LEWENSLES WEEK 33

“Verstandig Saamlewe”

Hoeveel keer sukkel ons om met iemand anders, en spesifiek ander vroue, oor die weg te kom wat ons dalk mag voel onbeskof of beledigend is. Hoeveel keer stap ons by 'n winkel, die bank of lisensiekantoor in en is dadelik omgekrap en onbeskof omdat ons dalk slegte behandeling en diens ontvang. 

Ek was baie skuldig hieraan en het gevoel ek moet die persoon dieselfde behandeling gee as wat ek ontvang het. Maar dit is nie wat ons Geliefde wil hê nie, want Hy het nie mense so behandel nie.

Nadat my herstelreis saam met my Hemelse Man begin het, het Hy my ook op 'n lang reis van vergifinis geneem en my geleer om ander mense onvoorwaardelik lief te hê, want ons weet nie wat daardie persoon dryf om so op te tree of dalk so moeilik te wees om mee oor die weg te kom nie. 

As daar iemand is waarmee jy sukkel om oor die weg te kom, vra jou Geliefde om jou te wys wat is die oorsaak van hul optrede, wat dra daardie persoon saam met hulle wat hul dryf om so op te tree. Die vrou by die bank het dalk 'n baie slegte oggend gehad, of gaan deur 'n moeilike tyd in haar lewe. 

En ek het self gesien hoe vriendelikheid en verdraagsaamheid teenoor iemand wat onbeskof is, die situasie heeltemal omgedraai het. 

Week 33 “Verstandig Saamlewe”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “LEWENSLES WEEK 33”

  1. Dankie kosbare Adina, ja dis so maklik en ek was self skuldig daaraan en as ek dieselfde optree hoor ek die Here se stem agter my sê, nee. En dis werklik net ons wonderlike Here wat ons harte kan versag dat ons alle mense met liefde hanteer.

  2. Kosbare Adina, jou woorde kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Ek was gedurende die week in ‘n opstand teenoor een vrou. Een vrou wat ek weét het soveel seer. In plaas van haar opbou, het ek haar afgebreek. Ek het God onvergifnis gevra en Hom gevra om my te lei wat die situasie aanbetref. Vandag het hy deur jou my gebede beantwoord. Ek loof die Here vir sulke kosbare vrouens soos julle!
    God is sò groot!

    1. God is baie baie groot kosbare Betty. Ek hou baie van hierdie vers, want die oomblik wat ons verkeerd doen, want die oomblik wat ek verkeerd doen, hoor ek die Here agter my.
      “…en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.”
      En die Here sal jou beslis lei kosbare Betty.
      Ek het langs bure gebly wat net nie saamgestem het met reëls nie en ek moet erken dit het my nie rede gegee om nie met hulle oor die weg te kom nie, so ek het die Here gevra voor ek trek om asseblief vir my die geleentheid te gee om jammer te sê omdat ek nie altyd ‘n vriendelike buurvrou was nie, en Saterdag toe ek trek toe kry ek die geleentheid om my buurvrou te sien en ek het dadelik vir haar jammer gesê en ek wens ek was ‘n beter buurvrou maar ja jys reg die Here vergewe ons en ons moet ons self ook vergewe. En ek het geleer dat persoonlikhede net verskil daar is mense wat nie in reëls glo nie, maar dit gee my nie die rede om verkeerd op te tree nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui