MY TOESIGVERLIES deur Adina Jacobs

Terwyl ek Adina Jacobs se boek: "My Toesigverlies" gelees het, het dit my so geraak en weet dit sal so baie ander vrouens raak. Alhoewel ek volle beheer en toesig gehad het oor my oudste seun, toe ek jare gelede geskei het, het hy op 'n stadium gekies om by sy pa te gaan bly en ja meestal oor ek die situasie heeltemal verkeer hanteer het en ek wil nie hĂȘ vrouens moet dieselfde foute as ek maak nie. Lees asseblief solank Hoofstuk 1 en weekliks die res van die hoofstukke hoe haar Hemelse Man haar gelei het en vrede gegee het.

Hoofstuk 1

"My storie, rou en eg"

Dit is nie my naweek om die kinders by my te hĂȘ nie. Ek is nou al meer as 3 jaar 'n geskeide enkelma, een van daardie jare sonder volle toesig oor my kinders. Ek het saam met my Hemelse Man, of net my Man, gesit en koffie drink en vir Hom gevra: "Waar begin ek" en "Hoe help ek vroue wat deur toesiggevegte gaan en die toesig oor hul kinders verloor?" En Hy het vir my gesĂȘ om by die begin te begin en my storie te vertel, rou en eg. Laat my dus gehoorsaam en my storie begin 
.

Dit het amper twee jaar gelede begin. My kinders het vir die naweek vir hul pa, Kevin, en die AV gaan kuier soos hulle altyd gedoen het. Op daardie stadium het Kevin en die AV saam met haar twee kinders gewoon. Haar dogter is 'n bietjie ouer as my dogter en haar seun is tussen my dogter en seun.

Soos ander Sondae het Kevin die kinders daardie middag teruggebring. Normaalweg het hy ingekom, 'n bietjie rondgehang en koffie gedrink voor hy vertrek. Maar daardie spesifieke dag het hy ingekom, wou niks drink nie en net gesĂȘ ons moet praat. Ek het net geweet iets ergs gaan gebeur want ek het weer die "haatmuur" sien opkom wat lanklaas daar was. En toe begin hy praat; ek kan nie eers alles onthou wat hy gesĂȘ het nie, want ek dink ek het in skok ingegaan... Ek dink ek het my bewussyn verloor (terwyl ek nog regop gestaan het). Ek onthou net dat ek gehoor het dat hy nie meer alles kon betaal wat hy in die egskeidingsooreenkoms aangebied het nie en dat dit beter sou wees vir die kinders om by hulle te gaan bly...Ek kan nie bekostig om na die kinders om te sien nie en dat ek by my broer moet gaan bly wat 100km weg is...En dat die kinders by hulle WOU gaan bly en meer lief is vir hom en gelukkiger by hulle is.

Maar voor ek voortgaan, laat ek eers oor die egskeiding en die oorspronklike toesigooreenkoms praat. Kevin het vir ‘n egskeiding aangesoek gedoen en ek moes die dokumente by ‘n prokureur se kantoor in my dorp gaan haal. Ek het vinnig deur die dokumente gekyk en gesien dit is die normale toesigopset; kinders sou by my bly en hy kry hulle elke tweede naweek en skoolvakansies sou tussen ons verdeel word met die normale verjaarsdag- en KersreĂ«lings. Dan was daar 'n lys van goed wat hy aangebied het om te betaal. Ek het nie ’n prokureur gehad nie en ons het nooit toesigkwessies of enigiets anders bespreek nie; alles wat in die skikkingsdokument was, was wat hy aangebied het. Ek het geteken en Kevin het die dokumente kom haal en dit was dit, geen stryery oor toesig of eise of iets nie. Alhoewel hy aangebied het om baie goed te betaal, het ek geweet dit was nie genoeg om alles te voorsien of te betaal nie, maar my Man het op wonderbaarlike maniere voorsien. Nee, ons het nie in weelde gelewe nie, maar ons het gehad wat ons nodig gehad het.
Een ding wat ek wel duidelik onthou tydens die egskeiding was dat Kevin belowe het dat hy nooit die kinders van my sal wegvat nie, dat ek 'n goeie ma is en daar was geen rede vir hom om die kinders weg te neem nie. Ek kan nie eers onthou hoekom hy dit gesĂȘ het nie, maar dit is iets wat my bygebly het, en ek dink dis hoekom ek so geskok was toe hy daardie Sondagmiddag met my kom praat het.

Tydens die skeiding en nå die egskeiding het ek nooit van die kinders van Kevin af weggehou nie. Terwyl hy nog in dieselfde dorp as ons gebly het, het hy altyd na werk hier gestop, koffie gedrink en iets geëet as daar ekstra kos was, ek het geweet hy is hier vir die kinders en probeer uit hul pad bly, maar soms was ek nie so seker nie, want hy het my oral gevolg en gesels, maar dit is alles behalwe die punt, hy het altyd geweet hy is welkom om die kinders te besoek of hulle 'n ekstra naweek te neem, wat in die skikking gestel is, was nie wat ek gevolg het nie. Ek het geweet my kinders het hul pa gemis en ter wille van hulle was ek baie toegeeflik dat Kevin sy kinders sien. Ek wou dit nie vir die kinders moeiliker maak as wat dit reeds was nie. Om te sien hoe hulle in die nag huil of opspring toe hulle die hek hoor om te kyk of dit hul pappa is, het my hart net in 'n miljoen stukke gebreek.

Net voor die egskeiding het ek reeds RMI gekry, die Herstel Jou Huwelik-boek gelees, Kursus 1 en 2 gedoen en was besig met 'n K3 (koord van drie), en dit is waar ek die “Staar Egskeiding in die Gesig”-kursus teĂ«gekom het. Ek dink, soos al die ander dames wat desperaat en gebroke na hierdie bediening kom, wou ek nie aan egskeiding dink nie, maar al het Kevin wel veranderinge in my gesien, het dit gou my werklikheid geword, want hy het gesĂȘ dit is “te min, te laat.” En daarom het ek die “Staar Egskeiding in die Gesig”-boek begin lees en wat ek gelees het, het 'n indruk op my gemaak en reguit in my hart ingesink. Dit het my gehelp om die egskeiding die hoof te bied en daardeur te kom saam met my Magtige Berader, wat vir my geveg het en my die krag gegee het om daardeur te gaan sonder om te baklei.

Maar kom ons keer terug na daardie Sondagmiddag.

Vervolg

Gaan asseblief na die Staar Egskeiding in die Gesig Kursus (Facing Divorce Course - HopeAtLast.com ) vir meer inligting.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui