Lewensles Week 55

"Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.P23:1-3

Kosbare liefste bruid vandag wil ek stilstaan by hierdie belangrike beginsel van HY LEI MY. Net gister het ek weer Lewensles Week 3 gelees van "Hy Lei My" en met vandag se Lewensles Week 55, staan die woorde Hy Lei My weereens vir my uit, ek glo met 'n doel. So kosbare liefste vrou ek wil jou vra laat jy toe dat ons kosbare Here jou lei, met alles? Dis so maklik soos dit: om ons kosbare Here se leiding met alles in jou lewe te vra. Maak van vandag af weer 'n punt om die Here se leiding met alles te vra.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat ook vir my uitgestaan het in Lewensles Week 55 en net Vrydag het ek oor gee gedeel:

"Deel jy ook van nature lof met almal om jou? As jy dit doen, as jy in ander inskink en vir ander vrouens gee, kan jy nie anders as om die seëninge wat Hy belowe het te maai nie!"

“Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” Lukas 6:38

Die oomblik wanneer mens die woord gee sien, dink mens dadelik gee het net met finansies te doen. Vandag wil ek vir jou kosbare vrou vra: gee jy bemoediging aan ander vrouens, gee jy liefde wat ons so vrylik van ons kosbare Here ontvang, gee jy hoop aan stukkende vrouens wat geen hoop meer sien nie?

Kosbare liefste vrou kom ons deel ons kosbare Here se liefde en hoop met almal om ons en word die pragtigste voorbeeld van GEE en volg Sy leiding in elke aspek van ons lewens!

Asseblief deel wat jy uit vandag se lewensles geleer het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 55”

  1. ja liefste Janine dit is so belangrike dat ons die Here se leiding vra. en self waneer ons dit met iets klein vra is dit so wonderlike wat die Here ons mee gaan lei on te doen al is dit iets klein en iets wat ons dink nie belangrike is nie. Ek lief daar voor dat die Here my lei met als en ja ek wil net doen en se wat hy wil he ek moet doen

    1. Ja kosbare Kristy en die Here wil ons lei in elke area van ons lewens, selfs met die klein dinge, want niks is vir Hom te gering nie, want alles omtrent ons is vir Hom belangrik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui