My Kinders is Syne Deel 1

"Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees." E14:14

My Kinders se Vader, my Man, is so goed vir hulle. Hulle gaan elke tweede naweek na hulle pa toe en omdat hulle tuisskool, gaan hulle al op 'n Donderdag en dan doen hulle enige werkies wat oor is vir die week daar.

Hulle stiefma en stiefboetie maak regtig 'n groot ding van die feit dat hulle tuisskool en vertel elke keer vir my kinders hoe dit nie goed is vir hulle nie. Ek het baie kwaad geword daar maar my Man het vir my 'n versie gegee en gesê ek moet nou ophou want: "Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here." J54:17

Ek is nie my kinders nie, en ek hoef nie elke tweede naweek hierdeur te gaan nie, so die oggend met ons oggendkoffie in die bed vertel my seun, Owen vir my hy het nie lekker geslaap nie. Dit is altyd 'n teken dat iets hom pla aangesien hy nie so uitgesproke is soos sy sussie nie, moet ek die klein dingetjies raaksien.

Ek vra toe wat gaan aan en hulle vertel my dat hulle nie regtig hulle skootrekenaars na hulle pa toe wil vat nie. Ek het die jaar oorgeskuif na 'n nuwe platform toe en hulle stuur "presentation slides" vir die kinders. Hulle geniet dit baie, want nou kan hulle luister, lees en skryf en dit help hulle beter leer, maar die skyfies is wat ons kinders vandag na toe verwys as "cringe" Dit het snaakse byklanke en prentjies om hulle aandag te trek en hulle seker gefokus te hou dat hulle gedagtes nie afdwaal nie. Hulle is bang wat gesê gaan word en toe lees ons bybel soos elke oggend en ons daaglikse bemoediging.

“Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie. Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die HERE. Hy is met julle, inwoners van Juda en Jerusalem. Moenie bang of moedeloos wees nie. Gaan môre soontoe, want die HERE is met julle” (2 Kron. 20:17).

Gaan lees die hele een hier:
https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/januarie/#25Januarie

Net wat my kinders nodig gehad het! Dankie my Man en dankie Janine dat jy vertaal wat Erin vir die kinders skryf, hulle geniet dit elke oggend.

Dié raak nou lank so ek gaan aangaan in 'n volgende een, want daar is meer. 💓

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “My Kinders is Syne Deel 1”

  1. Dankie liefste Yvonne vir jou pragtige lofprys. Ja ons Man ons kinders se Vader is soo goed. Hy sal ons en ons kinders beskerm.

  2. Dankie vir hierdie pragtige lofprysing kosbare Yvonne, wow, ons kan net terugleun in die Here in en kyk wat Hy doen. Ek doen dit met liefde en ek weet dis presies hoe my Liefling my pamperlang want ek het hierdie kinder oggendtoewydings net so nodig en geniet dit net so, net soos wat ek hierdie kinderverhale geniet het en ek beveel dit nie net vir kinders aan nie, maar selfs vir volwasse vrouens: https://uiteindelikhoop.com/hpp/wwvsp/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui