Lewensles Week 43

"Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae." P23:6

Week 43 “LL Is Jou Beker Half Leeg? Half Vol? Of???”

Met die lees van hierdie lewensles, het ek net weer besef dat ons beker net kan oorloop as gevolg van die Here en deur onsself natuurlik vol te maak met alles rakende ons kosbare wonderlike Here. Sonder ons kosbare Here is my beker heeltemal leeg en saam met Hom loop my beker oor, want Hy is al Wie ek wil hê, al Wie ek nodig het en die rede vir my bestaan.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeeltes aangehaal uit Lewensles 43:

Herinner dit jou aan ‘n vers? ‘n Belofte wat Hy aan jou gemaak het? “U [Here] laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk; U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.” Maar moenie daar stop nie, die belofte gaan aan om te sê, “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in (of buite) die huis van die HERE tot in lengte van dae.” Psalms 23:5-6

So, dit is eenvoudig, al wat Hy wil hê ek moet doen is om Hom weer en weer te vertrou! Ja “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly” en Hy sal “my lei” elke keer. Ek sal nie een sekonde spandeer om bekommerd te wees of dinge te probeer uitpluis nie.   

Kosbare liefste bruid is jou beker half leef of loop jou beker oor? Kosbare bruid kom deel asseblief wat jy uit hierdie lewensles geleer het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 43”

  1. Ja liefste Janine dit is so wonderlike hou voller ons word van die Here hou meer vreugde en blyskap en liefde is ook in ons en wanneer ons oorloop van Hom is dit of ons staal van ons Geliefde Hemelse Man.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui