Sit Jou Vertroue In Die Here

"Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is." J17:7

Toe ek die Staar Egskeiding In Die Gesig, Hoofstuk 2 is ek weer aan die feit herinner dat as ons geseën wil word moet ons op die Here vertrou. Vir jare het ek al my vertroue op my aardse man gesit en is so baie teleurgestel, maar vandag weet ek dis oor ek my vertroue in 'n aardse mens gesit het en verwag het dat hy my gelukkig maak, terwyl net die Here ons werklik kan vervul en ja as ons op Hom vertrou is Hy die Een wat ons wil en sal seën. 

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 2:

As jy geseën wil word, moet jy op die Here vertrou, heeltemal en alleenlik. Hier is wat die Bybel sê:

“So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

Kosbare liefste bruid die Here wil jou seën, maar moenie jou vertroue op jou aardse man en huwelik sit nie (en dit beteken nie dat die Here nie jou huwelik wil herstel nie, dit verander nie, Hy wil, Hy wil net jou Eerste Liefde wees en al jou vertroue hê).

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Sit Jou Vertroue In Die Here”

  1. Ja liefste Janine ons moet met alles net op hom vertrou en als oor gegee aan ons Hemelse Man Hy wil als oor vat en Hy sal laat als teen goede uitwerk en Hy wil ons die rus en vrede gee terwyl Hy in beheer is van als

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui