Lewensles Week 53

““Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink!” E3:30

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Lewensles Week 53:

Hunker jy na Hom? Hunker jy om snoesig op jou rusbank of in jou gemakstoel met jou koppie koffie elke oggend te sit net om met Hom te praat soos wat jy jou dag begin? Of is Hy “gretig om jou genadig te wees” omdat jy nog steeds smeek vir genade en huil vir vergifnis by Sy voete? Sien jy nie die mandjie van Sy vrugte, geestelike vrugte, wat vir jou by Sy ontbyttafel wag nie—alles voorberei vir jou om aan te smul—ieder en elke oggend? 

Met vandag se lewensles het ek geleer dat hoe meer onvolmaak ons is, hoe meer volmaak is Hy. Dis ons kosbare Here se nimmereindigende genade "onverdiende guns" aan ons wat ons vervolmaak.  Ek het geleer dat ons sommer op ons rusbank kan sit en met die Here gesels, dat ons nie hoef te smeek en huil vir Sy genade en vergifnis nie, is dit nie wonderlik nie!

Kosbare liefste bruid sit snoesig saam met ons kosbare Here en beleef hoe Hy jou hart en jou lewe verander, want dis presies wat Hy wil doen.

Asseblief deel wat jy uit vandag se lewensles geleer het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 53”

    1. Sy genade is werklik ongelooflik kosbare Adina.

      Ek het jou pragtige losverslag gelees kosbare Adina, dis so ongelooflik hoe die Here met ‘n hele paar van ons (wat ek nou al gelees het) deel om dankbaar te wees in alle omstandighede en net niks te vra nie en die oomblik wat ek dit doen, kom daar ‘n onbeskryflike vrede en vreugde oor my.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui