NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 15 "Jou Ma se Leringe" 


“My seun, jy moet luister na die onderrig
wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop
en 'n kettinkie jou hals.” Spreuke 1:8-9

Vandag is daar baie praatjies oor hoe en Ăłf jy jou kinders moet korrigeer met lyfstraf, en baie min oor onderrig, opvoeding, of liefde. Baie wonder watter metode van kinder dissipline hulle moet gebruik. Sekerlik een wat werk en een wat ‘n oorvloed vrugte bring! God sĂȘ dat enigiets wat nie op Sy Woord gestig is nie, is op sinkende sand. Maar hoe kan ons onderskei of die metode wat ons volg gebaseer is op die Skrif? Jy kan die waarheid onderskei deur God se Woord te ken. Kom ons ondersoek die Skrif en soek die Waarheid. 

Wees Lief vir Jou Kinders

As ouers, moet ons onsself eerste dissiplineer en begin om ‘n sterk fondament vir ons kinders te bou. As ons misluk om liefde in ons kinders te belĂȘ, sal ons weerstand en rebellie kry teen ons opvoeding, onderrig en ons regstelling. Daarom, moet liefde ons fondament wees en liefde ons kinders se motivering om ons te gehoorsaam.

Ons het lief, omdat God ons eerste liefgehad het. Die grondslag van liefde word in 1Joh. 4:19 gevind: “Ons het lief, omdat God ons eerste liefgehad het.” God het ons eerste lief;  ns, op ons beurt, is lief vir Hom. Soortgelyk, kan ons kinders nie liefde gee sonder dat ons hulle eerste lief het nie. Wanneer as ek die eerste een is om liefde vir my kind te gee, sal my kind op sy beurt leer om liefde te gee. 

‘n Voorbeeld. Die Here gee aan ons ‘n voorbeeld wat ons moet volg. “Juis hiervoor is julle ook geroep..., en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.” 1Pet. 2:21. Dit was die liefde wat die Here gehad het vir Sy Vader wat gelei het tot Sy gehoorsaamheid aan Sy Vader se wil. “Hy het gesĂȘ: ‘Abba Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydingsbeker van my af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.’” Mark. 14:36. Liefde motiveer gehoorsaamheid. Soos wat ons liefde vir ons Here groei, word ons gemotiveer om ‘n regverdige lewe te lei.

Ek het altyd gewonder hoekom kinders van goddelike ouers (ouers wat sonder twyfel God se Woord oor dissipline gevolg het), nog steeds die pad byster raak. Kan dit somtyds te doen hĂȘ met onvoldoende uitdrukking van liefde? Natuurlik het meeste ouers hulle kinders lief, maar wys dit? Hoe kyk hulle na hulle kinders? Uiter hulle liefdevolle woorde? Hoeveel tyd spandeer hulle saam met hulle kinders? Die punt is: voel hulle kinders geliefd? 

SeĂ«n of vloek? In les 12, “Kinders is Geskenke van die Here,” het ons uit God se Woord geleer dat kinders ‘n seĂ«n is, al vertel die samelewing vir ons iets anders. Maar wat glo jy in jou hart? Jy kan nie diep, opregte liefde vir jou kinders gee as jy dink jou kinders is ‘n vloek nie.

Wat sĂȘ jy voor hulle? Wat sĂȘ jy agter hulle rug? Wat dra jou houding teenoor jou kinders aan hulle oor? SĂȘ jy een ding vir jou kinders en sĂȘ iets anders vir iemand anders terwyl jy die gedagte om nog kinders te hĂȘ vrees? “So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” Jak. 1:7-8. 

Wat is liefde dan? Ons boeke, ons flieks en ons media vertel ons van liefde.  Almal vertel ons wat hy of sy dink die liefde is. Maar moet ons nie na die skrywer van liefde toe gaan vir die ware beskrywing nie? “Al het ek die gawe van profesie en ken al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie baat dit my niks. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belange nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie.” 1Kor. 13:2-8.  Dit is heel duidelik dat liefde meer as net ‘n gevoel is, soos wat gesĂȘ word. Liefde is ‘n aksie of reaksie teenoor ‘n ander persoon. Kom ons kyk dieper na die vetgedrukte woorde in die voorafgaande Skrifgedeelte.

Geduld. Geduld is ‘n reaksie. Geduld is definitief meer as ‘n noodsaaklikheid wanneer jy kinders hanteer. Ons hoef net na ouers met hul kinders in die publiek te kyk, om te sien dat geduld deesdae baie min is. As hierdie ouers so keelvol vir hulle kinders in die publiek is, hoe tree hulle in privaatheid op? Die volgende vers is ‘n perfekte voorskrif, vir ‘n vrou en moeder, om te gebruik met haar kinders. “Ons druk julle dit uit op die hart broers: Wys die leegleĂȘrs onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig.” 1Tes. 5:14. “‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra
.” 2Tim. 2:24

Vriendelik. Vriendelikheid gaan ver wanneer jy kinders hanteer.  Somtyds vergeet ons blykbaar: “ ‘n Dienaar van die Here moet nie rusie maak nie.  Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra
.” 2Tim. 2:24.  “...verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:5. Ons moet vriendelik en sagmoedig met ons kinders praat.  Wanneer ons ons kinders oplei, is dit belangrik om eers hulle aandag te kry deur hulle op hulle naam te roep.  Neem dan die tyd om liefdevol in hulle oĂ« te kyk en praat vriendelik met hulle.  Dit beteken nie dat ons probeer pleit vir hulle gehoorsaamheid nie; dit is bloot die verskil tussen sagmoedige woorde met hulle te praat en bevele uit blaf.

Nie jaloers. Ons moet intens daarvan bewus wees dat voortrekkery jaloesie tussen broers en susters kan veroorsaak. As een kind ongunstige gewoontes uitbeeld, maniere of iets soortgelyks, mag dit veroorsaak dat jy ‘n ander kind(ers) bo hom/haar verkies. In plaas daarvan, wees lief genoeg vir jou moeilike kind om saam met hom/haar te werk aan sy/haar swakhede. Of het jy van die onmin in Josef se familie vergeet wat deur voortrekkery veroorsaak is? Dit het berugte jaloesie veroorsaak! “En sy broers was jaloers op hom, maar sy vader
.” Gen. 37:11.  

Tree nie onvanpas op nie. Om onvanpas op te tree het alledaags geword in te veel van ons huise, sowel as in die publiek. “Tonele” van “gil en skreeu” vind te dikwels plaas in stede van ‘n sagmoedige en stille gees, waarvoor God baie lief is. Wees lief genoeg vir jou kinders om jou gees te beheer. Beheer hulle s’n dan totdat jy hulle kan leer om hulle eie te beheer. “‘n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so weerloos is ‘n mens as hy nie selfbeheersing het nie.” Spr. 25:28. “...maar die verborge mens van die hart in die onvergankllike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” 1Pet. 3:4AFR53. 

Soek nie sy eie belange nie. Ons as vrouens word elke dag gebombadeer met aanmoedigings om “ons eie ding te doen” en om “ons eie lewens” te lei. Net ‘n paar jaar gelede sou ons daardie houding “selfsugtig en selfgesentreerd” noem.  Maar hy het verseker dat selfsugtigheid net hartseer en spyt sou bring. God se Woord sĂȘ, “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoĂ«r ag as homself
” Fil. 2:3.   

Nie liggeraak nie. Hoe kort van draad is jy? Is jy gou om op jou perdjie te spring? Is meeste van wat jy sĂȘ in ‘n verhefte stem? “‘n Humeurige mens [of ma] sit twis aan die gang. ‘n Verdaagsame mens sit ‘n stryery stop.” Spr. 15:18NLV. “ ‘n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem.” Spr. 16:32. “‘n Verstandige mens beteul sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.” Spr. 19:11.

Ons moet leer om oordeelkundig te wees wanneer ons beledig of teleurgestel word. “Die skoonheid van ‘n vrou sonder oordeel is soos ‘n goue ring aan ‘n vark se snoet.” Spr. 11:22.  Koninklikes word geleer om hulle gevoelens in die publiek te beheer. Dames, ons as kinders van die Koning; ons moet dienooreenkomstig in die teenwoordigheid van ander optree en ons kinders leer om dieselfde te doen.

Bedek alles. God verwag van ons om laste te dra met Sy hulp. Die laste van ‘n ma kan somtyds ondraaglik voorkom. Dit is die tyd om na Hom toe te hardloop. “Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela.” Ps. 68:19.  “Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees.” 1Pet. 2:19.

Glo alles. Om die Bybel te volg wanneer ons ons kinders oplei, dissiplineer en korrigeer, sal geloof neem. Maar, prys God! Ons het Sy belofte dat ons nie teleurgesteld sal wees nie! “...met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.” Rom. 10:10. Want die Skrif sĂȘ tog: Niemand wat in Hom glo, sal teleurgesteld word nie.” Rom. 10:11. Skrywers en vervaardigers sĂȘ dat as ons hulle aanwysings volg, of hulle produkte koop, ons lewens sal verander. Vertrou op ons Skepper en die skrywer van lewe om Sy Beloftes te ontvang!

Hoop alles. Ons hoop vir ons kinders moet in die Here wees. Soos wat jy Hom volg, in gehoorsaamheid aan Sy Woord en geloof het dat Hy sal voltooi wat Hy in ons en ons kinders begin het, weet dat Hy dit sal voltooi. Dit is ons hoop! “Vir die regverdiges lĂȘ daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie.” Spr. 10:28. “So smaak die kennis, die wysheid ook; as jy diĂ© gekry het, het jy ‘n toekoms, en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.” Spr. 24:14. 

Verdra alles. Moederskap is somtyds baie moeilik. Wanneer ons voel dat ons nie meer kan nie, moedig God ons aan om aan Hom vas te hou. “Maar as iemand tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God hom red.” Matt. 24:13. “Ja, julle sal ter wille van my naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.” Markus 13:13.  

Liefde vergaan nooit nie. Dit is ons grootste belofte: Sy liefde vir ons en ons liefde vir mekaar, veral ons kinders, sal nooit vergaan nie! “Haat verkwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.” Spr. 10:12. “’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly.” Spr. 27:5. “Wie is ‘n God soos U...U (God) betoon liefde.” Miga 7:18. Wanneer ek onseker is hoe ek my kinders moet hanteer, verkies ek om in liefde te reageer aangesien ek die belofte het dat dit nooit vergaan nie!

Hoe dra ek liefde aan my kinders oor?

Baie moeders gee vir hulle kinders materiële besittings, maar kinders het iets anders nodig. Hulle het jou nodig!

Jou tyd. Die belangrikste ding wat jy vir jou kind kan gee, is jou tyd. Wanneer ons van iemand hou, of iemand liefhet, wil ons tyd saam met hulle spandeer. Waaraan spandeer jy die meeste van jou tyd? Waar lĂȘ jou kind, in vlakke van belangrikheid, vir jou? As jy wag dat daar tyd beskikbaar is vir jou kinders, mag hulle dalk nie meer kinders wees nie! Hulle sal hulle dankbaarheid aan jou betoon deur min of geen tyd te hĂȘ om saam met jou te spandeer nie. Wat kan moontlik meer belangrik wees as daardie klein dogtertjie of seuntjie? Ons weet ons mors so baie kosbare tyd op dinge wat jare van nou af, absoluut niks sal beteken nie. Daar is so ‘n groot beloning daarin om tyd saam met ons kinders te spandeer. Dit is die grootste belegging wat jy ooit kan maak. Jy sal in hulle en in jou toekoms belĂȘ.

Maak oog kontak. “Ek wil jou onderrig en die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” Ps. 32:8.  Ons moet ons kinders leer en met ons oĂ« opdrag gee. Maar hoe kan ons dit doen as ons meeste van ons tyd spandeer om ons kinders by ‘n menigte aktiwiteite af te laai? Al bly ons om te kyk, is ons baie kere in ‘n diep en lewendige gesprek met ‘n ander mamma betrokke. Ons lewens is haastig, stresvol, te vol, en verreweg te uitputtend. 

As ons kinders nooit in die omtrek is nie, as gevolg van skool, musiek lesse en ander aktiwiteite, hoe kan ons hulle moontlik leer of lei? Ons moet tyd neem om in hulle oĂ« te kyk, ons liefde vir hulle te wys en hulle te leer. Hulle moet weet hulle is jou oogappel! “Beskerm my soos die appel van U oog
” Ps. 17:8. Al die aktiwitieite en talente wat ons blykbaar so besig hou, is gewoonlik tydelik; daarom, het hulle net tydelike waarde. “... ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2Kor.4:18.

Jou aanraking. Aanraking is baie belangrik. Dit het genesende en vertroostende krag.

Oorweeg hierdie verse:

“Die mense het ook kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak
.” Lukas 18:15.

“Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak
.” Markus 10:13.

“En toe bring die mense ‘n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak.” Markus 8:22.

“Al die mense het hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het.” Lukas 6:19.

“Maar Jesus sĂȘ: “Iemand het My aangeraak, want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.” Lukas 8:46.

Die eerste aanraking. Die besluit om te borsvoed is ‘n besluit wat gemaak word by meeste van die vrouens se eerste prenatale besoek. Ons sal sien dat borsvoeding nie net vir kos is nie, maar ook vir jou baba se eerste aanraking. Die formule maatskappye word nou deur die wet verplig om die waarheid in hulle advertensies te praat deur te sĂȘ dat borsmelk beste vir babas is. As moeders, wil ons die beste vir ons babas hĂȘ. As gevolg van ons vorige mislukkings om te borsvoed, omdat ons beplan om terug te gaan werk toe, of net omdat ons die baba somtyds wil “los”, mag ons dalk nagemaakte melk en surrogaat voeding vir ons babas kies. Baie keer is dit ons eie moeders of ons vriende wat ons aanmoedig om te bottel-voed. As ‘n ouer vrou, wil ek julle jonger vrouens aanmoedig om al julle babas te borsvoed, aangesien ouer vrouens “...die jonger vrouens moet aanmoedig om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees
”Titus 2:3-4.  

Moet ons bemoedig of nie? “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.” 2Kor. 1:3. Die natuurlike reaksie van ‘n moeder, wie se baba of kind huil, is om te troos. Kenners kom en gaan, en saam met hulle, hulle aanbevelings oor hoe en of ons moet reageer as ‘n kind huil. Daar word huidiglik vir ons vertel dat ons ons kinders moet leer om hulself te troos, om hulle te help om onafhanklik te word.

Kinders troos hulself deur ‘n teddiebeer vas te hou, hulself te wieg, hul duime of vingers te suig, of om ‘n fopspeen te suig. Kinders wie se behoeftes gefnuik is, lyk asof hulle nooit behoorlik, of op die regte tyd, “gespeen” word nie. Dit veroorsaak dat die kinders vir wie ‘n “plaasvervanger” gegee is, in plaas van  God se voorsiening, onseker word. Hierdie kinders suig langer en langer. As jy die tyd neem om rond te kyk, sal jy agterkom dit is nie net babas wat hulle duime suig nie, maar kinders van laerskool ouderdom en ouer! Dit is nou alledaags en word vandag in skole aanvaar! Dit behoort ‘n waarskuwing aan ons te wees dat iets van God se perfekte plan en ontwerp, afgewyk het. God se manier is altyd perfek.

Moet ons luister en reageer as ons kinders huil, of nie?  leit ons by God en vra ons Hom om ons te hoor, bemoedig en te help? “Luister tog na my, HERE, as ek roep; wees my genadig en hoor my gebed.” Ps. 27:7. “Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp
.” Ps. 28:2. “...hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie
.” Ps. 39:12.  Laat ons nie ons kinders ignoreer as hulle vir ons huil nie! Wil ons hĂȘ “kenners,” of ouer mans, moet vir ons mans vertel om ons te igonoreer as ons huil en dat dit goed is vir ons om dit uit te huil - alleen! Natuurlik nie! Al werk niks wanneer jy probeer om jou kind te troos nie, jou kind kan nogsteeds jou liefde voel. NIEMAND wil hĂȘ haar man moet iets ongeĂ«rg oor haar trane sĂȘ soos: “O, dit is net omdat jy swanger is” of  “Jy het net ‘n slegte dag gehad” of “dit is net daardie tyd van die maand.” Ons wil begrip en bemoediging hĂȘ. Ons wil in ons mans se arms vasgehou word.   

Moedersorg tegnieke kom en gaan. Verskillende sielkundiges en kinder deskundiges vertel ons verskillende dinge. Kom ons hou hulle advies op teen die “lig” van die Bybel om duidelik die Waarheid te sien. Dan sal ons op die Rots gevestig wees. 

Die aanraking gedurende badtyd. In ons haastige wĂȘreld, bad ons ons kinders minder en minder. Ons sien hierdie kinders in die kruidernierswinkels, ongebad en onversorg. Bad, wanneer dit rustig gedoen word, sal hulle tyd gee om te ontspan en te kalmeer. Wanneer ons ons kinders “liefdevol” bad, help dit hulle om geliefd te voel. Na die bad, is die kind so sag en ruik so lekker dat ons hulle natuurlik wil vertroetel en styf vashou. Moeders, ons kinders het hierdie tipe rustige liefde van ons nodig. En sodra jy hulle klaar vasgehou het, of  vir hulle ‘n storieboek gelees het, stuur hulle om stil op Pappa se skoot te sit om sodoende liefdevolle aanraking van hom aan te moedig. Jy kan nie vir jou kinders ‘n beter geskenk gee nie.

Hulle is volwasse. Jy mag dalk hierdie lees en dink dat dit te laat is omdat jou kinders volwasse is. Nee, dit is nooit te laat om liefde te wys nie. Begin nou om jou volwasse kinders lief te hĂȘ. Begin met jou woorde. Is hulle liefdevol, aanvarend, en sagmoedig? LĂȘ die grondslag met ‘n liefdevolle drukkie en ‘n “ek is lief vir jou,” maak nie saak hoe oud hulle is nie.

Hulle is te groot. Niemand is te groot om liefde en ‘n sagte aanraking nodig te hĂȘ nie. As hulle in hulle tienerjare is, begin met ‘n liefdevolle stampie, ‘n rugkrap, ‘n liefdevolle drukkie op die arm, of ‘n vinnige drukkie. Gee hulle ‘n glimlag met jou oĂ« en prys hulle vir iets. Vra God om die perfekte geleentheid te skep sodat jy iets goedhartig, liefdevol en opreg kan sĂȘ.

Spyt. Het jy foute gemaak of het jy berou oor jou ouerskap? Het jy hierdie berou met jou volwasse kind gedeel? Dit maak mens nederig, maar dis belonend. “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val, nederigheid bring eer.” Spr. 29:23.  As jou familie genesing nodig het, is daar ‘n Bybelse resep. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16.

Miskien moet jy begin deur jou mislukkings aan ‘n intieme vriendin te bely, sodat julle dit albei in gebed kan was. Bid vir ‘n geleentheid, vir die regte woorde om te sĂȘ en vir die hart van jou volwasse kind om ontvanklik te wees om te hoor. Wees voorbereid om hulle seer te hoor. God sĂȘ vir ons. “‘n Verontregte broer is ontvankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort.” Spr. 18:19. Maar moet nie moed verloor nie. Spr. 10:12 sĂȘ, “Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.” En 1Pet. 4:8 sĂȘ “Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhĂȘ, want die liefde bedek baie sondes.” Maak seker dat jy alle verantwoordelikheid aanvaar. Dit mag wys wees om lesse 3 en 4 te hersien, “Sagte en Kalm Gees” en “Goedhartigheid is op Haar Tong,” voor julle ontmoeting. 

Liefdevolle dissipline. Ons moet ook ons liefde vir ons kinders wys met liefdevolle dissipline. “Ek bestraf en tug elkeen wat ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.” Ope. 3:19. Ons kinders het ons dissipline nodig sodat ander hulle ook kan liefhĂȘ. Ons het die gesegde gehoor: Hy is ‘n seun wat net ‘n ma kan liefhĂȘ. ‘n Kind wat ongedissiplineerd, oproerig en ‘n tekort aan self beheersing (of ouerlike-beheersing) het, word ‘n groot onreg aangedoen deur sy ouers. Dit is veral skandelik vir sy moeder. “‘n Pak slae en ‘n teregwysing bring wysheid; ‘n Kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.” Spr. 29:15. Ons kinders het ons nodig om hulle te onderrig sodat hulle verantwoordelike volwassenes kan word. Dit neem alles tyd, geduld en sagmoedigheid. Jy sal baie dinge moet verdra, baie dinge moet glo, baie dinge moet hoop en baie dinge moet verduur, maar daardie soort liefde sal nooit misluk nie!

Vir meer informasie is daar ‘n Werkboek, Tuisskool vir Hom! beskikbaar deur ons ministerie.

Ons Grondslag vir Dissipline Moet Sy Woord Wees

Vir onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel, vir opleiding. Daar word 90 keer in die Ou Testament na dissipline verwys wanneer God sy kinders dissiplineer, en wanneer God se kinders hulle eie kinders dissiplineer.  Dissipline word 36 keer in Spreuke gevind, en verwys amper altyd na die ouer-kind vehouding. As ons goeie kennis van kinderopvoeding wil hĂȘ, moet ons hierdie verse in Spreuke lees en merk as ons grondslag om ons kinders te onderrig.  “Die hele Skrif is deur God geĂŻnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” 2Tim. 3:16-17. Soos wat ons sal sien in die volgende verse; dissipline is ‘n hulpmiddel vir herstel, eerder as veroordeling, om ‘n persoon  geestelik na sy regmatige plek te bring. 

Om hom sy eie hart te laat ken. Regstelling dui nie altyd die toediening van pyn of teleurstelling aan nie. As moeders, moet ons ‘n gedissiplineerde lewe lei om ons in staat te stel om ons kinders behoorlik te korrigeer en dissiplineer. Ons moet vasberade wees om elke konflik met ons self-beheersing te wen en nie “in te gee” of ‘n gedrag of houding oor te sien nie. “...die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” Gal. 5:22. Was jy nalatig in regstelling omdat jy nie regtig gepla wil word nie? “God het hom verlaat, dit was om hom te toets en hom sy eie hart te laat ken.” 2Kro. 32:31.

Op U Woord kan ‘n mens hom geheel en al verlaat. Ons vind ook dat God altyd sy fisiese straf voorafgegaan het deur eers Sy Woord te kommunikeer. “Op U woord kan ‘n mens hom geheel en al verlaat. Al U bepalings is regverdig. Hulle staan vas.” Ps. 119:160.  Dit word tug genoem. Die woordeboek definieer tug as “onderrig wat bedoel is om ‘n spesifieke karakter of gedrag patroon te produseer.” As ouers moet ons tug of fisiese straf gebruik om ‘n kind se gedrag patroon te verander en ‘n karakter verandering teweeg te bring.

Wat het ons weerhou om God se Woord te volg?

Deur nie die Skrif te ken nie. Dit is ons verantwoordelikheid om die Skrif goed genoeg te ken sodat ons nie mislei word nie. “LĂȘ jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” 2Tim. 2:15

Op die verkeerde pad. Die gebrek aan behoorlike instruksie uit God se Woord in ons Sondagskool klasse, of vanaf die preekstoel, het gelei tot massas opstandige kinders. “Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring.” Spr. 5:23. 

Nie aan my toegewy nie. Ons het ‘n gebrek aan Bybelse kennis om ons kinders behoorlik te dissiplineer en op te lei.  Daarom, “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie.” Hosea 4:6.

En in ‘n vrugtelose gepraat verval het. Baie Christene volg die gewildste “deskundiges” van hulle tyd. Maar, die Skrif vertel ons dat ons nie aandag aan hulle moet skenk nie “
.daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, jy moet dit hulle verbied. Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof voer...daar is mense wat hiervan afgedwaal het en in ‘n vrugtelose gepraat verval het
.” 1Tim. 1:3. 

Verdigsels. Ons word vertel dat ons sal soek vir dit wat ons “wil” hoor. “Want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie.  ulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” 2Tim. 4:3-4.  Sommige van die gewildste verdigsels, wat algemeen in ons Christelike boeke is, en aanvaar word as teorieĂ« van dissipline onder Christene: 

Die kind met ‘n sterk wil. Wanneer jy die Skrif deursoek, sal jy vind dat God nie onderskeid tref tussen persoonlikheids tipes soos ‘n kind met ‘n sterk wil, melancholies, leeu, ens. om kinders te dissiplineer, op te lei of te leer nie. Sekerlik moet ‘n kind wat nie buig wanneer hy gedissiplineer word nie, versigtig hanteer word sodat ons nie die Woord van God sal verwaarloos nie. Ons moet baie versigtig wees om nie iets by God se Woord te voeg nie. “Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het.” Deut. 4:2.

Nog iets wat ons verkeerdelik vertel word is om nie die “gees” van die kind te breek nie. Maar die doel van straf is om die “gees” van rebellie te vernietig. As jy vir ‘n kind sĂȘ om nie iets te doen nie, en hulle doen dit, moet jy die rebellie straf. Dreigemente sal nie die “gees” van rebellie vernietig nie. Om die waarheid te sĂȘ, aanhoudende dreigemente sal net die gees van rebellie verskerp. Jy moet met die lat straf. Moet nooit “dreig” nie. Jy moet altyd bedoel wat jy sĂȘ en die straf deurvoer nadat jy gewaarsku het. As jy dit nie doen nie, lieg jy vir jou kind! “Onverstandigheid is eie aan ‘n jong mens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit.” Spr. 22:15.

Doelbewuste tarting. Nog ‘n wanopvatting, wat in gewilde boeke gevind word, is dat ons net dissipline vir “doelbewuste tarting” moet toepas. Tog, vind ons duidelik in die Skrif dat dit nie die Waarheid is nie. “Onverstandigheid” is ook ‘n rede vir straf, byvoorbeeld as ‘n kind vergeet om te doen wat aan hom gesĂȘ is om te doen.  “Onverstandigheid is eie aan ‘n jongmens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit.” Spr. 22:15. Maar hoekom sal ons iets aanvaar wat vals is en nie in die Skrif gevind word nie? Kan dit wees dat ons iets wil hoor wat onwaar is oor kinder dissipline? Kan dit ons vrees wees?  

As jy vir ‘n mens bang is kan jy in ‘n strik beland.  Maar as ons wel dissipline toepas volgens wat die Skrif sĂȘ, wel, wat van die Welsyn en kindermishandeling?  Weer, kom ons kyk na die Skrif vir die Waarheid.  “As jy vir ‘n mens bang is kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die HERE stel, is jy veilig.”  Spr. 29:25.

Moenie bang wees vir die spot van mense nie. Wat sal ander mense (familie of vriende) sĂȘ? “Luister na My, julle wat doen wat reg is, volk in wie se hart my wet is, moenie bang wees vir die spot van mense nie, moenie skrik as hulle julle beledig nie.” Jes. 51:7.  (Beledig word gedefinieer as verbale aanvalle. Spot word gedefinieer as blaam, skande of diskrediet.) Ons moet ons nie bekommer oor verbale aanvalle nie, of mense wat probeer om ons in die skande te steek of te diskrediteer nie. “En jy mens, moenie bang vir hulle wees nie, ook nie vir wat hulle sĂȘ nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is ‘n weerbarstige volk.” Ezek. 2:6.

Moet niks byvoeg nie. Verwerp die “teorieĂ«â€ en korreksie “tegnieke” van vandag se wĂȘreld, soos bv. “tyd uit,” “hok” of om voordele te verwyder, ens, in plaas daarvan om die lat te gebruik. “Moet niks byvoeg by wat Hy gesĂȘ het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.” Spr. 30:6.

Sy manier. Maak ‘n verbond met God dat jy Sy manier sal volg,  ongeag wat die wĂȘreld sĂȘ.

Die Waarheid oor Dissipline

Kom ons kyk na spesifieke verwysings in die Skrif vir wysheid:

Wanneer jy ‘n kind straf bewys dit aan hom dat jy hom liefhet. “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as jy hom liefhet, sal jy hom straf wanneer dit nodig is.” Spr. 13:24. Ek het aan my kinders verduidelik dat ek nie ander kinders dissiplineer nie, net my eie. Dit is omdat ek lief is vir hulle op dieselfde manier wat ons Hemelse Vader lief is vir ons en Hy dissiplineer diĂ© wat Syne is. “Want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.” Hebr. 12:6.

Die tyd om te straf is van die begin af. Moenie wag om jou kind van sy verkeerde maniere weg te draai nie. “Dissiplineer jou kind vroeg terwyl daar nog steeds hoop is.” Spr. 19:18. Die Lewende Bybel voeg by, “as jy dit nie doen nie sal jy sy lewe ruïneer.”  Dit beteken beide vroeg in ouderdom en vroeg in hulle ongehoorsaamheid. So baie dink dat jy ‘n baba nie kan of moet leer om die regte ding te doen nie. Tog sal jy verbaas wees oor wat ‘n baie jong kind kan verstaan. Die moeilikste ding om te breek is ‘n kleuter of ouer kind se gedrag (of houding) wat hulle toegelaat was om te geniet. Stop en straf die slegte gedrag die eerste keer wat hulle dit doen.          

Net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.  ns kan sien dat ons nie net die “wil“ van die kind moet breek nie, maar ons moet die “gees” van rebellie ook breek. Maar hoe kan ons bepaal of dit sy wil of sy gees is wat opgelewer is?  As die kind enige soort woede, wrokkigheid of sarkasme uitbeeld na die straf, beteken dit dat die gees van rebellie nog steeds daar is! “Kennis begin met die dien van die HERE; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.” Spr. 1:7. Rebellie kom in verset teen gesag, en dus in verset teen God.

Red jy sy lewe. Die wins van tydelike pyn is permanente karakter verandering. Wie is sterker en meer vasberade, jy of jou kind? “Moenie huiwer om ‘n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.” Spr. 23:13. In die lewe moet ons “vir ‘n seisoen” pyn in die gesig staar om sodoende dit wat God vir ons wil gee vir ‘n leeftyd, te kan geniet.

Wat is die voordele om ons kinders behoorlik reg te stel? Die regte voordele van straf is geestelik. “Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red.” Die Nuwe Lewnde Vertaling sĂȘ, “As jy hom wil red van die dood, moet jy hom juis lyfstraf gee.” Spr. 23:14.

Weereens, wanneer jy ‘n kind straf, bewys jy jou liefde aan hom. “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet;  sal hy hom straf wanneer dit nodig is.” Spr. 13:24.

Die doel van straf is om sy lewe te herlei. “‘n Sweep vir ‘n perd, ‘n toom vir ‘n donkie, en ‘n lat vir ‘n dwaas.” Spr. 26:3.  Moenie ‘n sweep gebruik nie aangesien jou kind nie ‘n perd is nie, nog minder ‘n toom aangesien jou kind nie ‘n donkie is nie. Om die Skrif te volg moet ons ‘n “hout” lat op die agterent gebruik. Ons het ‘n straf aangebring wat egte berou tot gevolg gehad het. “‘n Pak slae en ‘n teregwysing bring wysheid; ‘n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.” Spr. 29:15. Deur straf te vermy sal uiteindelik skande oor jou, as ‘n moeder, bring. Al die Skrifgedeeltes is duidelik oor straf; die lat is die enigste “kuur” vir rebellie. Ander “tegnieke” kan gebruik word in plaas van die lat, maar dit word min benodig en moet spaarsamig en versigtig gebruik word.  

Die ministerie van versoening. “Jy is Gehok!” Baie ouers beoefen en glo in die “hok” metode. Gedurende ‘n bepaalde tyd, is die kind in die “hondehok,” by wyse van spreke. Maar dit is nie Skriftelik nie. Ons moet fisiese straf toedien (die lat) en dan ons kinders leer om om vergifnis te vra. Dan moet ons vergewe! “Dit is alles die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening  toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wĂȘreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.” 2Kor. 5:18-19.

Vergewe en troos hom. Bewys jou liefde aan hom na die straf. “...vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.” 2Kor. 2:6.

Gebruik die lat:

As hy hom liefhet sal hy hom straf. Is jy lief genoeg vir jou kind om die lat te gebruik? “Behandel jou seun streng, dan is daar hoop, maar moet jou nie te buite gaan en hom doodmaak nie.” Spr. 19:18.  “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.” Spr. 13:24. En, “Ek bestraf en tug elkeen wat ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.” Op. 13:24.   

Baie ouers laat hulle kinders wegkom met ongehoorsaamheid omdat hulle nie vir hulle kinders vertel wat van hulle verwag word nie en glo nie dit is “regverdig” om die lat te gebruik nie. In plaas daarvan waarsku, waarsku en waarsku hulle. Wanneer jy vir jou kinders sĂȘ om iets te doen, of nie te doen nie, kyk of daar ‘n verwysing vir jou leringe in die Bybel is. As daar ‘n spesifieke vers is wat van toepassing is, maak dan die Bybel oop en laat hulle (of jy) dit hardop lees. Dames, dit is ‘n goeie rede om die Woord te ken!

Jou doel met die lat (pakslae) is sodat die kind sonde met pyn moet assosieer. Wat die belangrikste is, is dat die kind weet, deur jou aksies, dat jy nie kwaad is vir hom nie, maar eerder dat jy die sonde haat. Is dit nie dieselfde patroon wat ons Hemelse Vader met ons gebruik nie? God sal ons dissiplineer maar Hy hou nooit op om lief te wees vir ons nie.

Wanneer jy ‘n kind roep om te kom, en hy kies om nie te luister nie, loop eenvoudig oor en raps hom op die agterkant van sy beentjie; dit sal hom aanmoedig om te beweeg. Wanneer daar vir ‘n kind gesĂȘ word om nie te roep vir iets om te drink, of enige iets anders, nadat sy in die bed gesit is nie, is dit so eenvoudig as om in te loop, die laken terug te trek en haar ‘n raps te gee. Buig dan oor, soen haar weer en sĂȘ vriendelik en liefdevol om nie weer te roep nie. Wanneer daar vir twee kinders gesĂȘ word om nie te baklei nie, is dit so eenvoudig as om oor te loop na hulle toe en elkeen gou ‘n raps te gee. Dit is nie nodig om te skreeu, kwaad te wees of te verduidelik nie! 

As hulle geskok voorkom, mag jy verduidelik nadat jy alreeds die lat gebruik het. Daar is te veel ouers wat tyd spandeer deur met hulle kinders te debatteer. Moeders, jou familie is nie ‘n demokrasie nie. God in sy oneindige wysheid het ‘n lyn van gesag geskep met ‘n doel. Moenie jou eie gesag ondermyn as gevolg van verbale debatte met jou kinders nie. En moenie wag totdat jy kwaad is nie. “‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Spr. 17:22. As jy wag en hoop dat hulle sal kom, of gehoorsaam, of ophou waarmee hulle besig is, dan is daar ‘n goeie kans dat jy kwaad sal word. As jy eerder die lat toedien, veroorsaak dit pyn sonder vertraging, en kan jy jou aangesig vrolik hou.

Omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Die gebruik van die lat is om gehoorsaamheid en inkeer voort te bring. “Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hĂȘ. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie.” 2Kor. 7:9. “Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red.” Spr. 23:14. As jy nou vir my wil vertel dat jou kinders nie sal reageer as jy hulle pak gee, of enige ander fisiese korreksie toedien nie - dan gee jy nie genoeg pakslae nie of dit is nie hard genoeg nie! Jy moet eenvoudig seker maak dat dit seermaak.

Baie ouers is bang vir permanente skade, of hulle is bang vir mishandeling. Al wat ‘n kind nodig het, is om die “volle effek” van die lat een keer te voel, dan sal hulle altyd die lat en hulle ouers respekteer.  ishandeling kom van woede. As jy dit ieder en elke keer “in die kiem smoor”, in plaas daarvan om onbehoorlike  gedrag te ignoreer, dan sal jy nooit die punt van mishandeling bereik nie. Mishandeling is besig om te vermeerder omdat ouers opgehou het om lyfstraf op hulle kinders toe te pas. Teen die tyd wat die kind die ouer se geduld totaal uitgeput het (omdat al die ander metodes eenvoudig nie werk nie), dan reageer die uitgemergelde ouer deur beheer te verloor.   

Waar die hart van vol is loop die mond van oor. Dit is somtyds belangrik om te vra vir ‘n “Ek is jammer, vergewe my asseblief vir
.” aangesien “‘n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde sodat hy ander kan leer.” Spr. 16:23. “Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Lukas 6:45. Dit moet opreg sonder enige wrokkigheid, woede of mooipraat wees. As die kind weer rebelleer teen gesag, deur te weier om te voldoen aan jou versoek met die regte hart, herhaal dan die pakslae totdat hulle die “volle effek” voel.

Blydskap as jy goed doen. Jy moet ware berou sien. “...Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk. Toe sĂȘ die HERE vir Kain: ‘Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie - die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.’” Gen. 4:5-7. As jy te bang is om deur te druk, en jy laat hulle koverte woede teenoor jou as gesag toe, sal jy eendag vind dat hulle bitterheid teenoor jou, julle verhouding sal vernietig.

Vergewe en bemoedig hom. Sodra jy ‘n kind het wie se rebelse gees gebreek is, bevestig jou liefde vir hom, verbaal en fisies. Gee hom ‘n drukkie en laat hy op jou skoot sit, as hy nie te oud of te swaar is nie. “Daarom vra ek julle:  Bewys liefde aan hom.” 2Kor. 2:8. “Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor.” 2Kor. 6-7. Op hierdie stadium sal daar vir jou geen nodigheid wees om hulle te “hok”, “na hulle kamers te stuur”, “hulle voordele weg te neem”, of enige ander middel van straf te gebruik nie.

Bewys liefde aan hom. Nadat jy die lat op jou kind gebruik het, maak seker dat jy jou liefde vir hom wys. “Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.” 2Kor. 2:8. Moet nooit korrigeer of die “lat” gebruik voor  mense buite die gesin nie. Ons moet nooit ons kinders in die skande steek terwyl ons omstanders in die verleentheid stel in die proses nie. “Laat alles by julle in liefde geskied.” 1Kor. 16:14. “‘n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.” Spr. 16:21. Liefde is ‘n belangrike grondslag vir jou om vir jou kind te wys. “Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom.” 1Tim. 1:5. Maak seker dat jou houding teenoor hulle bevestig dat alles vergewe en vergete is. 

Waarskuwing: As jy as ‘n moeder deur die regte stappe van korreksie gaan, dan sal daar geen rede wees om hulle vir ‘n tweede keer te straf  “wanneer hulle pa by die huis kom” nie. As jy jou man bewus wil maak van ‘n probleem wat gedurende die dag plaasgevind het, doen dit dan in privaatheid. Selfs ons hof sisteem laat nie toe dat iemand twee keer vir dieselfde misdaad verhoor word nie! 

Vreugde en gemoedsrus. God se Woord is waar. Vertrou jy Hom of vertrou jy die wĂȘreld se advies of die wĂȘreld se waarskuwings? “Gee jou seun ‘n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf.” Spr. 29:17.

KLIK HIER om Rut Esther se lofverslag te lees oor hoe sy op GOD vertrou het eerder as die wĂȘreld se advies in verband met haar seun.

Maak ‘n Verbintenis

Moet nie te lank wag nie. Begin om jou kinders te leer en te dissiplineer terwyl hulle nog jonk is. Moenie wag om slegte gedrag te korrigeer nie. Neem aksie sodra hy met ongehoorsaamheid of ‘n onaangename houding begin.

Skrywer van rebellie. Onthou dat die skrywer van rebellie Satan is. God is die skrywer van dissipline en gesag. Wie sal jy dien? Wie sal jou kind dien?

Kweek respek. Dissipline kweek respek vir jou en vir alle gesag. Verder, die tekort aan behoorlike korreksie kweek disrespek vir jou en vir alle gesag.

Bely julle sondes. Ouerlike korreksie is net tydelik; jy het net ‘n paar jaar! So begin vroeg terwyl die klei nog sag is. As jy wag tot hulle tieners is, sal jy ‘n voorhamer nodig hĂȘ om die beton weg te kap. As jou kinders volwasse is en jy het hulle nie gedissiplineer en Bybels opgelei nie, dan het jy seker baie hartseer en baie slapelose nagte gehad. Jou troos is gebed! God is ‘n God van wonderwerke. Bely jou tekort aan gehoorsaamheid aan Sy Woorde en Sy maniere aan jou volwasse kind. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.  ie gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak 5:16.

Energie en toewyding.  it sal energie en toewyding van jou verg,  maar die resultate is die moeite werd! Betaal nou of bid later!

Opleiding

Om ‘n kind groot te maak om ‘n Goddelike volwassene te wees, vat meer as dissipline - dit neem opleiding. “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie” Spr. 22:6. Die vers sĂȘ om hom op te lei oor hoe hy moet leef,  ie hoe hy “nie” moet leef nie. Baie keer spandeer ons al ons tyd om vir die kind “nee” te sĂȘ of wat om nie te doen nie, in plaas daarvan om die tyd te gebruik om hulle op te lei. Deur God se Woord te volg, sal jy die nodigheid vir baie dissipline voorkom.  Lei jou kinders op in wat om te doen!  

Nie aan my toegewy nie. Die Skrif sĂȘ vir ons, “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie.” Hosea. 4:6. Gaan jou kinders onder omdat hulle nie die kennis het van wat hulle moet doen nie? (Vir meer inligting lees en wend Workers@Home aan. Dit sal jou help om jou kinders DUIDELIKE aanwysings te gee en die resultaat sal goed-opgeleide kinders wees oor wie mense kommentaar sal lewer!)

Wat ‘n mens saai. Ons stuur ons kinders skool toe, of Sondag skool toe, vir hulle om kennis op te doen, maar God het hulle aan ons gegee. Leer hulle wat ons hulle sou leer, as ons die tyd geneem het? Kom ons onthou, “Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.” Gal. 6:7.

Hoe hy moet leef. As ons hulle nie oplei en dissiplineer nie, kan ons eerlik sĂȘ: “Gee leiding aan ‘n jong mens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” ? Spr. 22:6.

Klaar met die dinge van ‘n kind. Daarom, as ons die beloftes van Spr. 22:6 wil eis, moet ons ons kinders leer en oplei.  Help hulle om weg te doen met die dinge van ‘n kind soos wat hulle volwasse word. “Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.” 1Kor: 13:11. Leer en onderrig hulle in hierdie karakter eienskappe:

Werk met Ywer

Leer hulle om met ywer te werk. Ywer is entoesiasme, genot, opgewondenheid, vreugde, toewyding en passie. Help jou kind om goeie werk etiek te hĂȘ. Gee hulle opdragte wat hulle elke dag moet uitvoer. Vrouens wat net een of twee kinders het, het baie keer nie die kinders se hulp nodig met die huiswerk of tuin werk nie. Maar deur hulle nie te leer om “hulle deel” te doen nie, sal jy jou kinders se toekoms grootliks kompromeer.

Wil hĂȘ en benodig. Wanneer jy ‘n kind se hulp nodig het, help dit om aan die kind te wys dat jy hom wil hĂȘ en nodig het. Daar is ‘n hoofstuk in Workers@Home wat jou sal help om ‘n sisteem, wat jou kinders insluit, te implementeer wat my huis al vir meer as 20 jaar aan die gang hou!

Verantwoordelikheid! Werk leer hulle om te waardeer wat hulle het en op sy beurt leer dit hulle verantwoordelikheid! As hulle dit wat hul het, verdien het, sal hulle dit oppas en alles wat God hulle in die toekoms gee. Ons vereis dat ons kinders vir sport uniforms, inskryf fooie, skool kurrukilum, ortodontiese draadjies en baie van hulle eie klere, betaal.  Noudat my kinders tieners is, is hulle so dankbaar vir hierdie les. Hulle het eintlik hierdie punt net laas week opgebring - ongelooflik! 

Winsgewend in Diens

Werk. Neem jou kinders in diens deur werk beskikbaar te maak waar hulle geld kan verdien.  it moet bo en behalwe hulle normale pligte wees.

Wanneer hulle jonk is. Begin deur eers rondom die huis te kyk vir dinge wat hulle in staat is om te doen. Jy moenie wag totdat hulle te oud is nie; begin wanneer hulle jonk is. Ons betaal ons jonger kinders met lekkernye, voordele of ‘n skamele 25 sent vir goeie arbeid.

Buite. Volgende, soos wat hulle grootword, kan hulle buite begin werk, in die motorhuis, of aan die kar.  uite is die volgende stap nadat hulle die verantwoordelikhede binne bemeester het.

Die buurt. Laastens, nadat hulle van binne na buite bevorder is, en hulle werk goed, is hulle gereed om in die buurt te werk. Hulle kan karre was, tuinwerk doen, diere voer, swartsakke uit vat en ouer vrouens help met hulle huishoudelike take. As hulle ouers, kyk rond vir die behoeftes in jou buurt.

Nota: Maak seker dat hulle hulp aan jou of ‘n buurman/vrou, nie altyd vir geld is nie - hulle moet behulpsaam aan jou, weduwees en die armes wees.

Geld wat hulle verdien het. Wat doen hulle met die geld wat hulle verdien het? Dit is belangrik dat jy nie die onderrig proses stop sodra hulle geld verdien het nie. Jy moet hulle leer hoe om die geld te spandeer wat hulle verdien het. 

Kinders se behoeftes. Die ergste ding wat jy kan doen, is om in al jou kind se begeertes te voorsien. Ook, moenie die goed vervang wat hulle verloor of beskadig het nie, of wat gesteel is nie - as dit deur hulle eie onverantwoordelikheid veroorsaak is nie.

Oorgedra na hulle volwasse lewe. Dit wat jy hulle nou leer om met hulle geld, wat hulle verdien het, te doen, sal oorgedra word na hulle volwasse lewens. Wil jy hĂȘ hulle moet op jou staatmaak sodra hulle veronderstel is om op hulle eie te wees?

God voorsien in al ons behoeftes. Tiendes eerste ! Leer jou kinders dat God in al ons behoeftes voorsien. God vra net dat ons Hom 10% gee en ons kan 90% hou! Tiendes word gegee op alles wat verdien word. Tiendes word nie gegee wanneer die kind geld kry as ‘n geskenk van iemand nie.

Spaar 10%. Spaar! Leer die kind om die volgende 10% te spaar.

Toekomstige behoeftes. Volgende, betaal vir behoeftes. Kyk vorentoe na hulle toekomstige behoeftes soos hierbo genoem (tariewe, toerusting of klere), of moontlik ‘n verjaarsdag geskenk, Moedersdag geskenk, ens.

Leer wyse aankope. Laastens, die kind mag op sy “begeertes” spandeer. Die omsigtigheid hier is om hulle wyse aankope te leer. Dit kan net gedoen word as JY wyse aankope beoefen. Die BESTE manier om te begin is om aan te koop wat jy regtig nodig het en sal gebruik, lees Hoofstuk 2, “Verwyder Rommel” in die boek, Workers@Home. Toe ek ontslae geraak het van ALLES wat ek gekoop het, maar nie gebruik het nie, het dit my aankoop praktyke verander, en dit het dieselfde vir talle vrouens gedoen wat dieselfde resultate gehad het.   

Sy eie geld. Moenie speelgoed, speletjies of boeke toelaat, wat ‘n slegte invloed op jou kind het, net omdat hy sy “eie geld” gebruik nie. Ook, moet hulle nie toelaat om rebelse klere te koop (dinge wat jy nie vir hulle sou koop nie), net omdat dit hulle geld is nie.

Die beste kopie. Help jou kind om dinge aan te koop wat sal hou, soek die beste aankoop en moenie val vir items wat net “giere” is nie.

Organisasie

Leer hulle om te organiseer.  y moet jou kind oplei om georganiseerd te wees, maar jy kan nie oordra wat jy nie self geleer het nie! My moeder, God seĂ«n haar, was die ongeorganiseerdste mens wat ek ooit geken het. Toe ek getroud is, het ek geen idee gehad hoe om my huis te organiseer en als glad te laat verloop nie. As jy probleme het in hierdie area, is daar hoop. Ek het meeste van die idees hoe ek my huis en familie (van nege) glad laat verloop, neergeskryf. Kry ‘n afskrif van Workers@Home: Making the Most of Your Time. ‘n Vrou, wie al my boeke besit, het vir haar vriendin vertel; “Workers@Home is die BESTE boek wat ek al ooit gelees het, sonder twyfel! Dit werk!” Boca Rotta, FL.

Soos wat hulle wil. Wees ywerig dat hulle hulle kamers aan die kant hou. Baie moeders dink omdat dit “hulle kamers” is, kan hulle dit onderhou soos wat hulle wil, solank die deur toe is.

Hulle huise. Daarom, sal jou dogters eendag hulle huise ook so onderhou!

Was toegelaat om sy kamer slordig te hou. Baie vrouens laat hulle seuns toe om slordig te wees. Ek dink nie jy sal gewild wees by jou skoondogter wanneer jou seun sy huis onderhou soos wat hy toegelaat was om sy kamer te onderhou nie!

Wees versigtig: Wees versigtig om “territoriale houdings” oor hulle kamers en hulle goed te kweek. Jy moet jou kinders leer, en self uitbeeld, dat ons “niks besit nie”. Ons is rentmeesters oor alles wat God aan ons toevertrou het.

Hoe om dit te doen. Leer hulle hoe om al die take en werkies te doen wat van hulle gevra word om te doen.

Reg gedoen. Werk eers saam; dan later, wanneer hulle die vaardigheid bemeester het, kyk af en toe om seker te maak dis reg gedoen.

Alles is wonderlik. Baie deskundiges sĂȘ vir ons dat ons die kind se selfbeeld skade sal aandoen as ons nie sĂȘ “alles is wonderlik” nie. Dan wanneer hulle veilig uit die kamer is, kan ons “regmaak” wat hulle gemis of verkeerd gedoen het.  Kinders verkies en benodig die waarheid van ons. Moet nie bang wees om hulle te korrigeer nie. Maak net seker dit word deur liefde gemotiveer, nie ‘n begeerte om te bewys dat hulle ‘n mislukking is nie.

Bou die agting. Jy wil nie die agting van jou kind bou nie. (As jy nie oorreed is nie, lees weer les 6, Nederigheid teenoor Selfbeeld.)

Wil verbeter. Dit is belangrik om hulle op te lei met die begeerte om te “wil verbeter.” Dit behoort ‘n deurlopende proses te wees. Om dinge reg te doen, moet nagestreef word,  nie ‘n kwessie van ‘n nederlaag nie.

Gereed vir inspeksie, Mevrou. Ek laat die kinders sĂȘ “Gereed vir inspeksie, Mevrou.” Dan wys ek die dinge uit wat hulle gemis het. Ek kom dan later terug om weer te kyk.

Berei vooraf. Leer hulle hoe om vooraf reg te maak deur die tafel die aand vantevore te dek vir ontbyt, klere uit te lĂȘ vir die volgende dag, hulle sport sakke te pak na die klere skoon en droog is, en om dinge by die deur te sit om te vat wanneer hulle by die deur uitgaan. Jy sal wenke hieroor vind in Workers@Home: Making the Most of Your Time.

Huiswerk

Verlaag jou verwagtinge. Wanneer jy met kinders werk, is geduld die meeste nodig, saam met laer verwagtinge as wat ons vir onsself mag hĂȘ.

BelĂȘ in die toekoms.  Dit mag dalk nou makliker wees om alles self te doen, maar, deur jou kinders op te lei, belĂȘ jy in die toekoms - joune en hulle sin.

Moenie net agter hulle optel nie. Leer hulle om jou huis skoon en netjies te hou. Roep hulle (in die kamer of in die huis in) wanneer hulle iets uit plek gelos het. Moenie net agter hulle optel nie.

Moeilik om geduldig te wees. Deur hulle te kry om jou in die kombuis te help, kan ook behulpsaam wees. Wees versigtig: moenie hier in belĂȘ wanneer aandete laat is of jy gaste verwag nie - dit sal moeilik wees om geduldig te wees!

Leer jou jonger mans. Leer seuns om die wasgoed te was. Huiswerk is nie net vir meisies nie aangesien meeste mans alleen bly voor hulle trou. Dit is verskriklik wanneer moeders nie hulle jong mans geleer het nie. Sal jou skoondogter nie lief wees vir jou wanneer sy haar eerste baba het, en haar man is in staat om die huis skoon te hou en al die wasgoed te was nie? Seuns wat omtrent 9 of 10 is, kan dit maklik leer. As jy wag totdat hulle tieners is, het jy te lank gewag. Moenie wag totdat hulle tieners is om hulle die take te leer nie. Rebellie wys sy magtige kop, veral as jy min of geen beheer gehad het oor hulle toe hulle jonger was.

Die maklikste manier om jou ouer kinders te “vertel” (en meeste kleintjies ook), is om die 3x5 kaart metode, van die Workers@Home, te implementeer. Jong mense lyk asof hulle nie daarvan hou om gesĂȘ te word om dinge te doen nie.  Die metode is om hulle te vertel, sonder om hulle te vertel.

Voorstel: Los die titel van “tiener” uit jou woordeskat. Dit word aan rebellie gekonekteer. Hulle is “jong mans” of “ jong dames” en jy moet van hulle verwag om so op te tree.

Geestelik

Praat oor God. Praat met jou kinders oor God, jou Here, en hoe Hy daagliks ‘n rol speel in ons lewens.

Daaglikse gebede. Bid saam met hulle oor hulle behoeftes en vrese. Vra hulle om vir jou behoeftes te bid, veral gedurende ‘n familie krisis. Daaglikse gebed is die beste medisyne vir daaglikse sorge.   

Deel jou beproewings. Jy is nie besig om “godsdiens by hulle kele af te dwing” wanneer jy jou beproewings deel en hoe die Here jou deur hulle almal gehelp het nie. Moenie alles waardeur jy gaan, as ‘n volwassene, wegsteek sodat hulle onvoorbereid is vir die lewe nie. Maar ter selfde tyd, moenie hulle in jou vertroue neem en besonderhede, wat hulle nooit as ‘n kind in die gesig behoort te staar, met hulle deel nie.

Wees versigtig: Kinders het ore en hulle hoor alles! Wees versigtig wat jy in hulle teenwoordigheid sĂȘ en hou jou tong in toom, veral wanneer jy op die telefoon is. Jou kinders is nie jou beste vriende nie. Hulle het jou nodig om die ouer te wees en hulle te beskerm terwyl hulle jonk is! Moenie vrees aan jou kinders oordra nie.

Sien jou vreugde! Lewe jou geloof! Wees sagmoedig en stil. Laat hulle jou vreugde in die Here sien! Nog ‘n ding wat ek elke dag met my klein kinders gedoen het, was om hulle te leer om hul wapenrusting van God aan te trek. Laat hulle dit uitbeeld asof hul elke stuk aantrek. My klein seuntjies het hulle wapens met helms en swaarde gemaak. Dan het hulle in ‘n harde stem verklaar, “Dit is my swaard van die gees - die Woord van God!” “Ek dra sandale van vrede, sodat ek ‘n vredemaker kan wees wanneer ek moeilikheid sien!” “Dit is my skild van geloof, sodat ek al die vurige pyle van die duiwel kan uitsit wanneer hy hulle na my toe skiet!”

Lei hulle na God toe op n jong ouderdom. (Moenie hierdie seĂ«n aan ‘n Sondagskool onderwyseres of iemand anders oorlaat nie.) As hulle by jou leer dat God ‘n LIEFDEVOLLE God is, deur hoe jy hulle behandel, sal jou kinders dieselfde verhouding met die Here wil hĂȘ as wat jy met Hom en hulle het.

Aan U beloftes hou ek vas. Laat hulle die Skrif elke dag memoriseer. Deur aan God se beloftes vas te hou, sal hulle die grondslag hĂȘ wat hulle nodig het vir ‘n werklike groot en goddelike karakter. Jy sal wenke oor Bybel memorisering in Workers@Home en Tuisskool vir Hom vind, beskikbaar deur ons ministerie.

Dissiplinering en opleiding. Deur God se Woord te volg deur te dissiplineer, op te lei en jou kinders te korrigeer,  stel jy ‘n voorbeeld vir hulle om dieselfde vir jou kleinkinders te doen.

Respek

“Eer jou vader en jou moeder.” Efe. 6:1. Dit behoort die eerste Bybel vers te wees wat elke kind tussen 2 en 3 jarige ouderdom moet memoriseer.

Volg jou voorbeeld. Wees versigtig hoe jy oor jou ouers praat voor jou kinders; jou kinders sal jou voorbeeld volg.  Wees seker dat jy jou ouers behandel en met hulle praat op ‘n manier wat jy behandel wil word wanneer jy ouer  word.

Verheerlik minagtende kinders. Moenie jou kinders toelaat om minagtend teenoor ander volwassenes op te tree nie.  As jy televisie in jou huis toelaat, leer jy hulle om rebels te wees. Minagting vir volwassenes word beklemtoon in al die sitkoms en flieks wat hulle kyk. Dit is deesdae baie gewild om hierdie minagtende kinders te verheerlik.

Terug praat. Laat jy toe dat jou kinders met jou terug praat? As hulle antwoord enigiets behalwe “Ja, Ma” of “Nee, Pa”  is, dan praat hulle terug.

Moet dit nooit toelaat nie. Gee hulle pakslae, dadelik. Moet nooit terug praat toelaat nie. (Lees les 4, “Goedhartigheid is op Haar Tong”).

Ja, Ma. Leer hulle om jou te antwoord met “Ja, Ma?” of “Ja, Mamma?”

Wag totdat dinge kalm is. Moenie op hulle skreeu as hulle wel terug praat nie aangesien dit moontlik sal veroorsaak dat hulle terug skreeu. Raps hulle op ‘n kalm manier, en verduidelik dan dat “terug praat” nie weer sal gebeur nie.

Jy is ‘n leuenaar. As hulle dit weer doen en jy straf hulle nie, is jy ‘n leuenaar en is jy ‘n gruwel vir God. Enige tyd wat jy bloot jou kinders dreig en nie jou dreigemente uitvoer nie, is jy ‘n leuenaar. Vervang dreigemente met waarskuwings en voer dit uit! (Sien les 4, “Goedhartigheid is op Haar Tong,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy verwerp het
.” Hosea 4:6.)

Hoeveel keer roep jy? Moet nooit twee keer roep nie. Kinders weet hoeveel keer jy gewillig is om hulle te roep. Elke kind wag om te kom tot net voor hulle weet jy wil “ontplof”

Hier kom ek! Leer hulle om jou eerste roep met “Hier kom ek!” te antwoord. Dit begin deur jou kleuter te leer om te sĂȘ, “Hier kom ek, Mamma,” en neem dan sy hand en bring hom terug na jou toe, loof hom langs die pad.

Skielik nie in staat om te loop nie. As hulle “lam in die knieĂ«â€ word en skielik nie in staat is om te loop nie, kry hulle ‘n  raps.

Kom gewillig saam. Teen die tyd wat hulle in staat is om die woorde “Hier kom ek, Mamma,” te sĂȘ, dink hulle dit is hulle idee, en kom hulle gewilliglik..

Is jy te lui? Moet hulle nie roep as jy te lui is om hulle na die eerste roep te gaan haal nie. Onthou: vertraagde gehoorsaamheid is ongehoorsaamheid! Leer hulle om respek te hĂȘ vir ander deur dit wat jy vir hulle sĂȘ om te doen, af te dwing.

Baseer elke les op ‘n Skriftelike fondasie. Moenie sleg van ander praat nie en moet dit nie van jou kinders duld nie.  Ek probeer altyd om elke les op ‘n Skrifgedeelte te baseer. Daar is baie Skrifgedeeltes oor die onderwerp van laster...

Betoon respek. Betoon respek vir ander mense se besittings en eiendom. Dit word geleer deur in ander te belĂȘ. Help hulle om vir geleenthede te kyk om een van jou bure te help met hulle huise. Jy kan ook dat hulle hulle broers en susters help om hulle kamers skoon te maak, fiets reg te maak, of hulle take te doen.

Maniere

Stel hulleself voor.  Leer jou kinders die beleefde manier om hulleself voor te stel, soos; “Dit is goed om jou te ontmoet” met ‘n glimlag (en ‘n handdruk vir die seuns).  My dogters het ‘n Shirley Temple fliek gekyk waar sy die knie gebuig het.  Hulle het dit gedoen toe hulle voorgestel is aan ‘n kennis van hulle ouma.  Die ouer heer het nooit daaroor gekom nie en het dosyne mense vertel van die oulike, goed-gemanierde kinders wie by die huis skool gegaan het. 

Behoorlike telefoon etiket.  Leer hulle behoorlike telefoon etiket.  Laat hulle hulself identifiseer en vra,       “Wie skakel, asseblief?” Leer hulle dan om die telefoon toe te hou, of te gaan en jou te gaan haal - hulle moet nooit vir jou skree nie!

Maak oog kontak.  Kyk in hulle oë sodat hulle leer om dieselfde te doen.  Om nie in staat te wees om oog kontak te maak nie, kan affekteer hoe ander hul opregtheid sien.  Mense wat hulle ontmoet voel dat hulle oneerlik, skelm of ongemaklik is.

Laat jy jou kinders toe om te onderbreek?  Moedig jy onderbrekings aan deur jou kinders toe te laat om te kry wat hulle wil hĂȘ wanneer hulle onderbreek? Moet nooit toelaat dat hulle onderbreek wanneer jy of ander praat nie.  Leer hulle om:

Stil te staan.  Leer hulle om stil langs jou te staan.  Na ‘n kort periode, verskoon jouself en vra hulle stilletjies wat hulle nodig het.  My kleintjies sit hulle hand op my voorarm om my aandag te kry, sonder om ‘n woord te sĂȘ.

Gaan weg en kom terug. As hulle onderbreek, maak dat hulle weggaan en terugkom en doen wat jy gevra het - oor en oor indien nodig!

Moenie luister nie.  En moenie luister na wat hulle wil hĂȘ nie of jy kweek net onderbrekings!

Wag tot jy nie besig is nie. Soos wat hulle ouer word, moet die tyd wat hulle wag, uitgerek word.  Teen die tyd wat hulle ongeveer 6 is, moet hulle wag totdat jy nie besig is nie, tensy dit ‘n noodgeval is.  Natuurlik kan hulle altyd “vir jou ‘n nota gee.”  Wanneer jy reageer, maak seker dat jy “jouself verskoon” by die persoon met wie jy besig is om te praat!

‘n Behoorlike houding behoort lewenslank te wees.  Moenie die frase “Solank jy in my huis is, sal jy
” Is dit jou doel om ‘n goddelike man of goddelike vrou te ontwikkel? Goeie gedrag of ‘n behoorlike houding moet lewenslank wees.  Dit is belangrik om jou kinders se karakters te ontwikkel, nie net ‘n vleeslike reaksie te onderdruk nie.

Moenie. Moenie sleg oor jou kinders praat nie, nooit! Moet hulle nie brokkies of erger noem nie. Moenie sĂȘ dat jy nie kan wag totdat hulle terug gaan skool toe of grootword nie. Jy sal saai wat jy maai. Dieselfde houding sal later na jou terugkeer.  Jy sal ook ‘n brokkie op hande hĂȘ! 

Tuis Skool

Baie mense dink dit is vreemd dat ek my kinders by die huis leer. Die Here weet dat dit nie net toewyding is nie, maar ‘n oortuiging. Alhoewel ons nie aan onsself dink as “tuisskolers” nie, omdat ons nie in die tipiese vorm inpas nie, sal ons NOOIT ons kinders aan ander oorgee om te leer nie. Wat ook al die probleme was wat ons teĂ«gekom het gedurende die 16 jaar wat ons ons eie kinders geleer het, oortref die SEËNINGE wat ons gemaai het  by VERRE die beproewings wat ons ooit ondervind het. 

Onder is net ‘n paar redes en oortuigings hoekom ek my eie kinders onderrig. As jy nie jou kinders by die huis onderrig nie, hoop ek dat, nadat jy dit gelees het, jy sal voel dat dit iets is waaroor jy saam met jou man moet bid. Vandat hierdie hoofstuk die eerste keer geskryf was, en dit so baie vrae van ouers gebring het oor die onderrig van hulle kinders by die huis, EN omdat ek en Dan so ‘n hart het vir ouers wat hulle eie kinders onderrig, het ons ‘n werkboek gepubliseer; Homeschooling for Him!, wat jy in ons EncouragingBookstore.com webwerf kan vind.

Jy moet dit inskerp by jou kinders. God gee jou kinders om op te lei totdat hulle volwassenes is. As volwassenes, moet hulle saam met ander geestelike dinge, weet hoe om te lees, skryf en wiskunde te doen. ‘n Persoon hoef net die nuusberig aan te sit, ‘n koerant te lees of ‘n tydskrif op te tel om te sien dat die wat matrikuleer, nie hierdie basiese vaardighede het nie. Groot maatskappye moet nou geld spandeer om remediĂ«rende vaardighede aan ons nasie se jong volwassenes te leer, omdat hulle nie die basiese beginsels in 12 plus jare op skool, geleer het nie. “Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Deut. 6:7. 

God gee hulle kennis en intelligensie. Jy spandeer jare om waardes en wysheid in hierdie klein kindjie in te weef, en dan ontrafel die skool alles wat hulle geleer is. Om als te kroon, draai hulle jou eie kinders teen jou en na hulle portuurgroep. DaniĂ«l sou nooit alleen kon staan as sy ouers hom nie opgelei het as ‘n jong seun nie. Ons eis die vers in DaniĂ«l 1:17 wat sĂȘ: “God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. DaniĂ«l kon enige gesig of droom uitlĂȘ.”

Het hom voorgeneem. Soos met alle beloftes, is daar voorwaardes waaraan voldoen moet word. God se voorwaardes, waaraan hierdie jong manne voldoen het, was dat hulle onbesmet sou bly. “DaniĂ«l het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie
” Dan. 1:8.  As ons ons kinders onbesmet hou, soos hierdie jong manne se ouers hulle gehou het, dan kan ons vertrou dat God ons kinders sal gee wat hulle nodig het. 

Vra jouself hierdie vrae: As jou kinders omring is deur die bose, sal hulle onbesmet bly? Is die wĂȘreld se kennis belangriker as die toestand van hulle siele? Wil jy hĂȘ jou kinders moet ‘n ander geloof leer? SekulĂȘre humanisme word in alle publieke skole geleer en word vermeng met elke vak wat hulle neem. “Ek sal sorg dat jy die name van die BaĂ€ls nie weer noem nie en dat jy hulle nooit weer aanroep nie.” Hosea. 2:16.

Ons dae. Het jy die tyd oorweeg wat by die skool gespandeer word teenoor die tyd by die huis saam met jou, hulle pa, en broers en susters? “...ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee
.” 1Kron. 29:15AFR53.

‘n Vriend van die wĂȘreld is ‘n vyand van God. Wil jy hĂȘ hulle portuurgroep moet eerste plek in hulle lewens hĂȘ? Wil jy hĂȘ hulle portuurgroep moet die mense wees wat hulle die meeste wil tevrede stel? Sou jy nie eerder wil hĂȘ dit moet jy en die Here wees wat eerste in hulle lewens is nie? Wil jy nie hĂȘ hulle moet God die meeste wil tevrede stel nie? “Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wĂȘreld vyandskap teen God is nie.” Jak. 4:4.

Dit is ‘n skande om selfs te praat van die dinge. Ons ken almal die probleme in die skool: groepsdruk, dwelms, seks, drank en geweld. Nie net word ons kinders blootgestel aan hierdie bose nie, maar die skole onderrig ons kinders ook nou in die bose! Hulle leer die kinders oor VIGS, homoseksualiteit, geboorte beperking, om ouers aan te kla van kindermishandeling, en die lys gaan aan. “en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie...dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen.”  Efe. 5:11-12. 

Bly weg. In plaas daarvan, leer hulle, “...bly weg van die kwaad af en doen wat goed is.” 1Pet. 3:11. Hier is ‘n snaakse storie: Toe Cooper, wie toe net 5 jaar oud was, geleer het om ‘n heer te wees (wanneer ek of sy susters besig was om aan te trek), het hy weggedraai en op die deuntjie van “Dixie” begin sing; “Kyk weg, kyk weg, kyk weg, goddelike man!”

Vermy ‘n dwase mens. Kom ons slaan ag op God se Woord wanneer Hy waarsku, “Vermy ‘n dwase mens; jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.” Spr. 14:7.

Oppas dat hy nie val nie. Sal jy daarvan hou as jou man in ‘n kroeg gewerk het of ĂȘrens anders waar onsedelikheid, dwelms, geweld en alkohol onbeheersd voorkom? Hoe lank kan hy “staan” voordat dit hom begin affekteer? “Daarom,  wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” 1Kor. 10:12.

Slegte geselskap bederf goeie sedes. Jou kinders het minder krag om ‘n bose invloed te weerstaan as ‘n volwasse man of vrou. “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes.’ ” 1Kor. 15:33.

‘n Struikelblok word. As jy jou kinders in ‘n omgewing plaas wat boos is en wat hulle goeie, morele waardes korrup maak, word hierdie vers nie op jou gemik nie? “Jesus het vir Sy dissipels gesĂȘ: ‘Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word.’ ” Lukas 17: 1-2.

Hier is net nog ‘n paar voordele om jou kinders by die huis te onderrig:

Jou ma se leringe. Aangesien jy jou kind se onderwyser is, kan jy seker wees dat jou seun of dogter alles sal leer wat hy of sy nodig het om te weet. Jy probeer nie om 30 kinders te leer nie, so jy kan tyd neem om aan elke kind te verduidelik wat hy of sy dalk nie verstaan nie. Jy hoef nie na ‘n nuwe les toe te gaan voordat hy nie die vorige vaardigheid bemeester het nie. Dit is aangesig tot aangesig onderrig, ‘n metode waarin alle kinders presteer. “...Moenie wat jou moeder jou leer verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ‘n krans op jou kop.” Spr. 1:8.

Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem. Jy kan tyd spandeer om “akademie” te onderrig in plaas daarvan om tyd te mors deur hul te leer van geboortebeperking, kindermishandeling, herwinning of om “moeder aarde” te aanbid.  Hulle tyd sal oordeelkundig spandeer word. Hulle sal ook die vaardighede hĂȘ om leiers te word aangesien Hy die wat Hy vir leierskap gekies het, apart hou, bv. Abraham, Josef, Moses, Johannes die Doper en Jesus. “Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word
.” Spr. 2:10.

Beywer julle allereers vir die koninkryk van God. Jy sal in staat wees om Bybel lees en memorisering eerste te plaas. As jy die meeste klem op hierdie vakke plaas, dan kan jy diĂ© Bybel vers eis: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Matt. 6:33. Moenie vergeet dat die boek Workers@Home ‘n wonderlike metode het om die Skrif te memoriseer nie.

Blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Jou doelwitte vir jou dogters behoort anders te wees as jou doelwitte vir jou seuns. Elkeen van jou dogters moet in staat wees om haar eie kinders te onderrig en haar eie man te help. Jy moet hulle aanmoedig om nie loopbane na te streef nie, wat hulle huwelike in gevaar sal stel. Leer hulle om ‘n huis te bestuur, vir haar kinders om te gee, naaldwerk te doen, en ‘n ministerie van haar huis af te doen. Gebruik Spreuke 31 as jou gids. “laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.” Spr. 31:31. Maar belangriker, jy kan jou dogters lei om “blywende beskeidenheid en kalmte van gees te hĂȘ. Dit het by God groot waarde.” 1Pet. 3:4. ‘n Sagte en kalm gees kan net deur jou voorbeeld geleer word. Buitendien, ek glo nie hierdie tipe gees is een van die doelwitte van ons publieke skole nie!   

Geloof wat nie tot dade kom nie. My doelwitte vir my seuns is eerstens om sterk van gees te wees, saam met ywer en ‘n sterk werk etiek. “So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Jak. 2:26.

En Hy sal julle verhoog. Beide jou dogters en jou seuns moet leer om hulle lewens vir die Here te lewe. “Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak. 4:10.                           

Die siel in die hel laat vergaan. Die rigting waarin ons ons kinders se lewens moet rig, is nie na ‘n universiteit of ‘n goeie werk waar hulle baie geld gaan maak nie. ‘n Onlangse opname het rapporteer dat, van die wat bely dat hulle Christene is (ons seuns en ons dogters), en universiteit toe gegaan het (sekulĂȘre sowel as Christelike universiteite), het 80% van hulle weg gedraai van hulle geloof af! Wat erger is, is dat net 40% van hulle ooit terugkeer na God toe! Ouers, is ‘n universiteits graad meer belangrik as jou kind se ewige siel? “Moenie bang wees vir diĂ© wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.” Matt. 10:28. Om geld na te jaag moenie die doelwit wees nie. Almal van ons moet die Here eers soek om uit te vind wat die “roeping” op ons kinders se lewens is.

My God sal in elke behoefte ryklik voorsien. Baie keer is dit die ouers se “trots” wat veroorsaak dat hulle hulle  kinders universiteit toe stuur. Wees versigtig vir al die universiteite, veral wanneer hulle weg is van die huis af. Jy mag dalk vir jou vatbare seun (of dogter) betaal om weggedra te word in wellus en ander sondes soos drank en dwelms. Jesus het nie sy ouers se gesag verlaat totdat Hy 30 was nie! Baie perverse leringe is in die gedagtes van jong mans en dogters geplant, selfs in Bybel Kolleges, en het later in hul lewe “slegte vrugte” voort gebring. Interessant genoeg, Charles Darwin, die vader van evolusie, het ‘n graad in teologie gehad! “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Fil 4:19. Waarskuwing: Ek het persoonlik vir baie vrouens berading gegee wie se mans ondenkbare, perverse, teorieĂ« van hulle professors in Bybel kolleges geleer het.

Ons dae so gebruik. Die belangrikste voordeel is die “KWANTITEIT,” nie kwaliteit, tyd wat jy saam met jou kinders spandeer. Onthou jy dat ouer mense jou vertel het “hoe gou tyd vlieg,” en “geniet jou kinders terwyl hulle nog jonk is”?  Neem daardie advies, omdat hulle reg is. Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd gevlieg het vandat my ouer kinders klein was nie. Ek kan nooit weer daardie dae terugkry nie. Ek beplan om terug te kyk na elke oomblik wat ek saam met my kinders gehad het, sonder om spyt te wees oor die tyd wat ek moontlik gemors het. “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.” Psalm 90:12.

PODCAST Luister na Yvonne (wie nou ‘n werker by die huis is en deel van ons Bediening Span) wat haar opgewondenheid deel soos wat sy die Les Leef om ons dae te tel as moeders.

#WWYMT Wees seker om hierdie kosbare en voortdurende Bemoedigers te volg wat op‘n Wyse Vrou Jou Moeder se Leringe fokus!

Voordele van Tuis Skool

‘n Oorvloed vreugde. As jy tyd spandeer om te onderrig, op te lei, dissiplineer en jou kinders te korrigeer, sal jy ‘n oorvloed vreugde maai!

Goed gedissiplineerde kinders. Deur die tyd te neem om goed gemanierde kinders te ontwikkel, sal lof van ander bring, in plaas van skande. Jou kinders is ook jou getuienis en getuie aan ander, of hulle by jou is of uit op hulle eie.

Niks verskaf my groter vreugde nie. As jy meer tyd spandeer om te “dissiplineer, leer en op te lei,” sal die nodigheid vir regstelling minder word. Keer slegte gedrag gou. Onthou, “‘n Pak in tyd, spaar nege!” Jy sal ook helpers hĂȘ, nie laste nie. Maar die belangrikste, hulle sal sterk in geloof wees. “Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.” Joh. 3:1-4.

Taai liefde (Tough Love). As jy hulle lief genoeg het om hulle vroeg op te lei, sal jy nie nodig hĂȘ om “taai liefde” te gebruik wanneer hulle hulle tienerjare bereik nie. “Taai liefde” word benodig deur ouers wat nie hulle kinders gedissiplineer en opgelei het toe hulle jonk was nie. Hulle was bang om die lat te gebruik omdat hulle nie die Woord van God gevrees het nie, maar eerder mense gevrees het. En ja, ek stel “taai liefde” voor vir tieners alhoewel ek nie daarmee saamstem vir die huweliks verhouding nie. Ouers word beveel om hulle kinders te beheer en straf; maar, nie die man of die vrou, word opdrag gegee om met enigiets anders as liefde te reageer op hul gade se aksies nie.

Waarskuwing: “Taai liefde” moet nooit op jou man gebruik word nie. Dit is nie Skriftelik nie en die nagevolge is rampspoedig! Lees “Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal herstel: Deur Iemand wat Daar Was” om te leer wat die resultate was, van iemand wat dit probeer het!

Liefde en respek vir jou. Wanneer jy jou kinders liefhet, onderrig, oplei en dissiplineer, sal hulle deel van jou lewe wees selfs nadat hulle getroud is. Omdat jy liefde en respek vir jou, in jou kinders gekweek het, sal hulle kies om naby jou te wees as volwassenes.

Ondersteun hulle finansieel.  Nog ‘n seĂ«n is dat jy hulle nie finansieel hoef te ondersteun, as volwassenes, as jy julle ywerig opgelei het in goeie werk etiek nie.

Wys nou belangstelling in hulle. Moenie wag om met jou kinders te praat nie; as jy nou belangstelling in hulle wys, sal hulle later belangstelling in jou wys.

NUUT—Om VEILIGHEIDSONTHALWE. Dit lyk asof ons elke dag hoor van die gevare van afknouery wat ontaard in ‘n kind wat sy eie lewe neem! Ongehoord toe hierdie boek eers geskryf was.

Ook ongehoord van was die massa skietery. Of jy nou op God vertrou vir die beskerming van jou eie kinders van afknouery, selfmoord, en/of ‘n massa skool skieter—wat van familie lede, bure of jou mede werker se kinders?

Lei deur jou voorbeeld en as jou man nie jou oortuigings deel nie, wees seker om eenvoudig met jou Hemelse Man en jou kinders se Hemelse Pa te praat wie om jou onthalwe sal optree. Bygevoeg, moet jou kinders nie in gevaar plaas deur insubordinasie soos wat jy geleer het op Dag 16 Hoofstuk 8 “Vrouens Wees Onderdanig.”

Tensy jy geskei is, dan is jy vry om Sy leiding te volg solank daar nie ‘n “hofbevel” is met betrekkig tot opvoedkundige riglyne nie.

Johannes 8:36—
"Eers as die Seun julle vrymaak,
sal julle werklik vry wees."

BONUS Tuisskool vir Hom Kursus

Lees die Boek Resensies ★★★★★

Pragtige bruide, ek sal daarvan hou om met julle te deel hoe my Beminde so getrou aan my was toe ek die beginsel van Hoofstuk 5 “Wen Sonder ‘n Woord.” gevolg het.

Ek bly nou naby my familie en my kinders sien hulle grootouers gereeld. My skoonma is wonderlik. Sy is so spraaksaam en maak mense somtyds ongemaklik. Ek het geweet dat deur nader aan almal te bly ek al die RMI beginsels, Bybelse beginsels dikwels sou moes uitoefen. 

‘n Paar weke gelede, nadat ek tyd saam met my seun spandeer het, het my skoonma vir my AM vertel dat ons seun nie genoeg praat nie en spraakterapie nodig het. My AM het vir my gesĂȘ wat sy reaksie teenoor haar kommentaar was en gelukkig het hy eintlik gesĂȘ wat ek ook geglo het. Ons was in ooreenstemming. Loof die Here! My eerste instink was om my te vererg. Ek het daardie gevoel nagegaan en dit weggegooi. Toe het ek oorweeg of dit wat sy gesĂȘ het enige waarde het. Ek het met my HM gepraat om my asseblief te laat weet of ek enigiets moes doen. Hierdie kommentaar was BAIE moeilik vir my. Dit het aangehou om in my kop rond te maal. Elke keer het ek dit vir HM gegee sodat Hy dit kon hanteer. My vlees wou met haar praat. My HM wou gehad het ek moes stilbly, toe bly ek stil en wag vir Hom om dit reg te maak. 

My Liefde is so getrou dat my seun vandag, terwyl sy na die kinders gekyk het toe ek nie by die huis was nie, baie spraaksaam was en het herhaal wat sy spotprente gesĂȘ het, hy het gesing en was pronkerig. My Liefde het dit voor haar laat gebeur en ek het nie nodig gehad om ‘n woord te sĂȘ nie.

Ek was nie groot gemaak om te Wen Sonder ‘n Woord nie. My instink is altyd om myself te verdedig. Nou, doen ek my bes om my HM toe te laat om my gevegte te baklei. Dit was nie maklik om van my ou maniere te laat gaan nie, maar dit is altyd so belondend.

My Liefde, Jy gaan verbaas my steeds. Jy hou aan om my te wys hoe Jy alles vir my ten goede laat meewerk. Hierdie ongemaklike kommentaar het in ‘n lofverslag verander. Dankie dat ek vir jou al my bekommernisse en laste kan gee en Jy hanteer hulle. Jy is ongelooflik!

Soete bruide, wen sonder ‘n woord gaan teen wat meeste van ons geleer was. Daar is baie min mense wat dit doen. Tog, vra Hy ons om dit te doen. Ek moedig jou aan om na Sy leiding te luister. Probeer hierdie beginsel. Oefen dit uit. Dit sal jou wyser maak en vir jou HM plek maak om te werk en te pronk. Jy sal so vreugdevol wees wetend dat Hy jou bekommernis hanteer het. Jy kan op Hom vertrou.

“Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sĂȘ nie” 1 Petrus 3:1-2 Afr 83.

“Nee, julle skoonheid moet diĂ© van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waaded.” 1 Petrus 3:4 Afr 83

~ Rut Ester in Puerto Rico

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui