Lewensles Week 48

En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. 2K12:9

Vandag se lewnesles herinner my aan laas naweek toe ek so ongelooflik moeg gevoel het.

Hierdie pragtige belofte het 'n werklikheid vir my geword toe my Liefling Here my laas naweek vroeg wakker gemaak het en gesê het dat ek moet opstaan om te kyk of my blog plasing gepubliseer was (maar omdat ek amper seker was dat ek dit die vorige aand gepubliseer het, moet ek eerlik wees dat ek nie dadelik geluister het nie), maar my kosbare Liefling Here het my aanhou wakker maak, is Hy nie net die Beste nie! Ek het opgestaan en sowaar was dit nie gepubliseer nie en daar het ek besef dat ons net na ons kosbare Here se stem moet luister en toelaat dat Hy ons lei en dat toe ek swak gevoel het, al was dit net as gevolg van moegheid, het Hy my in die proses net weer gewys dat Hy werklik alles saam met my doen.

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w48/

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

So, hierdie is net nog ‘n dag in die lewe van Sy bruid. Dit is die manier hoe Hy wil hê dat elkeen van ons moet lewe. Daar was ander dinge wat daardie dag gebeur het, maar ek glo om dit te deel behoort jou te help inspireer deur “Wag net” en jou dae as Sy bruid te lewe, Sy hand vas te hou, en Hom toe te laat om jou deur die dag, wat Hy perfek vir jou beplan het, te lei!! 

Kosbare liefste bruid luister na Sy stem en laat toe dat Hy jou lei, al laat Hy jou wag, Hy weet hoekom Hy ons laat wag, maar weet dat Hy ons belange werklik op die hart dra.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 48”

  1. Ja liefste Janine die Here is so wonderlike Hy gee ons krag wanneer ons nie meer het nie en om saam met Hom te wees en Hom te vra wat Hy wil he ons moet doen lei Hy ons om te doen wat Hy wil he ons met doen en dan doen ons heel moontlik nog goed wat ons nie beplan het om te doen nie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui