Lewensles Week 47

Net gister oggend toe ek na my werk (ek werk nog by 'n buite werk) ry, want ek moet oortyd werk, sê ek vir my Liefling Here hoe uitgeput en moeg ek voel (want vir die afgelope week ervaar ek 'n ongelooflike moegheid) en en dis toe dat Hy my herinner dat ek in Hom moet rus.

Ek glo nie in pertoeval nie, want hier lees ek hierdie pragtige lewensles wat my Liefling Here natuurlik perfek vir my beplan het vir presies hierdie oomblik wat ek so moeg voel, so ek het Hom dadelik bedank dat ek so moeg en oorweldig voel (ek kan nogal oorweldig voel as ek nie genoeg rus inkry nie) en ek weet Hy is klaar besig om beheer te neem. En net so het ons kosbare Liefling Here hierdie lewensles vir jou ook beplan vir presies die regte oomblik.

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. M11:28-30

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w47/

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

So het ek gister gedink aan hoe moeg ek was en ek het Hom begin bedank dat ek so verskriklik moeg en geestelik wasig voel. Soos wat die dag aangegaan het, het ek myself gevind, soort van metodies deur my dag gaan, maar dat ek swak was, in ‘n dwaal—ek het uiteindelik net die mees ongelooflike dag gehad—deur van een ding na ‘n ander te beweeg met so min inspanning. Deur swak te wees het my HM volle en algehele beheer oor elke beweging of besluit wat ek gemaak het, gehad. Daarna, was ek in vervoering...en het meer as een keer gedink, “Het dit regtig gebeur?!“

Kosbare liefste bruid voel jy sommer net vermoeid en belas, onthou Hy is die Een wat ons rus sal gee en onthou deur swak te wees het Hy algehele beheer oor elke beweging of besluit.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Lewensles Week 47”

  1. ja liefste Janine die ons kan by hom rus en weet hy als onderbeheer. Ek moes 12uur gister aand met my meisie kind staat ongevalle toe gevat het. sy net skielik begin siek word en ek die Here gevra hy moet my help en se as ek haar dr to moet vat, nie lank nie het haar koors meer geword en keel erger seer geword ens. het haar ongevalle toe gevat en daar was regtig so min mense gewees prys die Here daar voor en hulle kon haar dadelik begin help het sonder dat ons moes gewag het. Die Here is so wonderlike, Hy als onderbeheer niks vang hom ontkant nie.

    1. Ek is dankbaar dat ons kosbare Here gehelp het dat jou dogter vinnig gehelp word en ek glo sy is klaar by beter kosbare Kristy.

  2. Lieve Janine, ik lees nu zojuist deze les. Net gisteravond voelde ik mij zo moe worden na het avondeten. De kinderen zijn bij mij en het is voorjaarsvakantie. We zijn vandaag even weg geweest voor een frisse neus te halen en de jongens even te laten uitwaaien. Gecombineerd met een boodschap naar een winkel waar ik iets wilde kopen. We zijn een aantal uren weggeweest en ik had niet gedacht dat ik mij daarna zo uitgeput zou voelen. Het is een lange tijd geleden dat ik met alle vier mijn kinderen op stap ben geweest. Want lieve Janine ik zal je vertellen, dit soort uitjes zijn voor mij een uitdaging. 3 verschillende leeftijd tegelijkertijd aandacht geven is voor mij als moeder met HSP (hoog gevoeligheid persoonlijkheid) soms een uitdaging. Toch echter toen ik in de avond op bed ging liggen en de kinderen nog niet aan slapen toe waren heeft mijn Hemelse Man ze van mij overgenomen toen ik half in slaap viel, wachtend dat ze allemaal naar bed zouden gaan. Toen ik vanochtend wakker werd kwam de tweeling even vragen of ik mij weer goed voelde. En dat voel ik ook. Klaar voor een nieuwe dag😄.

    Dear Janine, I am just now reading this lesson. Just last night I felt so tired after dinner. The kids are with me and it’s spring break. We went away today to get some fresh air and let the boys get some fresh air and loose some energy. Combined with a message to a store where I wanted to buy something. We were gone for several hours and I didn’t think I would feel so exhausted afterwards. It’s been a long time since I’ve been out with all four of my children. Because dear Janine, I’ll tell you, these kinds of outings are a challenge for me. Paying attention to 3 different ages at the same time is sometimes a challenge for me as a mother with an HSP (high sensitivity personality). However, when I lay down in bed that evening and the children were not yet ready to sleep, my Heavenly Man took them from me when I was half asleep, waiting for them all to go to bed. When I woke up this morning, the twins came to ask if I was feeling okay again. And I feel that too. Ready for a new day😄.
    ~~~~~~~~~
    Beste Janine, ek lees nou eers hierdie les. Net gisteraand het ek so moeg gevoel na ete. Die kinders is by my en dit is lentevakansie. Ons het vandag weggegaan om vars lug te kry en die seuns vars lug te laat kry en bietjie energie te verloor. Gekombineer met ‘n boodskap aan ‘n winkel waar ek iets wou koop. Ons was vir etlike ure weg en ek het nie gedink ek sou daarna so uitgeput voel nie. Dit is lanklaas dat ek met al vier my kinders uit was. Want liewe Janine, ek sal jou sê, hierdie soort uitstappies is vir my ‘n uitdaging. Om gelyktydig aan 3 verskillende ouderdomme aandag te gee, is soms vir my as ma met ‘n HSP (hoë sensitiwiteit persoonlikheid) ‘n uitdaging. Toe ek egter die aand in die bed gaan lê het en die kinders was nog nie reg om te slaap nie, het my Hemelse Man hulle van my afgeneem toe ek half geslaap het en gewag dat hulle almal moet gaan slaap. Toe ek vanoggend wakker word, het die tweeling kom vra of ek weer oukei voel. En ek voel dit ook. Reg vir ‘n nuwe dag😄.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristine, hoe lekker dat jy saam met jou kinders uitgegaan het en ek is so dankbaar dat ons kosbare Here jou heerlik laat rus het. Ek het so ongelooflik moeg die naweek gevoel maar nou hou ek styf vas aan hierdie belofte: “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” 2K12:9 https://www.bible.com/af/bible/5/2co.12.9

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui