My Seun Se Toergeld Was Betyds Betaal

"...Beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie." M3:10 

My seun is gekies vir die kampioenskappe vir die fisiese gestremde span om teen die hele land mee te ding. Dit is 'n weektoer so ek moes R5000 betaal. Ons kon vir borgskappe vra, maar hierdie jaar wou baie min mense borg totdat my Liefling Here, my seun se Hemelse Vader ingetree het. Verlede week Woensdag het hulle vertrek en die geld moes teen Dinsdag inbetaal word. Ek het Maandagoggend vir my Man gevra om asseblief te help en dit is presies wat Hy gedoen het.

"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

Maar eers moet ek my sonde bely, 'n baie groot fout wat ek gemaak het! "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." 1J1:9 Verlede jaar het my seun ook op toer gegaan en borge het die geld so vinnig gegee en ek het nie my Liewe Heer al die eer gegee wat Hy verdien nie, ek erken dit, ek het gesê sjoe die borge was so vrygewig om die geld te gee. Hierdie jaar het hulle net nie betaal nie en ek moes my sonde bely en my liefling vra om my asseblief te vergewe en ek is so baie jammer dat ek dit gedoen het en ek was so baie verkeerd want as ons liefling Here dit nie oplê nie mense se harte, hulle doen niks. Hy verdien al die eer en eer. Ek is so baie baie dankbaar vir my Liefling se genade oor my lewe, sonder Hom is ek niks!

Nadat ek my sonde bely het, het my werkskolleges skielik gesê hulle wil my seun borg en 'n dame het my gekontak en gesê sy wil betaal wat uitstaande is, Dinsdagoggend is alles betaal. 'n Dame wat ek nie eers ken nie het my gekontak en gesê as my seun iets nodig het moet ek haar asseblief kontak en toe kontak 'n ander dame my en sê sy wil my seun se sakgeld borg.

Dinsdag het my seun en sy span soveel geskenke ontvang ('n pragtige sportsak, 'n pragtige waterbottel met sy naam op, 'n hoed, lyfrome, 'n groot bottel sonbrandroom, en persoonlike toiletware) en dit, dierbare kosbare vrouens is die voorsiening van ons kosbare Here waarvoor ek Hom all die eer wil gee.

Ek is ongelooflik dankbaar dat RMI my die belangrike beginsel geleer het om my tiende te betaal, want dit het werklik gevoel of die vensters van die Hemel vir my oopgemaak was.

https://uiteindelikhoop.com/mylpaal-1-tiendes/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “My Seun Se Toergeld Was Betyds Betaal”

  1. ja liefste Janine dit laat my trug dink aan 3 jaar trug wat ek begin het om beertjies te maak ek het self n groot besteling gekry van n shelter af wat ek dit vir hulle goedkoop voor gegee het en ek dai tyd nie met die besteling of met eninge ander beertjies wat ek wel verkoop het, het ek nie die Here gedank vir wat Hy my laat reg kry het of dat tiende betaal het nie ek dai tyd nog nie die waarheid geken van tiende nie.En dit het ook dood geloop. En vandag se ek self dankie vir die Here dat hy my help wanneer ek n rok of so maak vir ons. En ek so dankbaar dat ek vandag die waarheid ken oor tiende.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristy en ook bely dat jy ons kosbare Here nie die eer gegee het nie, maar ek bid dat die Here vir jou die vensters van die Hemel sal oopmaak, want jy betaal nou getrou jou tiende.
      Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes. J40:2 https://www.bible.com/af/bible/compare/ISA.40.2

      En dis presies hoekom ons, ons tiende moet betaal, vir ons eie beskerming:
      Die HERE, die Almagtige, sê: “Ek sal sorg dat insekte julle oes nie verwoes nie en julle wingerde op die landerye nie misluk nie. M3:11 https://www.bible.com/af/bible/compare/MAL.3.11
      Die Engelse Bybel stel dit so mooi: “I will rebuke the devourer for you” – Ek sal die verslinder vir jou bestraf.

    2. Liefste Kristy, ek wil so kort gedeelte met jou deel uit my eie getuienis. Toe my vm van my geskei het, het ek niks gehad nie, ek het my werk gelos om hom in sy besigheid te help voordat ek van als geweet het. Toe ek die bediening gevind het, het ek begin om van die kos geld uit die skikking my tiendes te gee, toe vra my tannie my om by haar kleuterskool in die middae te help met die skoolkinders se huiswerk. Sy het my ook gevra om tops te maak met die skoollogo vir die babas, en so het ek meer en meer naaldwerk en borduur bestellings begin kry van mammas en ander mense, en uit die wins saam met die kleuterskool geld het ek ook tiendes gegee aan die bediening. Ek het ook naels gedoen ens ens, en uit alles het ek my tiende gegee. En so het Hy meer en meer deure vir my begin oopmaak, meer bestellings begin gee, tot ek later moes begin sny aan alles wat ek gedoen het.

      Maar ek het Sy hand in alles gesien, aan die begin was dit babatreetjies, maar Hy het op groter maniere begin voorsien. En ja ons moet Hom die lof gee vir alles want dit is Hy wat voorsien en dit op mense se harte le om ons te help.

    1. Ek is net so dankbaar kosbare Kristy, dit is alles ons kosbare Here, die beste Vader vir my seun!

  2. Dankie Janine, dit is so wonderlik hoe Hy voorsien het! En ja dit is Hy wat voorsien en mense se harte aanraak, alles kom van Hom af.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui