Die Here het die laaste sê

'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. Spreuke 16:9

Soos ek die oggend na my dogtertjie se skool toe ry kom hierdie vers weer by my op en die Here het my herinner dat maak nie saak wat ek beplan het, of hoe ek hoop dinge sal wees nie HY het klaar bepaal hoe my pad gaan loop. Ek sukkel, ek blameer myself vir dinge wat gebeur het wat buite my beheer was maak nie saak hoe ek sou optreë nie (eindelik, na vandag het besef dat dit die vyand is wat vir my lieg, hy wil hê ek moet so voel), maar die Here het klaar alles uitgewerk. Ek wil net elke vrou daar buite herinner dat die Here alles wat die vyand gebruik om jou aan te val om sal draai in iets goed, niks wat gebeur in jou lewe vang die Here omkant nie, Hy weet wat is die beste vir jou.

Dit maak nie saak hoe die vyand lieg nie, of ons maak voel nie. die waarheid maak ons vry. Ek weet waar my krag, hoop, liefde en vreugde vandaan kom!

Ek loof en prys die Here vir Sy krag en al sy oneindige liefde teenoor my, dat Hy my herinner het dat wat Hy in my begin het sal Hy klaar maak en dat die mens kan besluite maak, God het die laaste sê.

Ek is dankbaar vir my foute (die Here gebruik my foute om my te leer), ek is dankbaar vir alles wat die Here toelaat om te gebeur in my lewe, ek sien dit as 'n geleentheid om nader aan die Here te beweeg, en my geloof te versterk.

Ek is dankbaar teenoor die Here dat Hy my finansies geseën het hierdie maand, weereens het die Here voorsien. Prys die Here!

En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Joh. 8:32

‭‭Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Fil. 1:6

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Die Here het die laaste sê”

  1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Mila en onthou niks het ons kosbare Here onkant gevang nie, Hy is nog steeds in beheer van alles. Ek is so dankbaar dat die Here in jou finansies voorsien, Hy is die beste Voorsiener ooit!.

  2. Liefte Mila dankie vir die pragtige lof prys, ja Hy het kla beplan hou als gaan wees en hy kla elke geveg oorwin. En niks vang hom om kant nie, als sal teen goede uitwerk vir sy volle glory.

  3. Liefste Mila,
    Dankie vir die mooi lofprysing en herinnering.
    Ja, ons het almal baie foute gemaak en die verkeerde pad geloop, maar as dit nie vir daardie foute was nie, het ons nooit gekom waar ons nou is nie en nooit besef dat ons die pad nìe alleen kan stap nie en dat ons God nodig het.
    En ja, die waarheid maak ons vry!
    Wat kan die duiwel tòg doen as jy nie meer na hom luister en nie meer sy leuens glo nie?
    Dit maak ons vry van daardie laaste en gedagtes en herinneringe wat ons so onnodig saam met ons dra!
    Wat ‘n wonderlike God dien ons nie! Hy vat dit bý jou en dra dit vìr jou!
    Ek wil nooit weer sonder Hom wees nie!
    Hy is my Hemelse Man en Hy alleen!

  4. Dankie Mila vir jou bemoedigende woorde, dit is gerusstellend om te weet dat ons Geliefde Man in beheer is en dat niks Hom ontkant betrap nie. Al die beprowinge waardeur ons gaan gebeur om ons geloof te versterk, ons op die Pottebaker se wiel te hou en nader aan Hom te kom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui