Stof Jou Drome Af

♕Belofte van vandag: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Hebreërs 11:1

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Waarvoor hoop jy? Waaroor droom jy? Gee dit vir jou Hemelse Man en begin glo dat Hy dit vir jou sal doen, maak nie saak hoe onmoontlik of mal dit lyk nie. Sit jou hoop om in geloof, dit is die eerste stap om jou berg te versit.

In hierdie hoofstuk [Dink] het ek geleer dat enigiets waarvoor ons glo, enigiets waarvoor ons gehoop het of nog steeds hoop, moontlik is by God, ons Hemelse Man.

Net soos die skrywer het ek ook nie geweet van huwelike wat Hy herstel het nie (huwelike wat geteister word deur owerspel of as die man die vrou los vir iemand anders nie). Maar nadat die Here my op die pad gesit het, het ek op al die getuienisse afgekom van huwelike wat wonderbaarlik deur Hom herstel is.

En nie net huwelike nie, al die getuienisse wat die vroue deel in die Bemoedigende Blog het my gewys dat enigiets waarvoor ons hoop, kan gebeur, as ons ons hoop omsit in geloof.

Pynlose geboorte is ook nie iets wat ek geweet het moontlik is nie, of om te glo vir kinders met sekere kleur oë of hare nie. Maar die getuienisse het my gewys enigiets is moontlik by ons Hemelse Man, as ons Hom glo daarvoor. En al kan ek nie meer kinders kry nie, bou dit my geloof om te glo vir dinge wat onmoontlik lyk, selfs teen wat statistieke of die wêreld sê. En dis alles goed wat ek kan oordra aan my kinders, om hulle te leer om te glo vir die onmoontlike.

'n Spesifieke voorbeeld vir my is hoe Hy my gelei het om op hierdie herstel reis te begin, hoe Hy my die getuienisse gewys het van herstelde huwelike en ook ander wonderwerke wat hy in ander vroue se lewens verig het, soos die Armoede Mentaliteit.

Ek gaan hierdie beginsel toepas deur al die begeertes in my hart, wat al jare lê en stof opgaar, uit te haal, af te stof en te begin glo dat Hy dit vir my kan gee en doen!

Liewe Bruide,

Haal alles waarvoor jy al ooit gehoop en gebid het uit die plek uit waar jy dit gebêre het omdat jy dink dis onmoontlik, Sit hoop om in geloof en glo dat niks vir Hom onmoontlik is nie. En dra dit oor aan die volgende geslag as jy byvoorbeeld nie meer kan kinders kry nie.

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk,magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink" Efesiërs 3:20

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” Hebreërs 11:1

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg ons #VB Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Versit Berge is as e-boek en sagteband beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui