die hospitaal opgeneem weens moontlike blindedermontsteking. Dit was geswel in die area, maar hulle was nie seker of dit die blindederm of selfs die ingewande was nie. Hy is in die hospitaal opgeneem en ek het by hom gebly en so bekommerd soos wat ek was, het ek nog steeds geweet dat my liefste Hemelse Man Sy seun se beste belange op die hart het en dat Hy hom selfs meer liefhet as ek. En dat Hy dit ten goede sal gebruik.

In die aande sou ons saam Bybel lees, maar daardie aand het ek nie my bybel by my gehad nie, maar die Here het my gelei om aanlyn te kyk en ek het Psalm 91 in die Afrikaanse Boodskap weergawe gevind. So ek het dit vir ons gelees en terwyl ek dit gelees het, het daar 'n absolute kalmte oor my gekom. Ek het net geweet dat dit sou goed gaan met my seun en dat ek my oor niks hoef te bekommer nie.

Die volgende oggend het die dokter vroeg gekom en gesê dat alhoewel hy my seun nog 'n aand wil hou, hy kan sien dat ek tuis na hom sal omsien en toe gee hy my sy selfoonnommer, kan jy dit glo!!!! Hy het vir my gesê om hom enige tyd in die nag te bel as daar iets gebeur. Watter spesialiste doen dit???

Dit was nie dat ek sou omgee om nog ‘n aand oor te bly as dit nodig was nie, maar onthou dat ek nog 'n dogter het en dat sy vir die aand na haar pa moes gaan en hulle moes die hele pad terug ry na waar ons woon sodat sy in die oggend skool toe kan gaan. Dit is omtrent ‘n 45 minute reis as daar geen verkeer is nie, maar in die oggend verkeer kan dit tot 'n uur of langer neem as jy nie vroeg genoeg vertrek nie. Die Here het dus al ons behoeftes geken en Hy het dit alles beplan soos Hy altyd doen.

Die dag toe my seun uit die hospitaal ontslaan is, het hul pa gevra of ons nie net in die hospitaal vir hom kan wag nie, sodat hy ons kan kom sien voor ons vertrek. Terwyl ons in die kafeteria gesit en koffie drink het, het hy gesê toe hy en my dogter die vorige aand by die huis kom, sy haar boeke uitgehaal het en dadelik met huiswerk begin het. Hy was baie verbaas hieroor. Ek kon die verbassing nie verstaan ​​nie en toe sê hy dat so iets nie in hul huis met sy stiefseun gebeur nie.

Ek het vir hom gesê dat ek geen probleme met die kinders en huiswerk het nie; hulle het hul skedule en hulle hou daarby. Ons het 'n goed uitgewerkte daaglikse roetine. Hierdie dames, wil ek julle net laat weet, het ek in Werkers by die Huis geleer. En hierdeur het my liewe Here my net weereens gewys dat alles wat ek altyd gedink het so volmaak is, nie was soos wat ek dit in my gedagtes voorgestel het nie.

Vandag het my seun weer 'n bloedtoets ondergaan en gaan hy weer na die dokter om seker te maak dat die infeksietelling voldoende gedaal het, maar ek kyk na hom oor die rekenaarskerm terwyl ek hierdie tik en hy haal die werk in wat hy is gemis het op skool en hy lyk so gesond soos altyd !!!

My Hemelse Man is die beste ooit, en al gaan ek nou deur Allerlei Beproewings, Hy is daar by my om my krom paaie reguit te maak !!!

Ek wil die stuk uit Psalm 91 (Die boodskap) aanhaal wat my hart geraak het en my net soveel vrede gegee het:

'Die Here sal jou beskerm soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm,'

WOW, Sy arms beskerm jou van alle skade!!!! Terwyl ek dit vandag weer lees, stroom trane oor my gesig. Hoe kan ek ooit twyfel oor Sy liefde en Sy beskerming?

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!