Geniet Die Wag

"Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie." H2:3

Terwyl ons Sondag besig was met ons aanlyn "NarrowRoad Book Klub" Samekoms en gedeel het uit Vind Die Oorvloegdige Lewe - Hoofstuk 5 het ek onthou hoe ek dit gehaat het om te wag (ek weet haat is 'n baie sterk woord, maar dis presies hoe ek dit ervaar het). Ek het my wag huilend en smekend voor die Here spandeer. Met hierdie les wil ek die volgende punte uit die les uitlig om jou met jou wag te help:

  • Jou wag het 'n wonderlike beplande doel.
  • Die wag gaan jou in staat stel om die Here meer te leer ken.
  • Wag verander jou in die mens wie die Here wil hê jy moet wees.
  • Wag berei jou voor vir jou bediening.
  • Jou hoekoms sal beantwoord word in die wag.
  • Jy wag omdat jy nog nie gereed is om dit te ontvang wat die Here vir jou het nie.
  • Die wag is vir jou eie beswil.

Kosbare liefste vrou, jy het twee keuses: of jy doen die wag huilend en smekend soos ek of jy geniet die wag en glo my dis soveel meer vervullend en die moeite werd om die wag saam met ons kosbare Here te geniet.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Geniet Die Wag”

  1. Dankie liefste Janine vir die pragtige les, en om ons te help onthou dat ons die wag moet geniet. Ja die Here het n grooter plan met ons waar voor Hy ons gereed maak terwyl ons wag.

  2. Dankie dat jy hierdie gedeel het Janine, dit is so mooi en staan vanoggend weer vir my SO uit, veral die Bybelvers – ek het sommer die hele stuk gaan lees en as jy aan lees staan daar:

    ‭Habakuk 2:4 DB‬
    [4] Die vyand is vol van homself, maar sal nie oorleef nie. Maar mense wat die Here met ’n opregte hart dien, sal lewe as hulle aan Hom getrou bly.

    https://bible.com/bible/50/hab.2.4.DB

    En dis vir my so mooi. Dankie dat jy die punte ook gedeel het, dit het my ook aan ‘n paar goed herinner vanoggend.

    1. Dankie dat jy die vers met ons deel kosbare Mila, dis pragtig. En onthou dit gaan die moeite werd wees dat jy wag, want ons kosbare Here weet hoekom.

  3. As ons eers besef dat daar ‘n doel is in wag, dan kan ons dit omhels en die wag seisoen geniet. Wat ek geleer het is dat as ons ons planne aan Hom oorgee, en geduldig op Hom wag, die beloning meer is as wat ons ooit kan droom! As ons dinge uit die vlees doen om Ons Geliefde te “help” lei dit net tot vernietiging!

    1. Ja ek stem saam kosbare Adina, sodra ons net besef dat daar ‘n groter doel is vir ons wag, dan kan ons dit omhels. Ek het dit wat ek uit my vlees gedoen het omdat ek ongeduldig begin raak het, het werklik net tot vernietiging gelei.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui