NIEMAND BUITEN DIE HERE NIE

Ek weet nie van jou nie maar jare gelede toe ek skei, het ek orals hulp gaan soek uit desperaatheid om my huwelik te red. Ek het by almal bemoediging en raad gaan soek, selfs berading gaan soek en sielkundige hulp gaan soek, maar net die Here, my Hemelse Man kon my help. Ja baie het raad en oplossings gee en die meeste kere die verkeerde raad en ek het in ‘n donker diep gat ingeval, waaruit my Hemelse Man my gered het. Besef asseblief vandag dat niemand vir jou daai vrede kan gee, wat net God kan gee nie.

8 Maart

“Toe het Asa die Here sy God aangeroep en gesê: Here, daar is niemand buiten U om te help in die stryd tussen die magtiges en die wat geen krag het nie; help ons dan, Here ons God, want ons vertrou op U, en op u Naam het ons teen hierdie menigte gekom. O Here, U is ons God; laat ‘n mens U nie oorweldig nie’” (2 Kron. 14:11).

Prakties gesproke, op ‘n stadium in jou stryd om die teëspoed in jou lewe of die irritasie wat jou vandag teister te oorkom, sal jy hiernatoe kom, dat daar niemand buiten die Here is wat jou kan help nie.

Jy kan bemoediging van ‘n broer of suster in Christus ontvang. Jy kan probeer om ondersteuning vir jou lot te kry. Maar wanneer dit alles gesê en gedoen is, kan net die Here jou ooit help. Hy alleen kan jou die regte pad wys om te loop. Hy alleen kan die omstandighede wat hopeloos lyk, verander. Net Hy is in staat om die harte van diegene wat ons verwerp het, te verander.

Baie leer nooit hierdie belangrike beginsel wat op hul lewens toegepas moet word nie. Leer dit asseblief en mediteer hierdie week daaroor. Want tot dan sal jy wag.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “NIEMAND BUITEN DIE HERE NIE”

  1. Dankie vir die mooi oordenking Janine! Daar IS niemand buiten die Here is wat jou kan help nie. Ek het ook voorheen na almal behalwe Hom toe gehardloop, met geen blywende resultate nie, of wereldse raad wat baie keer op groter tragedie uitloop. Maar nou, vandat ek my HM het, weet ek waar my ENIGSTE ware hulp vandaan kom!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui