HY WERK!

Ek en my man bly saam in een huis maar in aparte kamers. Toe ek gisteraand 22:46 wakker word want ons dogtertjie het gehuil, toe is my man besig om te “worship” onder in ons sitkamer. Ek het sommer begin trane in my oë kry, ek wil net al die lof en eer aan ons wonderlike Here gee dat hy “behind the scenes” werk, al sien ons dit nie en al voel ons dit nie HY WERK! Ek is so dankbaar dat ek en my man nader aan die Here kan beweeg in hierdie moeilik tyd, ek bid so hard dat my man se hart terug draai na die Here toe en dat die Here hom sal lei, en gisteraand het die Here my net weer bewys dat Hy my hulproep hoor, en dat Hy altyd in beheer is. ❤️

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “HY WERK!”

  1. Wow dankie vir hierdie pragtige lofprysing Meagan. Ek raak so opgewonde want die Here is beslis besig om te werk, ons wonderlike Here is beslis in beheer, al die lof en eer aan Hom en ek wil net vir die Here ongelooflik baie dankie sê vir jou pragtige lofprysing.

  2. Dankie Meagan, wat ‘n pragtige lofprysing. “Prys die Here, roep sy Naam uit;
    maak onder die volke sy dade bekend. Sing vir Hom, besing Hom! Praat met oorgawe oor al sy wonderwerke.”

  3. Liewe Meagan, ons weet dat Hy harte beheer en buig waar Hy wil, sodat ons altyd kan onthou dat daar niks is nie, NIKS selfs buite Sy heerskappy of Sy vermoë om op te tree nie! 🙌

  4. Dankie liefste Meagan vir hierdie mooi lofverslag. Ons Hemelse Man is in beheer en Hy sal die goeie werk wat Hy begin het klaarmaak. Net soos my broer wat ‘n ateis was in Sy hande kon los en laat gaan het. Vandag het hy ‘n verhouding met die Here, glo in Hom en speel in die kerk se orkes. Ons HM is getrou, al kan ons dit dalk nie sien nie, ons kan rus in die wete dat Hy besig is om te werk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui