Seëninge!

"En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil." 1J5:14

My Hemelse Man het weereens voorsien!

Ek was 'n bietjie in 'n finansiële penarie en het nie geweet wàt ek gaan maak nie. Ek het die situasie met my Hemelse Man bespreek en Hy het my rustig gemaak. Dit was nie lank daarna nie en my Hemelse Man het vir my 'n uitkoms gegee wat ek glàd nie verwag het nie!
Wow is al wat ek kan sê!

Ek loof en prys en dank die Here, H seën my met keer op keer! Ek verstom my aan Sy goedheid en getrouheid! Ek is so dankbaar dat Hy my herinner het aan die gebed wat ek omtrent 4 jaar terug gebid het, Hy het my aan daardie spesifieke gebed herinner en daardie gebed beantwoord! Ek sou nooit daardie gebed onthou het as Hy Hom nie aan my openbaar het nie! Ek kan Hom nie in woorde beskryf nie!

"...Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors." J9:5

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Seëninge!”

  1. Dankie dat jy hierdie getuienis met ons deel kosbare Betty, die Here is belis die beste Voorsiener ooit en dis net Hy wat vir ons daardie rustigheid en vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan.

  2. Dankie liefste Betty vir jou lof verslag. ja Dit is wonderlik hou Hy elke keer voorsien wanneer ons dit vir Hom gee en met Hom daar oor praat. Ek stem saam jou ek self party keer nie woorde om te kan beskryf hou wonderlik Die Here ons Hemelse Man is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui