VERTROU HOM MET ALLES

Terwyl ek op die snelweg ry van Pretoria na Johannesburg en af moet klim op die Johannesburg afrit (waar die motors wat links is na regs moet gaan en ek weer na links moet gaan) raak ek op my senuwees want daar is so baie motors. Ek vra toe my Hemelse Man om my te help om veilig te ry en natuurlik het my Hemelse Man my so mooi gehelp.

Ek besef toe dis so natuurlik om my Hemelse Man vir hulp te vra met iets wat vir my gevaarlik en groot voel, maar ons moet met alles ons Hemelse Man se hulp vra.

 

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie." Spreuke 3:5

 

Ek wil my Hemelse Man al die lof en eer gee, dat Hy my so mooi veilig op die snelweg help ry en dat Hy wil hê dat ek met alles na Hom toe moet gaan.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “VERTROU HOM MET ALLES”

  1. Dankie liefste Janine! Dit word later soos 2de natuur om heel eerste met ons HM te praat in enige situasie, want ons weet Hy is daar en net Hy kan regtig iets doen!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui