Ek Was Bemoedig

"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee." 2K1:3 

Donderdagoggend het ek gesien dat my oortyd nie inbetaal is nie (ek het 'n buite werk en moes oortydgeld gekry het vir twee Saterdae wat ek gewerk het) en ek wou net begin om moedeloos te voel, toe die Here my gelei het om op EncouragingWomen.org/blog/ te gaan lees en heel eerste het ek Atarah se getuienis gesien. Gaan lees asseblief self hoe die Here voorsien het dat sy 'n verhoging kry, dit nadat Sy eers in die middel van Januarie begin het, wow dis presies wie ons kosbare Here is!!! Sy betaal getrou haar tiendes en hierdie pragtige belofte het vir haar in vervulling gekom: "...beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie." M3:10 

Ek moet gou eers erken, as ek vroeëre jare kerk toe gegaan het en die Pastoor oor tiendes gepraat het, het ek altyd gedink ja hulle soek nou net weer geld, geld, geld... Maar vandag besef nadat ek by RMI meer oor tiendes geleer het, dat dit nie is waaroor dit gaan nie, dit is absoluut vir ons eie beskerming. Want as ons mooi daaroor dink, die Here het beslis nie ons geld nodig nie en die Here voorsien ook vir Sy werk. "Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare." M3:11 Die Engelse Bybel praat van: "I will rebuke the devourer for you, so that it will not destroy the fruits of your soil, and your vine in the field shall not fail to bear, says the LORD of hosts." - "Ek sal die verslinder vir jou bestraf..." So kosbare vrou wat hier lees, ek moet getrou aan my Here wees om oor tiendes te deel sodat jy beskerm kan word.

En nou sal ek op my kosbare Here wag wat beslis vir my sal deurkom, want Hy is getrou aan Sy woord.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Ek Was Bemoedig”

  1. ja liefste Janine ek is ook so bly dat ek die waarheid geleer het oor tiendes en ek glo die Here gaan vir elke vrou deur kom. Hy is al reeds besig agter die skerms om als by mekaar te kry.

  2. Janine ek verstaan presies wat jy bedoel met “as ek vroeëre jare kerk toe gegaan het en die Pastoor oor tiendes gepraat het, het ek altyd gedink ja hulle soek nou net weer geld, geld, geld” want ek het presies dieselfde gedink!! Toe ek getroud is het my skoonma baie oor die belangrikheid van tiendes gepraat, en dit het ‘n saadjie in my hart geplant, maar toe ek RMI gevind het, het ek werklik besef hoe belangrik dit is om tiendes te betaal!

    Hier is my getuienis oor tiendes: https://loveatlast.org/this-time-i-made-a-commitment-to-not-stop-tithing-again/

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Adina, ek het weer ‘n vriendin gehad wat met my oor tiendes gepraat het, maar ek was te skaam om vir haar te sê ek betaal nie. En as ek gekla het oor my finansies het sy gesê ek hoef nie bekommerd te wees nie, want die Here sal die verslinder bestraf, dan het ek so skuldig gevoel. Ek kon dit darem eerlik nou die dag aan haar erken dat ek nie my tiende betaal het nie, maar wel nou doen en nou is ek die een wat daardie saadjie in vrouens se lewens inplant van hoe belangrik dit is en dat dit vir jou eie beskerming is.

      Jou getuienis is ook net weer ‘n voorbeelde hoe die Here werklik die vensters van die Hemel oopgemaak het en alles omdraai en dit alles oor jy jou tiende betaal.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui