NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 10 "Allerlei Beproewings" 


“My broers, julle moet bly wees
wanneer allerlei beproewings oor julle
kom, want, soos julle weet,
as julle geloof die toets deurstaan het,
stel dit julle in staat om te volhard.”
Jakobus 1:2-3.

Wat is God se doel vir ons beproewings en verdrukkings? Baie Christene het geen idee hoekom God ons lyding toelaat nie. Sonder begrip hiervan, is dit enige wonder dat Christene vandag so maklik verslaan word? Ons sal sien dat ons beproewinge en toetse baie voordele inhou, veral om ons geloof en uithouvermoë te bou om die koers waarop ons is, te voltooi.

Die belangrikste ding wat ons moet besef gedurende ons beproewings, verdrukkings, toetse en versoekings, is dat God in beheer is! Dit is Sy hand wat toelaat dat hierdie beproewings ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy dit wel toelaat, stuur Hy Sy guns en genade, wat ons in staat stel om uit te hou.

Versoekings.  Die Bybel sĂȘ dat die versoekings wat ons ervaar, nie uniek is nie, “Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou.  Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.” 1Kor.10:13 NLV.

Verlei deur sy eie begeertes. God kan ons nie verlei om te sondig nie, maar dit is ons eie begeertes wat ons verlei. “Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sĂȘ: ‘Ek word deur God versoek’ nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.” Jak. 1:13. Wanneer ons aan begeertes dink, dink ons gewoonlik aan iets seksueel. Maar die begeertes waarna die Bybel verwys is gierigheid vir alle dinge wat ons vlees voed; dit sluit in om ons eie sin te kry. 

Ons is in Sy Hand. “Want dit het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is..” Pre. 9:1AFR53. Alhoewel ons probeer om goed van ander te kry, veral van ons mans af, is alles wat ons ontvang van die Here af.

“Almal soek die guns van die regeerder, maar dit is die Here wat aan ‘n mens reg laat geskied.” Spr. 29:26.

“Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee.” Spr. 21:31

“Mense kan loot, maar die Here bepaal hoe dit uitkom.” Spr. 16:33.

“Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.” Spr. 21:1.

Toestemming vir teenspoed. Dit is baie gerustelend om te weet dat Satan ons nie kan aanraak sonder God se toestemming nie. “Toe sĂȘ die Here vir Satan: ‘Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.’ ” Job. 1:12. Nie net het Satan toestemming nodig gehad om Job te sif nie, maar hy het ook spesifieke instruksies gekry oor hoe hy hom kon aanraak. Satan het ook toestemming gevra om Petrus te sif. “ ‘Simon, Simon!’ het Jesus gesĂȘ. ‘Luister! Die Satan het daarop aangedring om jou soos koring te sif
’ ” Lukas 22:31. 

Bekering en redding. “Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hĂȘ. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wĂȘreldse oorwegings die dood.” 2Kor. 7:9. God laat ons toe om droewig te wees om ons tot bekering te bring. Wanneer ons probeer om ons mans (of ander) jammer te maak vir wat hulle gedoen het, sal dit nie ware en opregte bekering voortbring nie.

Ons het genade nodig. “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.” 2Kor. 12:9-10. Hoe kry ons die genade wat ons nodig het? Deur nederigheid.

“God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Jak. 4:6

“Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Lukas 18:14.

“GeseĂ«nd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” Matt. 5:5.

“Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” Spr. 29:23. As ons roem oor ons swakhede, ons foute bely en nederig is, sal dit die Heilige Gees in staat stel om in ons te woon. Dit is hoe ons tevredenheid aanleer, maak nie saak wat ons omstandighede is nie.

Tevredenheid aanleer. Ons sien dat ons tevredenheid moet aanleer deur die moeilike omstandighede wat God toelaat. “Ek sĂȘ dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding:  om genoeg te hĂȘ om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly.” Fil 4:11-12.

Geleer wat gehoorsaamheid is. Selfs Jesus het gehoorsaamheid aangeleer deur Sy lyding. “Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.” Heb. 5:8.

Dit voleindig. “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal uit-voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” Fil 1:6. Sodra Hy ‘n goeie werk in jou, jou man of jou geliefdes begin het, sal Hy dit end-uit uitvoer.

Ons moet ander bemoedig. Ons kan nie bloot net God se bemoediging aanvaar nie; ons word beveel om daardie bemoediging aan ander te gee, maak nie saak wat hul moeilikhede nie! “Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.” 2Kor. 1:3-4.  

Ons Vader se tug. Baie keer kom ons lyding van ons Hemelse Vader wat ons dissiplineer omdat ons ongehoorsaam was aan een van God se wette. “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel.” Heb. 12:5-10. 

Tug is ‘n seĂ«n. Wanneer ons die voorbeeld van die profete in die Bybel volg, sal dit ons help om teenspoed te verduur. “Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseĂ«nd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.” Jak. 5:10.

Om die seĂ«n te verkry. Wanneer kwaad aan ons gedoen word of beledigings ons kant toe gegooi word, moet ons dit verdra, sonder vergelding, om ons seĂ«n te ontvang. Ons moet onthou dat beledigings en kwaad in ons lewens gebring word om ons ‘n “geleentheid” te gee om ‘n seĂ«n te ontvang. “Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n sĂ«enwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seĂ«n van God kan verkry.” 1Pet. 3:9. “Maar selfs as julle ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie.” 1Pet. 3:14.

Tug mag iets wees om oor te huil. Tug is nooit vreugdevol wanneer jy in die middel daarvan is nie. Tog, die wat deur Sy dissipline gevorm is, weet wat die beloning van geregtigheid is; dit bring vrede. “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar iets om oor te huil. Later lewer dit egter vir diĂ© wat daaruit gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.” Heb. 12:11

Dit begin by Christene. Hoekom moet lyding begin by Christene? Omdat sondige, ongehoorsame Christene nooit ander na die Here toe sal lei nie. Weereens, dit is die “wil van God” dat ons moet ly. Ons moet onsself toelaat om te ly (gewoonlik deur ander se toedoen) deur op God te vertrou. “Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie? Daarom moet diĂ© wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen.” 1Pet. 4:17, 19.

Die krag van geloof. Dit is geloof wat die deur oopmaak na wonderwerke. Maar jy moet glo dat Hy in staat is om dit te doen en nie in jou hart twyfel nie. “Jesus sĂȘ toe vir hulle: ‘Julle moet geloof in God hĂȘ! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sĂȘ: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sĂȘ, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sĂȘ ek vir julle: Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.’ ” Markus 11:22-24.

God het in Sy Woord gesĂȘ dat ons vervolg sal word. “Toe ons nog by julle was, het ons julle al gewaarsku dat ons vervolg sal word, en soos julle weet het dit ook gebeur. Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het nie en al ons harde werk dalk op niks uitloop nie.” 1Tess. 3:4-5. Moenie opgee nie! Moenie dat Satan die wonderwerk wat God vir jou het, steel wanneer jy verduur en geseĂ«vier het nie!

Met God. “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” Matt. 19:26. “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” Markus 10:27. Niks (NIE ‘N DING ) is onmoontlik vir God nie. Werk saam met God. En aangesien Hy nie onderskei tussen mense nie, Wat Hy vir ander gedoen het, gaan Hy vir jou doen!

Waaroor jy praat.  “...laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.” Heb. 4:14. Ons moet praat oor wat God in Sy woord sĂȘ, sonder om te twyfel, met hoop op ons lippe. “Ons het ons God vir wie ons dien. hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie....” Dan. 3:17. Maar wag todat jy gevra word om ‘n verduideliking te gee. Jy sal gevra word, as jy met die vreugde van die Here gevul is, in die middel van jou teenspoed! “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” 1Pet. 3:15. Wanneer jy gevra word, maak seker dat jy die ander persoon antwoord met eerbied, respek en sagmoedigheid. Moet nooit oor die Skrif argumenteer nie!

Wees verstandelik wakker. “Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” 1Pet. 1:13. Die woord nugter beteken om helder te dink; laat jou gedagtes helder wees oor hoe jy staan om die nagevolge van dubbelhartigheid te vermy.

Wees baie bly. Ons moet vreugdevol wees in ons beproewings omdat ons weet dit stel ons in staat om te volhard om die koers wat voor ons gestel is, te voltooi. “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand  wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” Jak. 1:2-6. Ons weet ons geloof word getoets. Vrees en twyfel kom in almal se gedagtes; moet dit nie vermaak nie! In plaas daarvan, dink net aan goeie dinge. As jy twyfel, sal jy moeilikheid hĂȘ terwyl jy staan en die beproewings sal erger wees. En onthou, ons sal ‘n verskeidenheid beproewings hĂȘ, van hulle sal groot wees en ander bloot irritasies. Ons moet “Hom bedank” vir al ons beproewings, soos Job gedoen het.

Wees bly. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” Fil. 4:6-9. Duidelik word meeste gevegte in die gedagtes gewen of verloor. Volg die Here se advies vir vrede in die middel van beproewings. Wees bly in wat Hy besig is om te doen. Dink oor hierdie dinge, praat van hierdie dinge, en luister net na hierdie dinge. (Baie keer sal hegte vriende jou bel om vir jou te vertel waarmee jou man besig is; dit is nie “goeie verslae”  nie, en meeste van die tyd, nie mooi, rein of reg nie, so moenie luister nie!) 

Geloof word NIE gesien nie. Ander sal wil weet hoe dit gaan wanneer hulle weet dat jy beproewings in jou lewe ervaar. Hulle soek vir tekens van verbetering. Ons moet onthou dat die Skrif baie duidelik is: geloof kan nie gesien word nie! Beantwoord hulle vrae met, “God is besig om te werk!” “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag na dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2Kor. 4:16-18

Nie gesien nie! Wanneer ons, wat Paul noem “geringe swaarkry,” ondervind, mag dit dalk nog steeds ons harte breek. Kom ons herinner onsself aan diĂ© belangrike waarheid: ons swaarkry is tydelik. En dit is nie net tydelik nie maar produseer vir ons iets wonderlik in heerlikheid. Onthou, die swaarkry is tydelik en die voordele is vir ewig! “ Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons NIE sien nie.” HEB. 11:1 

Nie deur sien nie. Meeste mense begin glo wanneer hulle iets begin sien gebeur - dit is nie geloof nie! “Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.” 2Kor. 5:7

Kyk na ons omstandighede. Toe Petrus na sy omstandighede gekyk het, het hy gesink, en jy sal ook. “ ‘Kom!’ sĂȘ Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: ‘Here, red my!’ Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesĂȘ: ‘Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?’ ” Matt. 14:29

Om ons te toets. Dit is sekerlik diĂ© belangrikste les terwyl ons staan vir ons families en ons huwelike: om in staat te wees om die toets te slaag. Die toets van ons geloof is om Sy Woord te glo en om nie deur emosies of vals aanwysings beĂŻnvloed te word nie. “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jak. 1:2.

Met vuur getoets. “Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heelikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.” 1Pet. 1:6-7. So baie het die toets gefaal en voortgegaan om in die woestyn te loop soos die mense van Israel. Die egtheid van jou geloof is meer kosbaar as goud.

Hou vol in die geloof. Moenie ‘n ander plan maak wanneer dinge moeilik raak nie; moenie dit wat jy begin doen het in gedrang bring nie. Satan is bekend om nuwe (en verkeerde) oplossings vir ons beproewings te bring; dit is ons toets. “Ek het die goeie wedloop afgelĂȘ; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my
” 2Tim 4:7-8.

Vra God vir ‘n ander vrou wat saam met jou sal staan. Vind iemand anders wat jou sal help om te staan en nie te af te wyk vanaf jou verbintenis nie “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is warm word. Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4:9-12. Aangesien ‘n driedubbele tou nie maklik kan breek nie, probeer om twee ander te kry wat sal staan, jou aanmoedig en jou ferm op die koers van jou geloof hou. Hier is ‘n paar voorbeelde wat in die Skrif gevind word. 

Moses, AĂ€ron en Hur. “ Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe ‘n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. AĂ€ron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun  sodat sy arms regop gebly het tot sononder.”  Eks. 17:12. Sien ook Sadrag, Mesag en Abednego in die boek van DaniĂ«l, Hoofstuk 3.

Paulus, Lukas en Timoteus. Toe Paulus in die tronk was, het hy twee mans gehad wat hom aangemoedig het. Toe Demas weg is, het Paulus vir Timoteus laat roep. Ons word vertel dat Demas weg is omdat die sorge van die wĂȘreld die Woord uit hom uit gewurg het. Die volgende verse sĂȘ ons hoekom.  “Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” Matt. 13:22.  Die Skrif sĂȘ spesifiek dat dit was oor “bekommernis” en “rykdom.” So laat ons versigtig wees om ons nie te bekommer oor ons omstandighede nie, of vasgevang te word deur geld en besittings nie. Ons moet vertrou dat “My God sal in elke behoefte voorsien” wanneer ons mans nie werk nie of dit “lyk” asof daar nie genoeg geld gaan wees nie. Baie het van hulle geloof afvallig geword omdat die Woord uitgewurg was.

Vra God vir leiding deur jou beproewings. “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spr. 3:5-7. Laat ons Hom aanroep vir krag, nader aan Hom kom in tye van nood. Laat ons Hom toelaat om ons te dissiplineer, te beproef, en te toets. Laat ons bly wees in alle dinge, nie net goeie dinge nie, maar ook in die moeilikheid wat ons kant toe kom. Laat ons ons hoop na aan ons lippe hou en standvastig in ons gedagtes bly. Laat ons altyd onthou dat dit Sy wil is dat ons hierdie moeilike tye beleef en dat dit vir ons eie beswil is! 

Hier is Bybelverse om aan vas te hou gedurende jou verskillende beproewinge: 

God is in beheer, nie mense of Satan nie:

  1. Geregtigheid is van die Here. (Spr. 29:26)
  1. ‘n Antwoord is van die Here. (Spr. 16:1)
  1. Die Here draai die hart. (Spr. 21.1)
  1. Hulle dade is in God se hande (Pred. 9:1)
  1. U (God) het dit gedoen. (Ps 44:9-15)
  1. Hy (God) het die storm opgewek. (Ps. 107:1-32)
  1. Hy (God) het minnaar en vriend verwyder (Ps. 88:8, 18)

Wat doen ons beproewinge vir ons?

  1. Sodat die krag van Christus is ons kan woon. (2Kor 12: 9-10)
  1. Sodat ons kan leer om tevrede te wees. (Fil. 4:9)
  1. Sodat ons beloon kan word. (2Tim. 4:7-8)
  1. Sodat ons niks tekort kom nie. (Jak. 1:2-4)
  1. Om ons in staat te stel om ander te troos. (2Kor. 1:3-4)
  1. Om dit wat Hy in ons begin het, te vervolmaak. (Fil 1:6-13)
  1. Om ons geliefdes terug te kry. (Filemon 1:15-16)
  1. Om genade te verkry. (Heb. 4:15)
  1. Om gehoorsaamheid te leer. (Heb. 5:7-8)
  1. Om uithouvermoeë te produseer. (Jak. 1:2-4)
  1. Om die lewe as oorwinningskroon te ontvang. (Jak.1:12)
  1. Om jou geloof te bewys. (1Pet. 1:6-7)
  1. Om in Sy voetspore te volg. (1Pet. 2:21)
  1. Om Sy lyding te deel. (1Pet. 3:13)

 

Om moedig, sterk en standvastig te wees. (1Pet. 5:10)

 

Die Apostels het van die Raad af

weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was

om ter wille van die Naam van Jesus

vernedering te ly.

Handelinge 5:41

 

Sy[die Spreuke vrou]  ken geen kommer oor die toekoms nie.

Spreuke 31:25

  

Ons weet dat God alles ten goede

laat meewerk vir dié wat volgens

sy besluit geroep is.

Romeine 8:28.

 

Persoonlike verbintenis: Om BLY te wees wanneer allerlei beproewings oor my pad kom. “ Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het,  verbind ek myself dat ek sal toelaat dat  allerlei beproewings oor my kom want dit stel my in staat om te volhard. En ek sal die volharding tot volle geestelike rypheid laat kom, sonder dat iets ontbreek.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui