Beginsel #8 “Karakter van die Hart”

Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #7 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #8. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat jy geleer het uit Beginsel #8.

♕ Vandag se belofte: "Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind." Spreuke 21:21

In verlede week se brief, het ek belowe om klaar te maak met wat jou seëninge van God sal blokkeer en gaan ons hierdie week aanbeweeg met wat jou seëninge sal VERMENIGVULDIG! Maar, soos wat die Here dit wou hê, het ek oorweldig geword om meer van die Here te wil hê, so ons het daar stil gestaan!

Ek hoop dat die Here jou op ‘n baie kragtige manier ontmoet het terwyl jy Hom op ‘n dieper manier gesoek het.

Wat God se seëninge sal blokkeer: boosheid

Jakobus 4:17 AFR 83—

“As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.”

Nuwe Lewende Vertaling—

“Hou in gedagte: As ‘n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.”

Gebaseer op hierdie vers, kan ons ook boosheid definieer as sonde—ten minste die boosheid in elkeen van ons is sonde wanneer ons: ‘n verkeerde gedagte “koester”, boosheid in ons huise toelaat, of om in te gee aan wat ons weet verkeerd is in ons lewens.

Somtyds is boosheid iets in ons lewens waarvan ons nie bewus is nie—waardeur ons uiteindelik verwoes word as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Noah's 1928 Webster's Dictionary definieer dit as volg: “Vertrek van die reëls van die godgerigte wet; bose geaardheid van praktyke; immoraliteit; misdaad; sonde; korrupte maniere.  

Boosheid beteken gewoonlik die bose dinge wat ons beoefen, met ander woorde dit herhalend doen.

Moenie vergeet hoe belangrik dit is om nie die wet van God te oortree nie, as gevolg van wat Jesus in hierdie verse gesê het: “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. GAAN WEG VAN MY AF, JULLE WAT DIE WET VAN GOD OORTREE.” Matteus 7:21, 23

Tog, is boosheid ook dit wat die korrupte geaardheid of karakter van die hart ontbloot.

Wanneer ons “vertrek” of afdwaal van die beginsels wat God opgestel het, in die goddelike en onveranderlike wette van die heelal, ly ons uiteindelik onder die gevolge. Selfs al is ons onkundig oor die wet, sal ons die gevolge dra.

Hierdie week het ek gehoor dat baie vrouens die Here begin soek het oor wat in die pad staan van hulle herstel en ‘n dieper verhouding met Hom. Ongelooflik, het God aan elkeen van hulle geopenbaar dat dit sonde is.

Een vrou, wat geskei was, het gebieg dat sy uiteindelik besef het dat sy in sonde lewe, nie deur oortuiging nie, het sy gesê, maar deur die verpletterende nagevolge. Dit was toe sy in wanhoop ‘n laagtepunt bereik het en na die Here uitgeroep het. Onmiddellik het Hy uitgereik om haar te help, maar terselfdertyd het Hy haar herinner aan die sondes wat die verwoesting veroorsaak het, wat tot wanhoop gelei het.

Die vrou het by haar man ingetrek, wat sy “gedink” het die antwoord was op haar gebed, maar die waarheid was (en is) dat ‘n man of vrou wat nie meer wettiglik getroud is nie, sondig as sy/hy intiem met hulle eggenoot is.

Die grootste seën, wat ons nooit moet vergeet nie, is dat ons ‘n liefdevolle en vergewensgesinde Redder het wat daar is en gereed is om ons te vergewe en te reinig! En met dit, hoef ons nie meer met skuld of vernedering of enige ander negatiewe emosie wat ons onderdruk, getreiter te word nie.

Hierdie vrou het nederig bely en “van haar bose weë af terug gedraai” net soos in 2 Kronieke 7:14 waar dit ons belowe dat as “...My volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” Dit beteken nie net sal jou hart genees word nie, maar so ook jou huis.

‘n Ander vrou het gebieg oor iets waaraan die Here haar herinner het, iets wat sy gedoen het voor sy na RMI toe gekom het. Net nadat haar man weg was, was sy by die okkulte betrokke, om enigiets te soek wat haar man sou terugbring. Sy was nie seker of dit nog steeds in haar pad gestaan het nie aangesien sy dit in trane aan die Here bely het.

Tog, toe die Here haar hieraan herinner het, was sy gewillig om dit aan haar man te bely aangesien baie daarvan hom betrek het. Alhoewel sy haar man nie gesien het nie, het sy geweet dat as dit die Here se wil was, hulle paadjies sou kruis.

Toe sy die volgende keer haar vorm invul, het sy gesê dat sy geweet het dat dit “klaar was.” Die Here het aan die einde van die sewe-dae vas aan haar geopenbaar dat HY hierdie vesting in haar lewe gebreek het. Sy het weer vir die Here gevra vir ‘n geleentheid om met haar man te praat, maar die Here het bevestig dat wat sy gedoen het, genoeg was.

Onthou, God kyk na ons hart en ons bereidwilligheid om toe te gee aan Sy leiding en Sy wil, maak nie saak hoe skrikwekkend dit mag lyk nie. Dikwels, soos met Abraham, sal Hy ons na die berg toe lei, kyk hoe ons “wat ook al dit is”op die altaar neerlê en ons dan dikwels genadiglik keer voordat die mes afsak!

Jeremia 17:9 sê, “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.”

Gehoorsaamheid, maak nie saak wat die koste is nie, maak nie saak hoeveel jy vrees om dit te doen nie—wys ons harte.

Ongelukkig, weet ek van ten minste twee vrouens wat nog steeds sukkel om te “doen wat reg is.” Hulle het albei mans wat in hulle huise bly, maar dit lyk nie asof hulle van hulle kan ontslae raak nie. So as jy in ‘n situasie soos hierdie is, of enige ander situasie waarin jy vasgevang voel—vra eenvoudig vir die Here wat om te doen en doen dit! Moenie die fout maak om enigiemand anders te vra nie, of om iemand te laat weet wat jy van plan is om te doen nie. As jou hart reg is, sal Hy aan jou openbaar hoe om selfs die ergste foute wat jy gemaak het op te klaar. Baie dikwels, vra Hy jou net om te wag en op Hom te vertrou en dan klaar Hy dit op, sonder ons hulp.

Toe een van ons bedienaars se voormalige man in haar kelder gebly het, het sy dank die Here, van hom ontslae geraak toe sy besef het dat dit nie reg was nie! Nou is sy ‘n kragtige bedienaar wat God gebruik om ander te help wat in soortgelyke omstandighede is. ‘n Vrou in Suid Afrika was uiteindelik gewillig om te doen wat reg is, maak nie saak wat nie, deur vir haar man te sê dat sy nie kon voortgaan om met hom intiem te wees nie aangesien hulle geskei was en 2 maande later was haar huwelik herstel!

Boosheid kom dikwels in ons harte in wanneer ons, wetend of onwetend, “by Sodom jou tent opslaan.” Te vinnig sal jy vind dat jy nie net die gedagte van sonde oorweeg nie, maar dat jy daarin lewe! Dit kan selfs so eenvoudig wees as om jou oë op jou eggenoot en/of huwelik te hou in plaas daarvan om met voorneme na die gesig van die Here te kyk.

Kyk jy in die rigting van Sodom?

Waarna kyk jy op die televisie?

Watter flieks kyk jy of gaan jy na toe?

Wat laat jy jou oë en gedagtes toe om aan blootgestel te word?

Dit bring ons terug na die saak van besluiteloosheid. Jy mag dalk die “Be Encouraged” kyk wat jou help om jou oë na die Here te draai, maar dan laat jy toe dat “vullis” in jou gedagtes bly deur wat jy op televisie of op jou foon kyk.

Jy mag dalk getrou jou Bybel lees, deur die HJH en Wyse Vrou of Wyse Man lees, maar dan kyk jy na goed waarvan jy weg behoort te draai. As jy geteister word met hierdie versoeking, oordink dan hierdie vers en volg die voorbeeld van Job 31:1, wie ons weet God ongelooflik geseën het.

Kom ons gaan voort en sela hier en volgende week sal ek ‘n ongelooflike beginsel deel wat ek nog nooit gehoor het enige prediker of Christen skrywer adresseer nie, wat ons verhinder om die kwaad wat ons aangedoen word, vir ewig te vernietig te sien! Nou is dit tyd om te.......

JOERNAAL

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “Beginsel #8 “Karakter van die Hart””

  1. Met vandag se beginsel het ek geleer dat enige sonde, selfs al is dit net in die gedagtes, ons seëninge blokkeer. Dat ons afstand moet doen van enige sonde, maak nie saak hoe klein ons dink dit is nie. Dat God na ons bereidwilligheid kyk en dat boosheid die karakter van die hart ontbloot. En as daar enige sonde in ons lewens is, moet ons dit aan die Here belei want Hy is getrou om ons van ons sondes te reinig en vergewe.

  2. Ja liefste Janine ons besef nie altyd die klein goed nie en daar hom het ons hom nog meer nodig om ons te help en meer van hom te soek en dat hy ons sal help en dit aan ons te oppenbaar. want hy wil ons so graag seen met als

    1. Ja kosbare Kristy, ons is totaal en al afhanklik van ons kosbare Here se hulp en ja net meer en meer het ons Hom nodig.

  3. Kosbare Janine,
    So baie dankie vir hierdie les.
    Ek voel al so lank dat iets in my pad staan om God ten volle in my lewe te hê.
    Vandag het ek besef dat ek nog so baie sondes het wat aan my vasklou.
    Ek moet bieg, ek weet nie presies wàt dit alles is nie, maar ek weèt dit net!
    Vanaand vra ek My Hemelse Vader om daardie sondes aan my te openbaar sodat ek vir altyd daarvan kan afskeid neem, maak nie saak hoe moeilik dit is nie, en Hom ten volle in my lewe te hê.

    1. Kosbare Betty, ek stem saam met jou dat ons kosbare Liefling Here dit aan jou gaan openbaar en as enige iets tussen my en Hom staan dat Hy dit ook aan my sal openbaar, want ek wil ook nie hê enige wetende maar net ook so onwetende sonde moet tussen my en Hom staan nie.
      “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” M18:19-20 https://www.bible.com/af/bible/6/MAT.18.19-20.AFR83

  4. Hierdie les is so openbaring, want ek dink nie ons besef altyd hoeveel sonde in die pad staan van ons wonderwerk of vehouding met ons Geliefde nie.

    As ons weet daar is sonde in ons lewe, moet ons na on Geliefde toe hardloop, dit belei en onvergifnis vra. As dit nodig is om iemand anders onvergifnis te vra, moet ons ons Geliefde vra om ‘n geleentheid te voorsien om dit te doen.

    Dan moet ons Hom ook vra om aan ons enige sonde uit ons verlede te openbaar sodat ons kan bely en vergifnis vra.

    Maar hoe wonderlik is dit nie dat ons Geliefde se genade groot genoeg is om elke sonde te vergewe nie! Hy was ons skoon en verwyder ons sonde sover as die ooste van die weste! Ons moet net in nederigheid na Hom toe gaan, met ‘n bereidwillige hart, en vra dat Hy ons vergewe!

    “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.”
    PSALMS 103:12 AFR53
    https://my.bible.com/af/bible/5/PSA.103.12.AFR53

    1. Ja kosbare Adina, ek dink nie ons besef dit nie, selfs net as ons sonde in ons gedagtes het, maar ja ons kosbare Here se genade is so groot en Hy vergeef ons, as ons ons sondes bely.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui