Geniet Jou Woestyn…

"En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart." J29:13

Geniet jou woestyn en vind Hom. Hy is immers die Een wat 'n woestyn soos die paradys kan laat voel.

As iemand hierdie woorde, jare gelede vir my gesê het, sou ek gedink het die persoon is mal om vir my te sê dat ek my woestyn moet geniet, maar vandag kan ek getuig dat dit juis in daardie woestyn is wat ons, ons kosbare Here vind.

Ek het al baie gelees van vrouens wat se huwelike herstel is en dan juis daardie baie alleentyd met die Here mis. So kosbare bruid geniet jou baie alleentyd met die Here, al voel dit nou soos 'n woestyntyd. Jou woestyntyd hoef nie soos 'n straf te voel nie, geniet dit en vind Hom juis in daardie tyd.

"...As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat." 2K15:2

https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/februarie/#15Februarie

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Geniet Jou Woestyn…”

  1. Ja liefste Janine en daar kan ek saam stem want ek het paarmaande trug so gevoel wat ek so na die alleen tyd saam my Geliefde Hemelste Man verlang het ja,ek kon nog steet met hom praat en sy woord lees en als,maar ek tog na die alleen tyd met Hom gemis. en dit is iets wat ek graag elke dag in my lewe sal wil he is dat die Here my sal help dat wat ookal hy vir my beplan, Ek nog steet die alleen tyd net ek en Hy kan he. al is dit dat ek net iewers in n vertrek alleen met hom kan wees vir n ruk.

    1. Ek dink ons almal het al so gevoel op ‘n stadium kosbare Kristy en ja Hy is regs langs ons, maar ek kan ook getuig dat as ek terugkyk wens ek, ek het ‘n punt gemaak om die woestyn te geniet.

  2. Janine ek weet presies wat jy bedoel, vor my reis begin het, sou ek ook gedink het dit is mal om te verlang na alleen tye saam met my Hemelse Man, maar nou weet ek dat ons dit so nodig het en ek mis dit in die besigheid van die lewe. Alhoewel ek nog steeds my tyd in die oggende saam met Hom het, mis ek dit om saam met Hom op wittebrood te wees. Die tyd sonder my kinders was nog ‘n woestynreis waardeur ek moes gaan, maar my Geliefde het my daar in die woestyn vrede en vreugde gegee wat alle verstand te bowe gaan, dit was waarlik ‘n wittebrood saam met Hom gewees. Maar nou is daardie woestynreis verby en ek is op ‘n nuwe reis saam met Hom.

    1. Ek mis dit net so baie in die besigheid van die lewe. As ek terugkyk op my lewe, was ek ongelooflik hartseer en alleen in my woenstyntyd en my raad aan enige vrou nou is, geniet rerig daardie tyd saam met die Here en moenie dit omhuil soos ek nie, maar ek weet my Liefling Here het dit toegelaat sodat ek daaruit kan getuig.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui